View Full Version : Ietsie vir die manne
manieverster
Jul 18th 2009, 11:21 AM
Net hier om die hoek is daar Esther se koffiehuis en toe ek as nuweling per ongeluk daar pos toe word daar mos vir my baie duidelik gestel dat hierdie net vir die dames (die henne) is. So, nou wil ek graag al die manne (die hane) uitnooi om hier te kom vertel wat kwel. In die lig van Angus Buchan se Mighty Men konferensie (ek was self nog nie daar nie), wil ek graag vir die hane wat wel daar was vra om te kom deel.
Verder kan julle hier oor alles en nog wat gesels. Kom, pos laat dit bars, kom ons kyk hoe veel bladsye ons hier kan volmaak in een maand.:rofl::cool:
CFJ
Jul 19th 2009, 11:35 AM
Hi Manie,
Ek wil nie graag in Lanie se slaai krap nie, dis haar forum hierdie (maar kom ons skuif die draad na die voorblad), want sy hou die hane se bewegings dop, veral daai hane wat so 2uur in die oggend al die bure wakker kraai... :D
Ons maak hierdie 'n 'sticky', dan bly die draad bo en as daar genoeg belangstelling is, kan ons later 'n spesiale 'haan-forum' oorweeg, ons kan dit dalk noem...
Forum vir die Hane
Hier kraai mans koning!
manieverster
Jul 20th 2009, 08:02 AM

Ek laaik dit! Ferdie sal jy die skuif werk vir ons doen asb.
Die Filadelfieer
Jul 20th 2009, 08:22 AM
Klink soos 'n goeie idee Ferdi, ons moet dalk nog voorstelle kry vir 'n naam vir so 'n forum ?
manieverster
Jul 20th 2009, 08:54 AM
Klink soos 'n goeie idee Ferdi, ons moet dalk nog voorstelle kry vir 'n naam vir so 'n forum ?
ek hou nogal baie van die naam maar as julle voorstelle wil kry is dit reg met my!
Tonton
Jul 20th 2009, 09:54 AM
Hmmm... Ek is verbaas dat jy nie aan iets met "bulle" in gedink het nie!
Anton
Gene
Jul 20th 2009, 10:00 AM
Hmmm... Ek is verbaas dat jy nie aan iets met "bulle" in gedink het nie!
Anton
Bulle? Hane? Makiesakie - solank dit net BLOU is....
Tonton
Jul 20th 2009, 10:12 AM
Bulle? Hane? Makiesakie - solank dit net BLOU is....
Sal blou strepies werk?
http://images.bidorbuy.co.za/user_images/359/1083359_090319143442_100_2352.jpg
:rofl:
Anton
Gene
Jul 20th 2009, 10:24 AM
Ag nee sies man!!!!:cry:
manieverster
Jul 20th 2009, 11:41 AM
Ag nee sies man!!!!:cry:
Hier kom moeilikheid! Onpartydigheid asb! Los asb. die sport hier uit en dis reeds hoekom ek dink Forum vir die Hane is net lekker. Hane is lekker want 'n haan kraai koning of hier kraai die manne koning!:huh::cool:
CFJ
Jul 20th 2009, 11:52 AM
Julle kan maar met voorstelle kom Manie. Ek het net 'n grap gemaak, maar miskien was dit nie so sleg grap nie. Miskien is daar 'n beter een, maar as die harte nie uitgestort word nie, sal niemand weet wat gaan in al die klapperkoppe aan nie... :rolleyes::cool:
Gene
Jul 20th 2009, 12:16 PM
Hier kom moeilikheid! Onpartydigheid asb!
....... se jy met 'n avater soos joune.....!:hmm:
Grappies op 'n stokkie, ek stem saam, ek sal heel tevrede wees met die naam. En ek moet se, die gedagte aan 'n forum vir die manne is ook nogal 'n lekker gedagte! :ppEk het hoeka laaankal gedink die dames word voorgetrek....
Johnny
Jul 20th 2009, 01:51 PM
Nou ja, as ek terugdink aan die skepping:
Hoekom het God die vrou laaste gemaak.....want Hy wou nie kommentaar gehad het oor Sy handewerk of hoe Hy dit moes gedoen het nie.:rofl:
Tonton
Jul 20th 2009, 02:06 PM
Forum vir die Hane
Hier kraai mans koning!
Die naam sal werk. Goeie idee!
Anton
manieverster
Jul 21st 2009, 06:43 AM
Nou ja, as ek terugdink aan die skepping:
Hoekom het God die vrou laaste gemaak.....want Hy wou nie kommentaar gehad het oor Sy handewerk of hoe Hy dit moes gedoen het nie.:rofl:
Johnny, ek hou van jou manier van dink:rofl:. Ferdie, ek dink dit was 'n goeie grap daai en as ons nou konsensus bereik het oor die naam dan wil ek julle graag nooi om op my stellasie te kom sit en kuier. Kom ons raak ernstig en praat 'n bietjie oor dinge waarvoor ek die draad begin het. Hier is 'n ding wat my 'n bietjie tiekel en dit is vroue predikante. Kyk, ons kerk het nie vroue predikante nie en glo ook nie ons sal in die nabye toekoms kry nie. Wat dink julle manne wat wel vrouepredikante in julle kerke het oor die sakie. Ek meen, is dit skriftuurlik om vroue predikante te he? Is daar iewers in die Bybel iets omtrent die sakie. Ek is nie 'n geslags diskrimineerder nie maar sal net graag wil weet. Ek hoop nie ek veroorsaak nou moelikheid nie.:note::confused
Willem
Jul 21st 2009, 10:46 PM
wil ek julle graag nooi om op my stellasie te kom sit en kuier.
Ek dink die stellasie is goeie naam,, sal die hane in plek hou want so hoennerstellasie is nie baie grend nie of hoe?
Manie, oor die vroue ding. Ek weet wat ?Paulus geskryf het en ek weet ook ek het al goeie lering van vrouens ook gekry. Miskien moet ons ook besin oor of die geswottery iemand 'n goeie herder maak of nie?
Het nou die dag iewers gelees dat God Israel se helper was en op selfde toon/woord was as helper wat vrou vir man was...
In Christus is ons ook nou almal een... en Jesus het ons die voorbeeld van voete was gegee ... so miskien moet ons baie goed kyk oor hoekom ons die kwessie aanraak en of ons die soort koning priester en profeet is wat ons na Christus se voorbeeld moet wees....
1Co 14:34 Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê.
1Co 14:35 Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.
Hoe het die gemeente se opset gewerk ? Soos wat ons dit vandag nog doen? En dan, na watter wet word hier verwys? Joodse voorskrifte of die nuwe gebod, ons moet God liefhe met hele hart en naaste soos onsself?
manieverster
Jul 22nd 2009, 05:42 AM

Willem, eerstens moet ek net myself verduidelik. My doel is nie om die doel van die vrou in die gemeente af te kraak nie en miskien het ek nou die verkeerde onderwerp aangepak hier. My neef is toe getroud in 'n kerk wat vroue predikers het deur 'n vroue prediker en dit het vir my net nie reg gevoel nie. Seker maar gewoond aan al die jare se manne predikers. Daardie tekse in Kolossense wat jy aangehaal het is juis my probleem. Om God lief te he bo alles en jou naaste soos jouself is beteken nie dat die Bybel nou verontagsaam moet word nie.
Willem
Jul 22nd 2009, 08:50 PM

Nee man Manie, ek verstaan en weet ok al die tyd dat jy nie die skoner geslag ( dis oor al die gebaddery in my opinie :rofl: ) sal afkraak nie.
Ek dink dis 'n baie relevante onderwerp, en juis oor daai teks. My probleem is net hoe bring ek belwenisse en dit bymekaar ?
Dan dink ek nou aan daai donkie wat God gebruik het ? Balaam ? :help: in elk geval , ek dink Hy gebruik wie en wat en wanneer dit volgens Sy wil sal gebeur om met ons te praat.
Ook sal ek graag wil hoor van ander mans/broers wat hulle weet wat Woord se en watter wet van gepraat word wat dit verbied wat daar na verwys word..
Oor die geswottery is dit miskien juis ons samelweing se "view" dat 'n leraar 'n graad moet he ( geleerd .. soos fariseers en skrifgeleerdes ? ) maar dat ons miskien te min klem le op die roeping en hulle verhouding met God... ( weereens terugkyk na ons samelweing en nie die leraars wat so lank swot afkraak nie ) ons neig ? om in denke i p v in geloof te handel ?
Gaan 'n vroue prediker my saligheid affekteer ? Wel ; myervaring was juis dat 'n vroue prediker my geleer het oor die nagmaal gebruik sonner om reg te maak voor God en die vloek wat dit oor my sal bring ... was eye opener en die "manne" het dit seker laas toe ek op skool was .... AS ek reg onthou as soort van ritueel uitgelees in NGK....
Ook dame wat my gelei het deur wat Woord leer oor doop en dat dit gelowiges is wat dit doen en nie babas nie... en al my vrae kon beantwoord, waar in groter of mindere mate dit tradisioneel "ge - dodge " word..:cry:
manieverster
Jul 23rd 2009, 06:19 AM
Willem, jy weet, ek onthou nou net 'n inbel program waarna ek geluister het op RSG waar die mense gepraat het oor predikante en is hulle geroep of nie. Ek sou tog dink dat iemand wat as 'n leier en leraar in die bediening staan tog seker geroepe moet wees en ja, jy is reg as God jou geroep dan het hy jou geroep maak nie saak watter geslag jy is nie.
Gene
Jul 28th 2009, 08:20 AM
... My probleem is net hoe bring ek belwenisse en dit bymekaar ?
... as God jou geroep dan het hy jou geroep maak nie saak watter geslag jy is nie.
Ek dink julle span die kar voor die perde.... Die vraag wat eerstens beantwoord moet word, voordat daar na die roeping van vrouens gekyk word, is of die Bybel vroue verbied om voor te gaan in die gemeente of nie. En dis hier waar die probleem le - Paulus skryf duidelik oor die rol van die vrou in die gemeente. Maar hoe dit vertolk moet word in vandag se konteks, is die punt waaroor daar duidelikheid gekry moet word. Die onderwerp is ook al deelglik deurgetrap op hierdie forum, en daar is beslis nie eenstemmigheid daaroor nie. En ek wil ook nie die debat hier weer van vooraf aan die gang sit nie.
Maar die punt wat ek wil maak, is dat as die Bybel vroue verbied om leiding in 'n gemeente te neem, dan sal Hy nie vrouens roep daarvoor nie! Dan kan ons aanvaar dat geen vrouepredikant, hoe goed sy haar ookal van haar taak kwyt, deur God geroep is nie. Net soos God nie 'n persoon homoseksueel sal maak en dan homoseksualiteit sal verbied nie, net so sal Hy nie vrouens verbied om leiding te neem, en dan vrouens daarvoor roep nie. Dis so eenvoudig soos dit. Ons het nie nodig om ons ervaring en gebeure vandag in lyn te probeer bring met die Skrif nie. Ons moet die Skrif aanvaar, en dan ons ervaringe daarvolgens beoordeel - of dit van die Here is of nie.
Hoor mooi, ek neem geensins hier standpunt in teen of vir vroue op kansels nie, maar ek se dat ons aan die einde van die dag heel eerste klarigheid moet kry op wat die Bybel leer oor die onderwerp, voordat ons vroueleraars se "geroepenheid" beoordeel.
Johnny
Jul 28th 2009, 10:53 AM
Mense verander...geslagte verander, maar GOD NOOIT!. Dit is maklik om vir die "slimmes" te se dat tye verander het en dat ons die Woord moet aanpas/verdraai om by die verandering aan te pas. Gene, ek stem saam met jou.
Heb 13:8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
manieverster
Jul 29th 2009, 08:06 AM
Net soos God nie 'n persoon homoseksueel sal maak en dan homoseksualiteit sal verbied nie
Ek vra julle die vraag vandag. Het God mense homoseksueel gemaak of nie?
Johnny
Jul 29th 2009, 12:08 PM
Ek vra julle die vraag vandag. Het God mense homoseksueel gemaak of nie?
Nee....dit is 'n sondetoestand soos enige ander sonde waarmee gebreek moet word. God het my nie 'n alkholis gemaak nie. Hy het Sannie nie 'n hoer gemaak nie, of vir Pietie 'n moordenaar nie. Ek moes met my sonde breek, en na ware bekering het God my vry gemaak van my sonde toestand. Ek het 'n nuwe mens geword...in CHRISTUS. As jy 'n homo/lesbies is dan sal God jou 'n nuwe skepsel maak as jy waarlik tot bekering kom. Hy sal jou genees.
Francois Marais
Jul 29th 2009, 12:35 PM
Ek vra julle die vraag vandag. Het God mense homoseksueel gemaak of nie?
Nee hy het nie. Omstandighede is gewoonlik die probleem of verwensing (dat die ouers eerder 'n seun wou gehad het en toe 'n dogter gekry het)
manieverster
Jul 30th 2009, 08:47 AM
Nee....dit is 'n sondetoestand soos enige ander sonde waarmee gebreek moet word. God het my nie 'n alkholis gemaak nie. Hy het Sannie nie 'n hoer gemaak nie, of vir Pietie 'n moordenaar nie. Ek moes met my sonde breek, en na ware bekering het God my vry gemaak van my sonde toestand. Ek het 'n nuwe mens geword...in CHRISTUS. As jy 'n homo/lesbies is dan sal God jou 'n nuwe skepsel maak as jy waarlik tot bekering kom. Hy sal jou genees.
Johnny, jy praat so uit my gedagtes uit. Ek het daai selle ding gedink en ja, dis soos om 'n seks verslaafde te wees en ook nie heeltemal nie. Ek se nie dat seks al is waaraan hulle kan dink nie maar dis 'n probleem wat jy het dat as jy na 'n man kyk dit anders is as jy na 'n vrou kyk en met vroue andersom. Ek dink ek sal graag die sakie wil navors want wie is ons dat ons vir 'n mens kan se omdat hy oop is met sy homseksualisme jy mag nie in die bediening staan nie maar die ouderling wat elke Sondag langes die kansel sit of die woord voorlees maar hy is 'n alkoholis en steek dit weg en hy gaan maar net aan. Aan die ander kant, as ek my sonde bely het moet ek mos werk daar aan. Oeg nee, die is te moelik. Later weer.
(dat die ouers eerder 'n seun wou gehad het en toe 'n dogter gekry het)
Dis nie so maklik nie Francois. Ek ken pa's wat rof en grof is en dan 'n seun wil he en die draai homoseksueel uit.
manieverster
Jul 30th 2009, 09:44 AM
Ek raak 'n bietjie bekommerd oor diegebrek aan poste op die draad in vergelyking met die begin. Het ek 'n verkeerde onderwerp aangeraak oor die vroue of wat? Kom vertel vir my asseblief. Ek wil he die draad moet 'n forum word en as julle nie pos nie gaan ons nooit daardie status bereik nie. Kom manne, kom praat met ons en vertel vir ons waaroor julle wil praat.:B
Die Filadelfieer
Jul 30th 2009, 02:24 PM
Beste Manie,
In kort, antwoorde op jou indringende vrae as volg :
- Dit is heeltemal onnodig.
- Nee.
- Goed.
- Ons werk daaraan, belowe.
- Karre.
- Bonus antwoord : Woensdag.
Met dank,
Die Lighuis bestuur.
manieverster
Jul 30th 2009, 06:05 PM
Beste Manie,
In kort, antwoorde op jou indringende vrae as volg :
- Dit is heeltemal onnodig.
- Nee.
- Goed.
- Ons werk daaraan, belowe.
- Karre.
- Bonus antwoord : Woensdag.
Met dank,
Die Lighuis bestuur.
Ja Fila.................................!:rofl:
Willem
Aug 2nd 2009, 09:30 PM
Ek raak 'n bietjie bekommerd oor diegebrek aan poste op die draad in vergelyking met die begin. Het ek 'n verkeerde onderwerp aangeraak oor die vroue of wat? Kom vertel vir my asseblief. Ek wil he die draad moet 'n forum word en as julle nie pos nie gaan ons nooit daardie status bereik nie. Kom manne, kom praat met ons en vertel vir ons waaroor julle wil praat.:B
Hi Manie,
daai pos van die doppers wat iewers hier gepos is oor die vroue in die kerk ens. dink ek slaan die spyker nogal raak... wat ek net nog wil vra, is ; die "five fold" ding is die' ook die wat die dames dan nou nie moet doen nie?
Nou vir GRRRROOOOT klip innie bos.
RAKBIE oftewel ons nasionale afg.. leiding... ;) ek het weer saterdag so stukkie gekyk en al weer die !@#!@$ in geraak en net weer besluit ek raak heeltemal te passievol by die as ek dit nou met alle anner goed vergelyk, so is die eerste stap om te erken dat ek 'n probleem het ? wat kom dan daarna, want cold turkey in Suid Afrika met RAKBIE is mos amper onmogentlik broedger :rofl:
Die ernstige vraag is of ons soveel tyd en passie spandeer aan die Here en ons families as aan die kassie en die games en hoe mens dit nou balanseer en of mens moet balanseer of wegloop van die boom wat die verbode vrugte aan het ?
( gaan dload pinkster preek van Retief Burger van SA gemeente Londen en luister bietjie daarna .... diep geslaan...) Weet nie hoe teologies dit is nie , maar I got the message ! wat soek ek by die boom as ek nie die versoeking kan weertsaan nie!? :B
O en ek skree piesangboere oftewel Sharks ( nie dat ek weet wie speel deesdae nie , mens moet kyk om dit te weet en die highlights is net te min vir my om te onthou ) en andersins vir die BOKKE !
manieverster
Aug 3rd 2009, 06:11 AM

Willem, jy hoef nie te onttrek van die rugby af nie. Dis 'n pragtige sport. Ek dank die Here vir so 'n pragtige sport. Ek geniet dit terdee maar ek het net nodig om 'n balans tussen rugby en my geestelike lewe handhaaf. Verder wil ek vir jou se jy sal definitief moet onttrek van die lelike gewoonte van jou om vir die Sharks te skree. Jy sal veel minder sondig as jy vir die Blou Bul skree.Jesus het elke keer as Hy iemand genees het gese: Gaan heen en sondig nie meer nie. Broer, luister na wyse woorde!!!!!:pray:
Willem
Aug 4th 2009, 08:20 PM

aaaahhhhuuuuggghhhh! ( dis nou keel skkonmaak vir 'n blou bul daai :rofl: )
Sorry Manie, maar die mens wat ek word as ek dit kyk is nie die mens wat ek in die Here is nie en die boom loop ek eerder weg van, waar ek nog die vrugte sien ; nuus , highlights ens. is genoeg en dis gedane sake dan... andersins eer ek die Here nie as ek kyk en so voorbeeld vir die kinners wys nie... sal hopelik eendag my seun leer om dit tegeniet en skoon en met ware sportmanskap te speel, maar vir nou soek ek moelikheid as ek kyk, so ek bly maa eerder weg van die' boom af...
DUH ! dit beteken dus ook dat ek nie meers Sharks skree nie:eek: :rofl: ;)
Gene
Aug 5th 2009, 06:25 AM
DUH ! dit beteken dus ook dat ek nie meers Sharks skree nie:eek: :rofl: ;)
Willem, as ek vir die Sharks geskree het, sou ek ook dalk liewer opgehou het om te kyk......:lol:
Nee, weet jy, ek dink dis 'n puik standpunt wat jy hier openbaar. As elke christen maar daardie beginsel toepas.... Elkeen van ons ken onsself en ons weet waar ons swak plekke is. (Glo my, die vyand weet dit ook maar te deeglik, en hy buit dit uit!) En as 'n mens dit kan erken en vanuit die staanspoor wegbly uit daardie gebied, dan is dit mos soveel makliker om nie te struikel nie. Maar dikwels soek ons moeilikheid deur te vertoef op 'n gebied waar ons weet ons weerstand swak is, en dan kla ons later dat ons nie die krag gehad het om staande te bly nie. Dankie dat jy hierdie met ons gedeel het.
Wat myself betref, kan ek maar net se dat ek met jou dilemma kan identifiseer. Vroeer was ek heeltemal fanaties oor rugby (die verskil is darem, ek was aan die regte kant - my bloed is blou!;)) Die taal wat uit my mond gekom het en die emosies wat ek ervaar en geopenbaar het terwyl ek rugby gekyk het, was beslis nie tot eer van die Here nie. Gelukkig het die Here my daarvan genees, en vandag kan ek rugby geniet sonder om emosioneel betrokke te raak. So ek geniet my rugby vandag vir wat dit is. Dis nou te se, as ek geleentheid kry om te kyk (Ons het nie 'n skottel of M-Net nie, en die SABC wys maar min rugby deesdae)
Ta-An
Aug 5th 2009, 11:34 AM
Nou ja, as ek terugdink aan die skepping:
Hoekom het God die vrou laaste gemaak.....want Hy wou nie kommentaar gehad het oor Sy handewerk of hoe Hy dit moes gedoen het nie.:rofl:Terwyl ek nog kan :D
G_d het mens gemaak, die vrou daaruit geneem, en dit wat oorgebly het was .... well you guessed it..... man :D
So wie was eerste gemaak???????????? :hmm:
:kiss:
manieverster
Aug 5th 2009, 12:22 PM
Terwyl ek nog kan :D
G_d het mens gemaak, die vrou daaruit geneem, en dit wat oorgebly het was .... well you guessed it..... man :D
So wie was eerste gemaak???????????? :hmm:
:kiss:
Jy hoort nie hier nie. Jy skrop nou in die manne se hoenner hok hier. Ons wil jou kommentaar nie he nie. Gaan drink koffie in Esther se koffiehuis. Dankie Baai!
Willem
Aug 13th 2009, 09:26 PM
Willem, as ek vir die Sharks geskree het, sou ek ook dalk liewer opgehou het om te kyk......:lol:
Gaan dit so sleg met hulle !? :rofl:
Ernstig tog, Saterdag reel vriend dat ons met kids by hom kom kuier en dan eet vrouens as hulle van Morelata af terugkom daar en ek moet 5 uur daar wees. ( terloops vroutjie se sy het baie geleer en ek begin dink dat ons "leraars" nodig het wat ons in gewone taal en stadig kan opbou en van Here en Woord en al die .... ? goet soos doop en saligheid ens ....Leringe! kan leer , die dat Angus en Greta so inslag vind ? )
Toe verslaap ek ( met wekker en al ! ) en my 2 jarige meisiekind en 4 jarige laaitie op Sat na ons 3 uur gaan le het en skrik eers 5:40 wakker ! :pray: Nodeloos het ek paar minute van bokke en wallabies gesien, ek ek glo ons Vader het my ma gehelp sodat ek nie by daai boom kom nie, en nie aanstoot gee vir vriende nie ( hulle het lekker gelag vir my ) ons sukkel dan om die twee vir 1 enkele uur in kamer te kry op Sat wat nog te se slaap ! :pp:pray:
Willem
Aug 28th 2009, 02:48 PM
Hi ouens,
ons het laas saterdag lekker gelusiter na Joe wat ons vertel het van goed wat in sy lewe al gebeur het wat die Here vir Hom gesorg en gelei het en toe dink ek , hoekom bemoedig ons nie mekaar ook hierso met dit wat die Here vir ons doen nie?
Soos bv. ek wat net kan dankie se dat die rekenaars wat ons nou uitrol klaar opgestel is danksy die Here wat absolute gemors ten goede vir my laat werk het!
Masjiene moes ge-"image"word ( beteken jy stel een op en dan kloon jy res. ) want sonder dit sou ek so 3 weke lank besig gewees het met die alles. Toe lewer mpy vroeg af sonder dat die gedoen is... en ek spring aan werk en begin opstel en die volgende dag toe is hulle weer hier om op te laai , want dis nou te voreg afgelewer en die finansiering is nog nie geteken nie.:eek:
dis maar toe dit, behalwe vir die wat reeds oop was en ek vra toe of hulle sommer nou kan image as ek die "masters" more vir hulle bring...
Alls well that ends well ...soos die ingils broers se.
Ek sit met 80 masjiene en almal is 80+ % klaar , moet net die e-pos en dokumente oortrek en uitgee.
Selfs al lyk dit asof dit chaos is ,, bly Hy in beheer en hou Hy Sy woord... alles wekr ten goede uit vir die wat Hom leifhet :pp
Al wat ek kan se is :pray: dankie Here. .... en almal vertel !
manieverster
Oct 15th 2009, 09:23 AM
Ek was 'n rukkie weg en daar loop alles dood. Komaan, Ferdie, Fila, Willem, Johnny, Philip, Psalm en vele ander waar is julle! A nee a, laat daar bietjie aksie kom hier!
manieverster
Oct 15th 2009, 09:47 AM
Ai, ek moet net die stukkie vir julle vertel maar eers 'n storie tot die aanloop van wat ek wil vertel.
'n Toeris gaan kuier daar op 'n eiland naby Barbados en woon saam met die inboorlinge en gaan praat eendag met die hoofman en vra waar kan hy soeweneurs koop en die hoofman se Jakob is jou beste man om jou te help. Vra maar enigiets van hom en hy sal jou help maar die hoofman lag so onderlangs alhoewel hy net prys het vir Jakob. Die toeris vind dit snaaks en vra die hoofman uit. Hy se nee Jakob is goed met onderhandelings maar toe hy die dag vrou vat het hy nie so goed gedoen nie. Jy sien, se die hoofman, my dogter is bietjie aan die dom kant en toe vra ek my adviseurs hoeveel ek vir my dogter moet vra se hulle begin maar by 3 koeie maar as jy een koei kry vat dit maar. Jakob kom toe vra vir my dogter se hand en bied sommer uit die begin 8 koeie en dis hoekom ek lag want hy het nie goed ge-onderhandel nie.
Die toeris gaan toe na Jakob toe en die nooi hom in vir 'n koppie koffie. Hy sien toe vir Jakob se vrou en sie dat sy ywerig werk in die huis en sy sing soos sy aangaan. Sy lyk sommer baie gelukkig. Die toeris vra toe uit na sy vrou en die 8 koeie. Jakob se toe vir die toeris: Sien jy my vrou hoe gelukkig sy is? Dink jy sy sou gelukkig gewees het as ek haar vir 1 koei gekoop het? Sy weet nou dat ek haar waardevol ag.
Die vraag aan die einde van die storie is: Behandel jy jou vrou soos 'n 8 koei vrou of 'n 1 koei vrou.
Wel ek het retrospeksie geneem en besluit om my vrou te laat voel sy is waardevol. Julle moet die verskil sien. Ons het al gedreig om te skei voor dit en skielik het alles verander.
marline
Oct 15th 2009, 06:04 PM
Jy hoort nie hier nie. Jy skrop nou in die manne se hoenner hok hier. Ons wil jou kommentaar nie he nie. Gaan drink koffie in Esther se koffiehuis. Dankie Baai!
Eina sjoee!!!!:o:o
Willem
Oct 15th 2009, 09:52 PM
Ja welkom terug Manie!
Was ma stil want laaste 3 weke gaan ek deur rowwe tyd by werk, maar glo ook die Here is besig om my te leer oor myself, snaaks genoeg oor hoe trots ek is , terwyl ek gedink het ek is nie.... toe is ek allie tyd trots oor hoe hard ek werk en hoe goed ek is...
Maar een van ons manne se swak punte? ons is trotse boerseuns?
Wat dink julle en hoe werk mens deur jouself en meer soos Hy te word..?
manieverster
Oct 17th 2009, 08:41 AM

Jy se jy is trots. Wel, ek moet my kop in skaamte sak en vir jou seek het 'n veel groter sonde. Ek het altyd vir die Here gese Hy moet my help dat ek tog net nooit skynheilig sal wees nie en as ek is moet Hy dit vir my hard en duidelik vertel. My vriend, Hy het en ek moet met skaamte vir jou se ek is (hopelik was) skynheilig. Eendag toe hoor ek in die diens dat ons die lig van die Here in ons harte laat skyn om ons foute en swakhede uit te wys. Hy het vir my baie gewys. My ou hart was vol stof en ou, stokou gemors en ek het bely en ek weet nou hy het my vergewe. Sterkte vorentoe!:cry::pray::pray::pray:
CFJ
Oct 18th 2009, 02:14 PM

Lekker om jou en Willem weer te sien. Ek hoop ons kan die forum vir die manne opstel so gou as moontlik, want jou idee is iets waarsonder ons nie werklik sal kan funksioneer nie. Dit is goed om 'n plekkie vir die hane te hê waar hulle vere kan vergelyk... :lol:
manieverster
Oct 18th 2009, 03:12 PM

Ek hoop so Ferdie, ek sal graag wil sien dat die draad 'n forum word. Ek hoop net die manne laat ons nie in die steek nie!:lol:
Willem
Oct 18th 2009, 06:45 PM
Hi Manie,
ja , die Liewe Heer werk en stap maar sy pad met ons ne'?
Ek was die naweek by kursus OTD overcomers trough Christ en dit was regtig seen vir my. My vrou was so ruk gelede daar en dit het so baie vir haar beteken en nou kon ek ook gaan ....
Vir ons Here :
Dankie Vader , dat U ALTYD getrou is en vir ons leer en liefhet en sorg!
Dankie Here Jesus vir alles wat U vir my en elkeen van ons gedoen het aan die kruis , dankie vir die verlossing en bevryding wat U vir ons bewerk het en volbring het.
Dankie Heilige Gees dat U vir ons onderrig in alles wat ons nodig het om te weet en dankie dat U al die lee plekke kom volmaak het waar ou junk was!
Die Here leef en doen vandag nog elke dag wonderwerke soos Hy vir mense sorg en hulle bevry en deur goed dra en by hulle bly! Dit is so lekker gewees om die getuienisse te hoor en te weet " Ons God sorg vir ons en Ons Here Leef waaragtig! "
Ek is deur baie goed en sal oplees en is verseker dat sekere goed moontlik as uuuhhhh afgemaak sal word, maar Hy was daar en Sy Gees het gewerk en ek kan getuig " as die Seun jou vrymaak dan is jy REGTIG vry ! :pp "
Vir ons wat gereformeerd is, die les miskien... sola scriptura.... waaragtig sola scriptura en ALLES wat daar staan... God is gister ne vandag en more dieselfde en doen vandag nog wonderwerke , al wil meeste van ons domenisse dit nie erken nie. Ditto al die ander goed wat ons so maklik afmaak as charismaties ens. het nogal lekker gelag toe ek hoor dat al hoe meer....tradisionele kerk mense kom en kursusse bywoon en aan die brand raak en die charismate so half agterwee gelos word, so half asof hulle moet makeer die pas omdat hulle begin dink het hulle weet alles en die Here nou meer met verstoktes werk omdat ons regtig honger is vir Hom en Sy Woord en moeg is vir tradisies...
In elk geval... dis om vir julle te se: Ons God is in beheer want ek het net sulke lekker gesprekke met ander broers gehad en almal getuig net hoe Hy sorg en lei en leer !:pp
Nou gaan ek lekker doeks as Sy kind wat geen meer skeletons innie kas het nie!
manieverster
Oct 19th 2009, 06:22 AM

Willem, dis lekker om jou so entoesiasties te hoor praat en ja, kom vertel vir ons nog en aan die ander manne, komaan ouens kom se julle se hier. Ons wil hoor wat die Here vir julle doen. Sondag het ons gehoor van Petrus en Johannes wat voor die Sanhedrin moes verskyn het en gese het: Ons kan nie help as om net te praat oor dit wat ons weet en ondervind nie. Lees dit daar in Handeling 4 vanaf (nie seker nie) vers 18 of selfs vroeer. Wonderlik is ons God! Prys Sy Naam tot in ewigheid!
Willem
Nov 10th 2009, 07:11 PM
Ja en toe wys die Here my dat ek trots is , dit wat ek gedink het ek nie is nie.....nou moet ek nog net my korrelkop sover kry om te admit dat ek nie self die kan los nie, dan sal Hy die ook wegvat.:B
My "broer in ons Here" het ook besluit om groot te doop en die alles oor handelinge 8:37 wat in die 83 vertaling vermis word....nie eers gedink om die te gebruik as argument nie, net daaroor gepraat en dink die Here het res gedoen..:pp
manieverster
Nov 11th 2009, 10:51 AM

As ons maar net alles in die Here se hande kan plaas dan sal ons ook soveel gelukkiger in die lewe wees. Goed om van jou te hoor, my broer. :hug::hug::D
lukeskywalker
Nov 12th 2009, 12:43 PM
As ons maar net alles in die Here se hande kan plaas dan sal ons ook soveel gelukkiger in die lewe wees. Goed om van jou te hoor, my broer. :hug::hug::D
Hy weet verseker die beste vir ons Lewens, ons moet maar net altyd seker maak dat ons SY wil in ons lewens soek!
manieverster
Nov 13th 2009, 05:26 AM
Hy weet verseker die beste vir ons Lewens, ons moet maar net altyd seker maak dat ons SY wil in ons lewens soek!
Eendag toe kry ek mos 'n brein "wave" en ek dink so, as ek nou altyd bid vir die Here om saam met my te gaan waar ek ook al gaan en ek voel Sy Heilige teenwoordigheid dan sal ek mos nie dinge doen wat God kan teleurstel nie. Wel, dit werk nie altyd so nie. Jy sien, toe ek iets wil doen wat my gewete pla omdat die Here by my is, toe skuif ek Hom net 'n bietjie opsy. Skynheiligheid is nog 'n ding. "Practise what you preach" is nog een en skaamtelik moet ek se ek het myself skuldig bevind op elkeen van die goed. Maak nie saak hoe klein die oortreding nie, daar bestaan nie groot en klein sondes nie.
Hoe gereeld lees julle julle Bybels. Wat se vers of hoofstuk of boek in die Bybel het vir jou 'n groot betekenis gehad? Kom deel dit met ons. Ek wil graag weer 'n oproep rig aan die manne om hier te kom pos. Vertel ons wat julle laat tiek. Kom ons wy hierdie draad en miskien word dit 'n forum later aan die Here van die manne af. Kom sit op ons stellasie en kraai jou kraai, haan.:agree::thumbsup::amen::idea:
lukeskywalker
Nov 13th 2009, 06:53 AM
'n treffende gedeelte wat ek onlangs gelees het, Johannes 17 vers 1 tot 3
1 DIT het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik --
2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.
3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
So uit hierdie stukkie is dit duidelik dat ons nie hoef te wag om te sterf om die ewige lewe te he nie, ons het dit reeds as ons God en Jesus ken.
manieverster
Nov 20th 2009, 06:14 AM

Ek hoop nie jy dink ons gaan ewige lewe he hier op aarde en in die liggaam nie. Oeg, as ek 'n ewigheid in my ou liggaam moet lewe. 'n Ewigheid van pyn. Nee wat, liewers in die hemel! :pray:
|
|
Hosted By Webnet77vBulletin® v3.8.4, Copyright ©2000-2009, Jelsoft Enterprises Ltd. |