MercyChild
Sep 30th 2009, 10:31 AM
Nadat ek 'n paar drade volledig gelees het, voel dit vir my amper veiliger om eerder hierdie draad onder die vroue te open....Lol
In vele boeke wat ek lees, gesprekke wat plaasgevind het, en baie ander inligting, blyk die algemene gevoel is dat volgens die Bybel mans belangriker beskou word as die vrou.
Ek wil net weet wat ander se opinies rondom die saak wel mag wees. Ek het terug gegaan reg aan die begin van Genesis en die volgende afleiding gemaak.
Waarom word daar gedink dat mans belangriker as vrouens is? Omdat die vrou uit die rib van die man gemaak is, is dit wat hom bleangriker maak. Maar die man is dan uit stof gemaak, beteken dit dan dat die stof/grond belangriker as die man is. Daar word ook gesê dat die man belangriker is omdat hy die vrou se naam gegee het, maar ek lees eers later in Gen dat Adam die diere name gegee het, en die vrou reeds die woord vrou genoem was, voordat Adam name begin gee het.
Was dit nie deel van die vrou se straf agv haar sonde dat sy Adam onderdanig sal wees nie?
Is ons dan nie almal gelyke met God wat volgens Sy beeld geskep is nie? Hoekom word daar beskou dat vrouens nie sekere dinge mag doen nie?