MercyChild
Jun 12th 2009, 10:44 AM
Ek onthou die dag toe ons die belofte maak
Deur ‘n band het God ons saam gebind
Dis die wat ons besluit het om een te raak
Ek en jy, saam het ons het liefde gevind
Ons het met mekaar gedeel, groot dinge van die lewe
Jy was my beste vriend en enigste maat
Daar was soveel dinge waarvoor ons nog moes strewe
Maar ‘n skeiding het albei van ons alleen gelaat
Jy het my altyd raad gegee, my vasgedruk
My gehelp en my trane afgevee
Maar nou is ek alleen, verdwaal, bedruk
En my hart - die is in twee geskeur
Noudat ek jou nodig het
Kan ek nie omdraai en op jou skouer huil
Die lewe het soos ‘n blom verlep
En die pad na jou is lank en baie steil.
Soos die swealtjies het jy verdwyn
En gaan soek na sonneskyn
Jy het my stoksiel alleen gelaat
Sonder vreugde, sonder raad
Ek bid dat God jou sal bewaar
En jou elke behoefte sal vervul
Dis moeilik alleen, ek weet dis swaar
Die mooi is van ons gesteel, die vyand het ons verkul!