protea
Sep 6th 2009, 02:01 PM
Vriende van ons in die Noord -Kaap het so 8 gemsbokooie wat hulle hou vir biltong maak innie winter en soms vir jag as die getalle te veel raak. Hulle het een gemsbokram wat dan die nageslag moet verseker.;)
So n paar jaar gelede kom hulle na die Kersvakansie van die see af en sien dat die bul daar dood le met n enkel steekmerk deur sy hart. Hulle verdink toe onmiddelik die een-horing-ooi en op n gelee tyd skiet hulle haar toe vir biltong. Toe die ooie weer gedek moet word, koop die boer weer n ram en net toe al die ooie klaar gedek was , toe vind hulle weer n 'oorle' ram. (Baie 'polite' van Daisy De Melker om eers te wag tot al die ooie gedek is...;) ) Maar blykbaar was die een-horing-ooi nie die moordenares nie en hulle dink: Ag, dit was seker maar net n ongeluk, en sal nie weer gebeur nie. En so koop hy nog 5 ramme met dieselfde scenario : Net sodra al die ooie gedek is, dan is dit koebaai ram. Die moorde het eers opgehou toe al die ou ooie uitgeskiet is. So , een van die ou ooie was die moordenares. Die groot vraag is egter : Hoekom sou die ooi die ramme doodmaak? Het sy te sterk matriagale eienskappe en het sy nie gehou van oorheersing deur die ramme nie? Ek het nie die vaagste idee hoekom so-iets sou gebeur het nie. Weet een van julle nie dalk nie?:hmm: