Die Filadelfieer
May 7th 2009, 06:05 AM
Ek volg die storie van die gru-ongeluk waarin die van der Sandt dogtertjies oorlede is van dat dit gebeur het. Vannoggend is hierdie artikel in die Beeld : (http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2512328,00.html)
Die vierde Van der Sandt-sussie “se lyfie kon nie meer nie”. Sy het ook gesterf.
Estelle van der Sandt (4) was die enigste van vier sussies wat aanvanklik ’n gru-ongeluk op die Hornsnekpad, noordwes van Pretoria, oorleef het.
Haar pa, mnr. Wouter van der Sandt, was by haar toe sy gisteroggend in die Akasia-hospitaal in Pretoria gesterf het.
Volgens haar tannie, me. Marie van Schalkwyk, het Estelle “ ’n moedige stryd gestry, maar was haar beserings van so ’n aard dat haar lyfie nie meer kon nie”.
Net mev. Antoinette van der Sandt (38), die vier se ma, het die ongeluk oorleef.
Estelle se tweelingsussie, Lynette, en haar ousus, Miranda (9), is Maandagoggend op die ongelukstoneel dood. Hul an- der sussie, Marissa (8), het dié middag in die hospitaal beswyk.
Volgens Van Schalkwyk was haar vier “plotvarkies” pragtige kinders.
“Van dag een af was hulle ongelooflik,” het sy gistermiddag gesê op ’n mediakonferensie wat sy namens die familie behartig het.
Die meisies se ma kan volgens Van Schalkwyk nie onthou wat in die ongeluk gebeur het nie. Sy het gesê dít is haar suster se behoud.
Mev. Van der Sandt is sedert die ongeluk op die hoogte gehou van hoe dit met haar dogters gaan en is ook van elkeen se dood ingelig.
Mnr. Kobus van Schalkwyk, die kinders se oupa, het gesê dit gaan goed met sy dogter.
“Sy het gisteraand besef Estelle is op 99,” het hy gister gesê.
Volgens hom is hulle “sterk in geloof, maar ons vat dit dag vir dag”.
Die vier sussies se begrafnisreëlings moet nog gefinaliseer word.
Mev. Van der Sandt, wat vir die volgende ses weke plat op haar rug in die Montana-hospitaal moet lê om van haar veelvuldige beserings te herstel, sal per ambulans na die begrafnis geneem word.
Sy was Maandagoggend omstreeks 07:00 op pad van die Andeon-kleinhoewes, waar hulle woon, om haar dogters by die T-aansluiting van die Hornsnekpad en die R513 af te laai.
Daar sou ’n skoolbus hulle oplaai en na die Laerskool Vissershoek in De Wildt neem, waar Miranda en Marissa leerlinge was. Estelle en Lynette was leerlinge van die Woelwater-kleuterskool.
Op pad daarheen het mev. Van der Sandt teen ’n Volkswagen Golf se bestuurderskant gebots. Die Golf-bestuurder het volgens ooggetuies ’n U-draai gemaak.
Die twee insittendes, mnre. N.G. Mojolane (41) en L.M. Mosete (39), het op die toneel gesterf.
Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), in noue samewerking met die polisie, ondersoek nog die presiese oorsaak van die ongeluk.
Ek weet nie hoe oorleef die ouers hierdie hartseer nie.
Kan ek vra dat ons asb hierdie familie in ons gebede insluit ?
Baie dankie julle.