protea
Jul 24th 2009, 06:35 AM
Hier by ons op die plaas word n klein katjie net nie groot nie. Punt. Oor die redes het ons nou al opgehou raai, bespiegel en bespreek. Ons katte word aangehou om knaagdiere onder beheer te hou en daarom word hulle ook by die stoor kosgegee. As hulle dan n hoer protein inhoud in hulle dieet verlang , is die plaas se muise daar te kus en te keur. Die 1% klein katjies wat wel grootword is almal sulke wildekat/spikkelkat/groukat specimens en WILD!
Gisteroggend gaan my man by n sydeur in die stoor in en toe kom hy af op n lekker woeste gevryery tussen die werkers se wit kat en n vreemde wildekat/spikkelkat/groukat wat baie hoer op sy bene staan as die gewone huiskatte. Die wildekat voel toe vasgekeer want my man staan toe by hulle inkomplek (die katteluikie aan die onderkant van die deur) . In sy totale paniek om uit te kom, spring hy toe teen die mure op totdat my man die groot stoordeure opmaak. Maar TOE sny hy n lyn na vryheid!
Dit was vir ons die bewys wat ons lankal vermoed het : Die wildekatbloed in jou genepoel het n baie gesonder aanwas tot gevolg. So nou wag ons om te sien hoe die kleintjies lyk (oor 5 weke?).
Ek het geweet ons katte loop rond ,maar sulke 'losse sedes' het ek nie vermoed nie..;)