MercyChild
Aug 5th 2009, 06:17 PM
Soos jul weet is ek 'n dwelmslaaf, vrygekoop deur Jesus. Ek het gereeld NA vergaderings bygewoon en die raad daar het my verskriklik baie gehelp om staande te bly. Ek kan ook bely dat as ek nie Jesus aangeneem het nie, sekerlik nie die paal sou haal nie.
Meeste van my vriende het bestaan van die mense by die NA Vergaderings. Vandag was die tweede begrafnis van 'n vriend daar in die afgelope 6 maande. Dit is hart skeurend om vriende daar te ontmoet, 'n pad saam te stap en dan te sien dat hulle op die einde van die dag wel sterwe............En dwelms meestal die oorsaak!
Ek voel dat ek wil breek met hierdie groep, maar dink dat ek miskien selfsugtigheid aan die dag gaan slaan. Meeste van hulle ken nie vir Jesus nie, gee Hom geen erkenning en plek nie. Ek het Jesus daar verkondig so ver ek kon, maar as gevolg van die vriende wat afsterwe sien ek nie meer kans om terug te gaan nie, en boonop wil ek aanvaar dat Jesus my vrygekoop het, en nie die raad van rehabilitasie nie!
Die raad wat ek benodig is of dit 'n selfsugtige handeling van my sal wees om die groep te los, waar ek moontlik Jesus kan deel. Op die staduim dink ek, ek het veel eerder nuwe Christen vriende nodig. Ek het reeds 'n handjie vol ontmoet, en voel dat sulke vriendskappe meer opbouend is as my vriende by NA. Verstaan asb dat NA amper soos familie geword het, maar elke keer as iemand relapse en dit bespreek word, bring dit verkeerde gedagtes, en nie gedagtes wat Jesus weergee nie! Ek wil nie meer mense ontmoet wat deur dwelms weggeneem word nie, en wat as ek nie gehoorsaam is aan God nie, wat as ek die evangelie daar kan deel?:blush:
Ek voel redelik verlore, my vriende by NA het my op 'n staduim gedra, maar soms voel dit of daar risikos gekoppel is????:confused