View Full Version : 13 Tekens van die eindtyd
CFJ
Aug 21st 2007, 08:37 PM
Hier volg 'n paar tekens wat oor die algemeen verbind kan word met profesieë oor die eindtye. As daar iets is wat iemand graag wil byvoeg, doen dit gerus. Die idee is om een van hierdie tekens op 'n keer te bespreek en dit te ondersoek. Vir elke teken moet dus 'n nuwe draad oopgemaak word. Hier is 13 tekens wat ek glo beloof om baie insiggewende onderwerpe te kan wees...
Miskien moet mens maar iewers begin en elke teken nommer, teenoor die onderwerp. Nie dat die nommer enigsins iets beteken nie, maar net dat mens kan volg waarmee mens besig is. Elke nuwe draad sal dan as volg geïdentifiseer kan word...
:note:Teken 1 - Valse Christusse
:note:Teken 2 - Oorloë en gerugte van oorloë
:note:Teken 3 - Hongersnode
:note:Teken 4 - Slegte weer
:note:Teken 5 - Bevolkingsontploffing
:note:Teken 6 - Pessiektes
:note:Teken 7 - Aardbewings
:note:Teken 8 - Tekens aan die son, maan en sterre
:note:Teken 9 - Geestelike en teologiese verval
:note:Teken 10 - Morele en sedelike verval
:note:Teken 11 - Wêreldevangelisasie
:note:Teken 12 - Jong en ou mense sal drome droom
:note:Teken 13 - Die Herstel van Israel
Verwys iemand net na hierdie draad, sou daar enige vrae wees oor die nommers van die tekens, dit behoort te kan verduidelik.
Gerhard Ebersoehn
Feb 15th 2008, 08:08 PM
Ek glo ons is huidiglik - soos van Christus af, in die 'eindtyd'. Christus die Eskatos was die Vervulling van alle eskatologie. Nie dat ek 'n preteris is nie; gans en al nie. Christus moet nog slegs die apokaliptiese vervul - met en deur sy wederkoms.
Hier is dan 'n paar kenmerke - vir my - van hierdie afsluitende eindgebeure:
Soos in die dae van Noag - almal gaan hul gewone gang terwyl vraatsug heers;
Hy kom om die verderwers van die aarde te verderf - ons tyd is daardie tyd wanneer meneer mens die aarde verderf;
Wanneer weersin teen die Waarheid van Jesus Christus en die Skrifte botvier, en die leun liefgehe word eerder as die waarheid. Dis ons dag!
Wanneer almal skree vrede vrede tussen alles wat van nature vyande is, soos stamme, tale, nasies, volke, rasse, ideologie, religie en selfs dinge soos bewaring en 'volhoubare' bewaring.
Geen twyfel by my nie, die Here Jesus kan vandag of enige dag van vandag af - inderdaad hierdie oomblik - kom. Laat ons bid: Ja kom Here Jesus, kom gou!
Gerhard Ebersoehn
Feb 15th 2008, 08:14 PM
"Teken 2 - Oorloë en gerugte van oorloë" en ander van die 'tekens' genoem: Het Jesus nie UITDRUKLIK gemaan: "Nog is dit NIE die einde NIE"? Al hierdie ding gaan tog opsigtelik aan vir solank as wat sonde al geheers het.
Gerhard Ebersoehn
Feb 15th 2008, 08:26 PM
Versoening op die Sabbat
Ons is besig om soos die geleentheid hom voordoen al die Sabbats-geskiedenisse van die Ou-Testament een vir een na te gaan. Ons het al gekyk na die Genesis 1 dae, en kortliks na die struktuur van hoofstukke 2 en 3 wat daarop gebou staan. Aldrie hoofstukke pas so presies op mekaar soos die blokke van Partenon-pilare – ’n lemmetjie sal jy nie tussenin kry nie!
Die dae van Genesis 1 – skeppingsdae 1 tot 6 – vorm die fondament onder hoofstukke 2 en 3:
Fondament:-
Genesis 1, Dae:-
|.………1…|2……….…|3……………|4……………|5…………|…….…6…|
1…….8a…|8b……12|13…..…18|19…….22|23…..25|26……2: 1
en teksplase … “Dit was aand en dit was môre die ...”
Sewende Dag: 2:2-3 / 4a
[ Dae 3 en 4, hemel en see, bied nie ’n vaste fondament nie en verskyn daarom nouliks weer in die volgende twee ‘lae’ van die skeppingsgeskiedenis, hoofstukke 2 en 3. ]
Mure:-
Genesis 2,
..…………………………….……………|19b….….|19a…….…|19c….25|
……………..|8………14|……………………………………………|15……18|
|4b………6|…………………………………………………………..|7……….7|
|…….1……|…….2…….|……3…..|…….4…….|.……5…….|……6……|
1…….8a…|8b…….12|13…..18|19…….22|23…….25|26……2: 1
Koepel:-
Genesis 3,
………………………….Sewende Dag……………………….|3: 8-24|
………………….…………………………………………………………| 3: 1-7 |
.…………………………………………….|19b……….|19a……|19c….25|
……………..|8………14|……………………………………………|15……18|
|4b………6|…………………………………………………………..|7……….7|
1…….8a…|8b…….12|13…..18|19…….22|23……25|26……2:1
Nou is ons instaat om die dae kronologies te gaan lees soos hulle in aldrie hoofstukke voorkom. Lees:
Eerste Dag:…….1:1-8a; 2:4b-6.
Tweede Dag:….1:8b-12; 2:8-14. (19b)
Derde Dag:…….1:13-18. (19a)
Vierde Dag:…….1:19-22.
Vyfde Dag:……..1:23-25.
Sesde Dag:......1:26-2:1; 2:15-18, 19c-25; 3:1-7.
Sewende Dag:..2:2-4b…………………………………..3:8-24.
[ Vanweë die Tweede Gebod word van die Tweede Dag geen verdere melding gemaak nie. Vgl. Ro1:23-25. ]
Die Sewende Dag staan dus gebou, kronologies retrospektief, met regter voet vorentoe op die Sesde Dag, en linker voet met hak op die Tweede Dag en toon op die Eerste Dag: soos die vegter sal gaan staan, gereed vir geveg. Volgens aldrie hoofstukke is die geskiedenis van die skeppingsdae een van stryd, veral van die Sesde Dag; want lewe word uit stryd gebore! Dit het ons ook alreeds gesien. (‘Dae van Genesis 1’; ook uit ‘Die Sewende Dag is die Sabbat van die Here’. “En kyk, daar staan ’n Man teenoor hom met ontblote swaard in sy hand; en Josua het na Hom gegaan en Hom gevra: Behoort U by ons, of by ons vyande? En Hy het geantwoord: Nee; maar Ek is die Leërowerste van Jawe die HERE!”)
Die Sabbat, het Calvyn gesê, is gemaak sodat óns sal ophou werk sodat Gód, ín ons kan werk. Dit is so ja; maar Moses het gesê die Sabbat is gemaak sodat ons sal gaan stilstaan, en sal sien, hoe die HERE vír ons, werk. Ex14:13-14. (Dit was die Sabbat, verseker! Ons sal nog daarby kom as die Here wil.)
Roelof
Feb 16th 2008, 03:43 AM
Ek glo ons is huidiglik - soos van Christus af, in die 'eindtyd'. Christus die Eskatos was die Vervulling van alle eskatologie. Nie dat ek 'n preteris is nie; gans en al nie. Christus moet nog slegs die apokaliptiese vervul - met en deur sy wederkoms.
Hier is dan 'n paar kenmerke - vir my - van hierdie afsluitende eindgebeure:
Geen twyfel by my nie, die Here Jesus kan vandag of enige dag van vandag af - inderdaad hierdie oomblik - kom. Laat ons bid: Ja kom Here Jesus, kom gou!
Gerhard
Baie dankie vir jou interessante brief.
Ek steun jou 100% dat ons in die"afsluitende eindgebeure" lewe.
“Daniel was then told to protect the message received so that it could be read in later times. The time of the end is aptly described as a day when knowledge shall be increased, namely our modern computer era.” (Daniel 12:4, KJV Bible Commentary)
Die volgende is ‘n uittreksel uit John Hagee's se boek "From Daniel to Doomsday:"
“The literal translation of Dan. 12:4 indicates that during the end times, an explosion of knowledge will occur. We are living in that generation.”
Die World Wide Web (www) is in 1989 deur Sir Tim Berners-Lee in Switserland ontwikkel.
Sedert 1989 het die Internet tot ‘n ontploffing van kennis gelei.
Ons leef dus beslis in die “einde van die Eindtyd” !!!
koekoes
Apr 10th 2008, 01:05 AM
Waar pas die twee getuienis in van openbaring 11:3?
Roelof
May 6th 2008, 02:21 PM
Sikloon: dodetal reeds 15 000, honderdduisende dakloos
Jangon (Mianmar). – Sikloon Nargis het die dodetal hier volgens die staatsbeheerde media tot sowat 15 000 laat styg.
Honderde duisende mense is na wat berig word dakloos gelaat. Altesame 10 000 mense het volgens die staatstelevisie in die dorpie Bogalai, in die laagliggende Irrawaddi-rivierdelta, omgekom. 'n Paar duisend inwoners word nog vermis. Dié omgewing is die ergste deur die storm getref.
http://www.news24.com/Beeld/Wereld/0,,3-71_2317060,00.html
Etienne Marais
Jun 12th 2009, 01:50 PM
Ek dink ook die einde is naby en dat Jesus een van die dae gaan kom.
Roelof
Jun 13th 2009, 11:14 AM
CFJ
Ek is nou besig met dieper navorsing van die tekens en die Laaste Dae
Het jy dalk Skrif vir elkeen van die 13 tekens?
Dankie
CFJ
Jun 13th 2009, 12:24 PM
Jip Roelof, ek sal dit wat ek het daaroor later pos...
Johnny
Jul 10th 2009, 08:47 AM
Waar pas die twee getuienis in van openbaring 11:3?
Dit is gedurende die 7 jaar verdrukking tydens die regeer van die antichris. Party Bybel kenners reken dit kan dalk Elia en Henog wees of dalk Moses en een van hulle.:hmm:
|
|
Hosted By Webnet77vBulletin® v3.8.4, Copyright ©2000-2009, Jelsoft Enterprises Ltd. |