Ta-An
Sep 2nd 2009, 08:33 AM
Eers het ek Eva heeltemal mis gekyk as 'n vrou van/in die Bybel.
So amper soos vandag wanneer 'n vrou trou en jy jou identiteit verloor as vrou want nou word jy Mev. Dominee (as jou man eintlik die dominee is :rolleyes: )
Jammer Eva.:blush: Jy was die eerste vrou in die wêreld, en in jou saad is die Messias reeds belowe.
*********************************
Eintlik was Eva nie haar eerste naam nie :o toe sy gemaak is het Adam (mens) haar mannin genoem :idea:
Gen 2:23 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=1&CHAP=2&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=23) Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.
Die Hebreeus se woord hier is 'is' (ish) vir man, en 'issa' (isah) vir vrou. Dit beteken ook dat sy 'n eweredige aandeel het om in God se beeld geskape te wees. :pp
Dit was eers na die sondeval wat Adam haar Eva genoem het.Gen 3:20 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=1&CHAP=3&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=20) En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.
Die Hebreeuse woord vir "eva" is 'chuah' of 'chawwa' [moeilik om die transliteration heeltemal korrek te doen :blush:]Die mens (Adam) noem haar so omdat sy moeder geword het van alles wat lewe. Die woord hou verband met die woord: Lewe, en verwys op geestelike vlak na die lewe in Christus... wat uit haar saad sal voortkom, Gen.3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.
Hoekom was mannin geskape/gebou?
Gen 2:22 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=1&CHAP=2&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=22) En die HERE God bou die ribwat Hy van die mens geneem het, tot 'n vrou en bring haar na die mens. (Dis hoekom ons heupe breer is, ons is gebou om te hou ;) )
*. Die mens was alleen,en dit was nie goed so nie
**daar was niemand wat by hom gepas het nie :(
***Om 'n hulp vir hom te wees
Gen2:18 Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.
So saam is man en mannin, een vlees, omdat sy uit die man geneem is, 'saam' is hulle meer as een alleen. (Gen.2:23)
Daarom trou mense, om daardie 'een vlees' weer te bewerkstelling, en dit gee vir ons die intensie vir die huwelik.
Om teenoor mekaar verantwoordbaar te wees, kameraadskap, 'n komplete 'eenheid' van vlees, en die afwesigheid van skaamte.
Die afwesigheid van skaamte sien ek hier nie net as 'n oopheid / beskikbaarheid van die liggaam in die slaapkamer nie, maar ook dat jy geen geheime sal hê teenoor mekaar nie, niks om weg te steek of oor skaam te hoef wees nie.
:)
Onthou, hy is net 'n halwe mens :hug: (en jy ook ;) ) en deur saam te werk, is julle beide een-mens... onthou, dit is nie goed vir hom om alleen te wees nie :)