Ta-An
Aug 22nd 2009, 06:34 PM
Lekker Sjokoladekoek
60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml vanilla geursel
STROOP
200 ml suiker
250 ml water
15 ml Rum geursel
Versiersel
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering
Flake-sjokolade
Stel oond op 180 grade Celsius.
Beslag:
1. Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
2. Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.
3. Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
4. Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20-25 min. of tot toetspen skoon uitkom.( hang af van di pan wat jy gebruik, ek bak sommer in 'n Glasbak :) )
Stroop:
1. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg geursel by. Roer goed. .
2. Prik koek met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.
Versier:
1. Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor.
2. Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit belemmer die smaak). Dis 'n heerlike klam koek wat lekker klam bly.