Mia Ashton
May 11th 2009, 12:13 PM
Baie dankie aan CFJ wat my genooi het om hier 'n draad te begin. Aan almal wat my so mooi welkom geheet het, ook baie dankie. Ek is so dankbaar vir hierdie webwerfie van Jesus.
My man het ongeveer 'n jaar gelede sy werk as bestuurder van 'n winkel wat aan sy broer behoort, verloor. Sy broer het vyf takke en almal doen goed, maar blykbaar was my man nie meer vir hom van nut nie. Ons het egter 'n verband gehad en ander verpligting en ek het maar begin koekbak om die pot aan die kook te hou. Ons buurvrou wat 'n wonderlike kind van die Here is het geweet van ons penarie en sy was weer 'n vriendien van een van die trustees van Horizon Farm. Hulle het ons vir 'n onderhoud genooi. Blykbaar het hulle al 4 jaar lank gebid vir huishouers. Horizon Farm is 'n plaas en hier bly ongeveer 35 breingestremde volwasse persone. Helfte is weens breinbeserings tydens geboorte, 'n ongeluk of siekte. Die ander is biopolar, skisofrenie, borderline, Kleinfelters Sindrome en selfmutulasie. Die persone met breinskade se se ouderdomme wissel van 20 tot 52. Verstandelik egter niks meers as die van 'n 10 jarige kind. Sommige selfs minder.
Ons het dadelik die werk gekry wat gratis verblyf en etes insluit en die Here het vir ons wonderlike huurders vir ons huisie voorsien.
Alles goed en wel, maar ek was nie so baie gelukkig nie. My man wat 'n baie handige persone is en wat homself heeldag besig kan hou met al die duisende take wat op die plaas te doen was, was in die sewende hemel. Ons projekbestuurder (trustee) en sy vrou bly ook op die plaas en hy is blind.
In die begin moes ek self kook vir almal en daar was nooit tyd vir onsself nie, ek wou net weg van die plek af.
Tot ek begin het om die staf beter te organiseer en ook iemand te kry wat die kookwerk kon doen. Nou het ek meer tyd om aan die 'kinders' te bestee en aan hulle geestelike behoeftes.
Ten spyte van my aanvanklike weerstand om hier te moet bly en nie in my eie gerieflike huisie waar daar stilte is en tyd wat ek my eie kan noem, het ek stadig maar seker besef daar is belangriker dinge vir my om te doen. God het nie gedink ek is te oud om te doen wat ek dink Hy wil he ek moet doen nie. Ek het begin om die eetkamer vir hulle mooi te maak. Reels begin instel dat daar voor elke ete gebid sal word en die TV af en dat almal by die tafels sal eet en nie sitle op die stoele voor die TV nie.
Ek het ook geen formele opleiding in Woordverkondiging nie, behalwe dit wat ek aan Jesus se voete en in Sy Woord met die hulp van die Heilige Gees geleer het. Tog het ek die ervaring van 'n baie besondere pad wat ons Heer met my geloop het. (Meer daaroor later. Die feit dat Hy my deur die smeltkroes laat gaan het deur drie van my kinders en my man deur die dood weg te neem was moontlik om my gereed te maak vir die 35 kinders wat hy nou vir my gegee het. Ek is nou weer getroud.)
Hulle noem my hier mamma Mia. Speel tydig en ontydig vir my die Abba liedjie. Een oggend het een van die mans hier (ons noem hom ons boerseun, hy is een van die Afrikaanssprekendes hier) spesiaal vir my 'n drukkie kom gee en gese hy wil vir my se die Heer is baie lief vir my. Vir my was dit of God self my wou versterk op daardie oomblik.
Dit is nie moeilik om met die 'kinders' oor Jesus te praat nie. Hulle is werklik soos kinders en soos ek dit vir my kinders geleer het, doen ek dit ook met hulle. Ons neem hulle ook saam met ons kerktoe en dit is vir hulle 'n wonderlike ervaring. Die probleem is die ander. Daar het ek hulp en gebede en raad nodig. Een jong meisie wat hier is, sny haarself gereeld en sy is vol letsels. Sy het my baie in haar vertroue geneem en ek probeer haar sover kry om my te roep wanneer die drang om haar te sny, te erg raak. Sy roep my, maar dit is altyd te laat. Ek kry die sms, hardloop na haar kamer en vind haar vol bloed. Eendag het ek vir haar gevra of sy al gebid het en ons Heer gevra het om haar te help. Onmiddellik het haar gesigsuitdrukking verander en die oe wat na my kyk was soos die van iemand anders. Asseblief moenie my misverstaan nie. Ek probeer nie om hierin iets te sien wat daar nie is nie, maar dink een van julle dit kan wees soos iets boos. Ek is bietjie huiwerig oor wat ek hier vir julle vra, maar ek gaan deurdruk. Kort daarna het haar gesig weer verander en het sy in trane gese sy voel haar nie waardig om God se hulp in te roep nie.
Hier was ook die man wat in die middel van die nag aan ons deur kom klop het en vir my gevra het om vir hom te bid want die duiwel wil hom nie laat slaap nie. Hy is skisofrenies (sorry vir spelfoute) en al die stemme in sy kop wil he hy moet iemand doodmaak. Sy grootste vrees was dat hy dit dalk gedoen het. Ek het hom verseker dat hy niks verkeerds gedoen het nie en terwyl my man vir ons gaan teemaak het, het ek gebid en met hom gesels oor sy lewe. Hy het egter 'n verskriklike lewe agter hom. Vrouens het vir hom net een doel. Ek kon net bid, maar die koue gevoel in my kon ek nie eers met warm tee wegkry nie.
Ek vra dat julle sal bid dat ek duidelikheid sal kry oor met wat ek te doen het. Ek wil tog nie melodramaties klink nie - maar kan daar dalk bose magte wees wat wanneer iemand swak is, juis dan hom aanval. Hierdie persoon was nou vir bykans twee maande weg van die plaas, maar kom vandag terug. (Hy was weg vir behandeling).
Ek hoop almal van julle het 'n wonderlike week.
Groetnis en liefde van almal vanaf die Funny Farm:D