View Full Version : Hadassa Konferensies ..
mari
Oct 11th 2009, 06:41 PM
Het iemand hier dit bygewoon ? ...... enige getuienis ?
:hug:
Ta-An
Oct 11th 2009, 07:11 PM
Nog net gehoor van.....
mari
Oct 11th 2009, 07:29 PM
Ons gemeentetjie het dit die naweek aangebied .....
.... taamlik skepties het ek maar gegaan ....
dames.... ek is gebles dat daar nie woorde voor is nie ...
... wil eers julle stories hoor voor ek self vertel ....
:hug: ....
Ta-An
Oct 12th 2009, 07:32 AM
mari..... dra jy jou kroon?? :hug:
mari
Oct 12th 2009, 08:31 AM
mari..... dra jy jou kroon?? :hug:
.... mantel vir eers ...... kroon in geloof .....:pray:
Vir die wat wonder : Hadassa is Ester se Hebrewse naam ...... die konferensies gaan oor die storie van Ester .....
Ta-An ... ek was nogal skepties met van die simboliek ens wat in die konferensies gebruik word en het die George NG Moedergemeente Hadassa maar geskip ( enigiets "NG" laat my nekhare boonop bietjie rys, maar "God works in mysterious ways " ) ....
.... toe hou ons eie plaaslike happy clappy gemeentetjie dit mos en ek word "gebless" met 'n kaartjie ....... ek moes my kop in skaamte sak en die blessings maar toelaat ........ ( die Vader het my vooroordele sommer ook bietjie oor die vingers getik ! ) ....
DVDs van Moralettapark se diens is gebruik en die anointing was tasbaar, tegnologie en al ! .....
Komaan, dames .... wie het dit al in julle omgewing bygewoon ?
protea
Oct 12th 2009, 12:00 PM
Ongelukkig was so n konferensie nog nie naby genoeg sodat ek dit gerieflik kon bywoon nie.
Maar ENIGE plek waar die Heilige Gees teenwoordig is , kry jy daardie 'tasbare' salwing van die Here soos onlangs op n Retha McPherson kamp hier naby. Ge-BLESS is nie die woord nie!
Mia Ashton
Oct 12th 2009, 06:39 PM
Ek raak skoon jaloers as ek so van julle blessings lees. Ek gaan soek tot ek hier in Natal so-iets raakloop. Wens net dit kan in Afrikaans wees. Is dit nie wonderlik dat ons Heer in ons harte hierdie verlange na sy blessings en nabyheid geplaas het nie?
Ek is op die oomblik in so 'n verlange na meer seisoen. Wens ek kan op 'n 'retreat' gaan of enigiets special waar my siel weer werklik sonder onderbreking kan kontak maak met my Verlosser.:pray:
mari
Oct 13th 2009, 07:33 AM
Mia ...
die konferensies is juis Afrikaans ! ... dit word deur Morelettapark se span aangebied, maar is heeltemal interkerklik..... en hulle gaan na enige dorp wat hulle nooi .... van die konferensies het duisende vroue, maar die lekker is die kleiner groepe ( ons was net oor die 100 ) .... in ons klein gemeenskappie is oor die 20 kerke ! .... vroue van al die gemeentes was daar en "labels" is by die deur gelaat .... ons was een in Christus en dis wat so 'n blessing is .... na die konferensie het jy sommer 'n groep nuwe "local" vriendinne .....
..... m
marline
Oct 14th 2009, 06:33 PM
Ek en 2 van my sussies was by die konferensie in Moreletta park. Dit was awsome om amper 6000 vrouens bymekaar te sien in aanbidding. Die tema was "wat is jou naam?" en "S A draai terug na GOD." 'n naweek het nog nooit so vinnig verby gegaan nie. Woorde kan nie beskryf wat mens beleef nie.
mari
Oct 15th 2009, 05:21 AM
Marline ...
wat was in julle profetiese sakkies ? .......
:pp
marline
Oct 15th 2009, 11:53 AM
Marline ...
wat was in julle profetiese sakkies ? .......
:pp
Neeeee???? nou het jy my verloor???:confused
mari
Oct 15th 2009, 01:13 PM
Die Saterdag oggend het ons elkeen 'n sakkie gekry ( ons moes ons hand in 'n mandjie steek sonder om te kyk ) .... die kleur van die sakkie het geestelike betekenis, en watookal daar in is - allerande klein goedjies wat dalk profetiese inspraak waarde op jou lewe kan he - die getuienisse wat daaruit gekom het was awesome .... 'n hele paar vroue het direkte inspraak in hul omstandighede of geloofspad gekry en gedeel ..... die stories was uiters inspirerend .... sommige dames wat glad nie voor ander kan praat nie, het spontaan getuig ..... baie trane het saam-saam geleoi en baie deurbrake is beleef .....
:pray: ....
mari
Oct 15th 2009, 01:14 PM
Daar is 'n Hadassa konferensie hierdie naweek in Oudtshoorn ....
marline
Oct 15th 2009, 05:37 PM
Dit lyk my of elke konferensie 'n ander spesiale boodskap het. Ons het krone gekry, maar wat ekstra spesiaal was, was die klippie met DIE Naam op. Dit skakel in by Open 2:17 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.
Dan was daar vir elkeen ook 'n kaartjie met die betekenis van sy eie naam op. Moet se dit was so in die kol. Maar gebles was ons gebles!!!!
marline
Oct 15th 2009, 05:40 PM
Daar is 'n Hadassa konferensie hierdie naweek in Oudtshoorn ....
As julle Oudthoornders kan, proebeer dit bywoon, dit is net ongelooflik vir mens se geestelike groei, en versterking
Ta-An
Oct 16th 2009, 12:08 PM
mari.... wat was in jou sakkie ??
Christa
Oct 21st 2009, 05:38 PM
Ek het 120km gery om Hadassa konferensie in Oudtshoorn by te woon. Vriendin het 'n kaartjie vir my gegee. Woorde kan glad nie beskryf wat daar ervaar is nie. My dingetjie in my sakkie was ook reg in die kol wat my lewe betref. Almal wat getuig het, sê dieselfde. Dis net wonderlik. Mens loop met hierdie vreeslike bekommernisse wat jy al so lank voor antwoorde soek, dan stap jy met al die antwoorde daar uit. Die probleem is net as jy weer terug is in die realiteit - dan tref dit jou soos 'n skoot deur jou hart. Jy word van alle kante aangeval. Maar in die geloof sal ek sterk bly staan. Al die simboliese tekens wat daar was, het my regtig diep getref. Dis of alles net duideliker is. My sakkie met mirre-olie is net so waardevol en ek het dit sommer dadelik in die huis begin gebruik om ons huisgesin te seën. Kan nie wag dat die kroon op my kop gesit moet word nie.
Ta-An
Oct 21st 2009, 06:29 PM
Christa :hug:
Welkom hier by ons :pp
Christa
Oct 21st 2009, 07:59 PM
Baie, dankie. Ek sien uit na al die geselsies.
|
|
Hosted By Webnet77vBulletin® v3.8.4, Copyright ©2000-2009, Jelsoft Enterprises Ltd. |