Om die Evangelie te ontken ....
....en nog steeds deel te wees van kerklike strukture !
Sakkie Spangenberg skryf in sy artikel : Waarheen gaan Jesus terugkeer? o.a. die volgende :
Quote:
Kerke hou mense met hul leerstellings gevange in die antieke wêreld met sy idee van ’n drieverdieping-heelal. Daarom verkondig kerke steeds ’n wederkoms wat alle mense op die ronde aarde sal sien. Binne ons uitdyende heelal is dit ’n godsonmoontlike ding.
Goed, so geen wederkoms nie. Check
Quote:
Kerke verkondig onwaarhede soos dat alle mense in sonde ontvang en gebore word en dat die dood God se straf op die sonde van die eerste mensepaar is. Daar was geen werklike Adam en Eva nie en die storie in Genesis 2-3 het niks met ’n sondeval en met die dood as straf op sonde te doen nie. Buitendien, dinosourusse het uitgesterf nog voordat daar enige mens op aarde was.
Ja nee kyk, as Ou Testamentikus en dosent van toekomstige dominees kan mens ook nie alles glo wat in die Bybel staan nie. Check.
Quote:
Kerke misken die Joodsheid van Jesus en dat hy homself nie met die idee van ’n Drie-eenheid sou vereenselwig nie. Jesus sou as Jood homself nooit aan Jahweh gelyk gestel het nie. Hy sou homself nooit as die letterlike seun van Jahweh voorgehou het nie.
Jesus is nie God nie, en die Drie-Eenheid is 'n leun. Check.
Quote:
Kerke se evangelie (sondeval-verlossing) het niks met die evangelie van Jesus van Nasaret (die ondergang van die Romeinse Ryk) te doen nie. Jesus sterf nie aan die kruis onder God se toorn nie, maar onder die toorn van die Romeinse Ryk! Kruisiging was ’n vorm van staatsterrorisme om onderhorige volke in bedwang te hou.
Die Evangelie bestaan nie, en moet eerder as 'n politiese verset teen die Romeinse ryk gesien word . Check, Check, en Check.
Neem in ag dat Sakkie Spangenberg onskuldig aan dwaalleering bevind is deur die NG Kerk. Wat op dees aarde gaan hier aan ? Is hierdie twyfeling en 'n opregte soeke na die waarheid soos wat Spangenberg voorgee, of is dit blatante Anti-Christelike uitsprake, reg in lyn waarteen die Bybel ons waarsku ?
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Hoe se hulle.....red nou 'n land met sulke mense! Verkondig nou die evangelie met sulke leraars? Daar gaan baie siele wees om te red na sy valse teologie.
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Ek dink hy het die stukkie in die Bybel wat skryf van mense soos hy al lankal dood gekrap .Dit is baie hartseer.
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Quote:
Originally Posted by
trudie
Ek dink hy het die stukkie in die Bybel wat skryf van mense soos hy al lankal dood gekrap .Dit is baie hartseer.
By die valse bewys God homself verkeerd. Daar is iewers so ʼn skrif.....aahhh...hier's hy.2Sa 22:26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg, 2Sa 22:27 by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Ons is op die oomblik besig om saans deur Jesaja te lees en jy wil sommer jouself verbeel jy sien van daardie simptome in ons eie land. 'n Mens sidder wanneer jy besef dat God mos nie tevrede kan wees met ons land nie. Die teolöe is besig met sulke dwalinge soos hierdie en die politieke leiers raak godslasterlikhede kweit. Dan wil ek soos Habbakuk sê:
Quote:
HERE, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees! HERE, roep u werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn, dink aan ontferming.
(Hab 3:2)
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Quote:
Originally Posted by
Die Filadelfieer
Neem in ag dat Sakkie Spangenberg onskuldig aan dwaalleering bevind is deur die NG Kerk. Wat op dees aarde gaan hier aan ? Is hierdie twyfeling en 'n opregte soeke na die waarheid soos wat Spangenberg voorgee, of is dit blatante Anti-Christelike uitsprake, reg in lyn waarteen die Bybel ons waarsku ?
Fila
Was dit in verband hiermee of iets anders? Hy is duidelik dat hy nie deel is van enige kerk nie, dus het hy die NG Kerk afgesterf. (Dankie daarvoor)
Dit bekommer my net dat hy voorgee dat hy 'n teoloog van die christendom is. Hy kan seker 'n teoloog wees, maar dit is definitief nie van Christus nie. Hy ken Hom glad nie, want vir hom is dit 'n mens. Dit is wat gebeur as mens geestelike dinge probeer om wêrelds te verklaar. Geen wonder dat die Bybel verklaar dat die wêreld die Lig sal haat nie en dit glad nie herken nie.
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Die dag wat ek my aan Sakkie Spangenberg steur moet nog kom. Ons moet net daar wees vir mense wat deur hom mislei word. Dankie tog my pa het my al vroeg hom en ander soortgelyke mense gewaarsku het. En die feit dat die NG Kerk homtoelaat kan net beteken dat hy "goeie" vriende het. Een van die redes hoekom ek nie in die NG kerke is nie.
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Quote:
Originally Posted by
Kalahari
Fila
Was dit in verband hiermee of iets anders? Hy is duidelik dat hy nie deel is van enige kerk nie, dus het hy die NG Kerk afgesterf. (Dankie daarvoor)
Dit bekommer my net dat hy voorgee dat hy 'n teoloog van die christendom is. Hy kan seker 'n teoloog wees, maar dit is definitief nie van Christus nie. Hy ken Hom glad nie, want vir hom is dit 'n mens. Dit is wat gebeur as mens geestelike dinge probeer om wêrelds te verklaar. Geen wonder dat die Bybel verklaar dat die wêreld die Lig sal haat nie en dit glad nie herken nie.
Die dwaalleer klag was vir 'n ander geval waar hy presief vir die dinge wat hy hier kwytraak aangekla was deur 'n student van die fakulteit waar hy doseer. Ek sal bietjie die skakels gaan soek en hier plak.
Ek praat onder korreksie as ek sê dat hy nog steeds vir NGK studente klas gee.
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Ek wonder hoeveel mense sit 'blind' in 'n kerk sonder om self die Bybel te lees en 'n persoonlike verhouding met God te beoefen??
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Een van die hartseerste dinge van die NGK was en is , is dat hulle lidmate nie geleer word om vir hulle self te dink nie , want die predikant het mos '7 jaar geleer en het al die kennis en wysheid in pag'. Die opdrag :'gaan toets die woord wat gespreek word aan die Woord' word nie gepredik of aangemoedig nie. Daarom is ek so jammer vir die effek van preke en leeringe van die 'Sakkies- op -die -kansel' . Ongelukkig het die oorspronklike Sakkie al n hele paar maatjies bygekry....
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Soms , wanneer die geleentheid hom voordoen, dan besoek ek ander denominasies....
,,, en Donderdag was so 'n dag.
Ons gemeente het eers in die aand kerk gehou, toe loop ek sommer by die kerk op die hoek van die straat in..
Julle, wanneer 'n Ds twee oorbelletjies dra :o Nee Dankie... Nie vir my nie, maak nie saak wat sy rede is nie, ek het al gehoor hulle gebruik dit as aanknopings punt om oor Jesus te getuig...:hmm:
Jammer, Nee dankie.
En dan nog.... "As julle wil nagmaal gebruik, doen so na die diens" Ja, ek kan verstaan dat hy nie mense wil onder druk plaas om dalk te sondig en Nagmaal te gebruik as hulle nie gereed is daarvoor nie, of wat ook al.... maar die Nagmaals formulier was :"Soos van ouds, was die Nagmaals formulier dat Jesus brood gebreek het en wyn geskink het vir ons verlossing?" ,,, en dit was dit :o
Vergewe my as dit klink soos skinder.... maar hoe afgewater kan mens se godsdiens word :hmm:
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Ta-An hoe laaik jy die een
Ek besoek 'n Kerk in my "suite"
Die prediker laat nie op hom wag nie, nog voor die preek begin het
NEE sê hy kliphard, ons moet nie dress in "suites", hoedens en mooi klere nie
Ons moet afkyk na wat ons jeug wil hê
Ons moet by hulle aanpas
Baie dra sommer plakkies en odd klere
Sommige meisies kom daar aan in kort broekies, jeans, nog so 'n dink deur die naaldjie ens...
Ek het hom amper gaan klap, want ek was die enigste een in Kerk met 'n suite aan
So dit was direk op my gerig
---Leviet---
Soek nog werk
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Haai Ta-An
Ek doen al die afgelope 14jaar sendingwerk in Suid-Afrika en in Afrika, lande soos Lesotho, Botswana, Namibië Zambië, ens.As mens nederig bly, is jou hoop op JESUS gevestig die hele tyd, en glo my elke dag is nie"love and charity" nie. Baie kerke erken sendelinge glad nie, selfs mense en kerke as hulle van sendelinge hoor en/of vra wat jy doen, dan distansieer hule hulle van so `n persoon. As jy bv. vra om jou getuienise in die kerk te gee, het hulle allerhande verskonings en / of maak nie weer met jou kontak nie. Om die Evangelie vir jouself te hou, is net so goed jy sê vir die HERE jy ontken HOM as jou verlosser en HERE. Die Woord sê ons moet die Woord gaan verkondig en maak die mense dissipels. Luister na wat GOD sê en gehoorsaam SY Woord
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Net 'n tegniese punt. Sakkie is nie sover my kennis trek ooit voor die kerk / kuratorium gedaag en/of verhoor oor lering/dwaalleer nie. As ek reg is het hy self die NG Kerk waarwel toegeroep.
Re: Om die Evangelie te ontken ....
Uit Bybel
Israel luister nie na Jesus (Engel van die Here) nie
Hulle terg Hom deur nie te glo dat hulle gaan wen nie
Hy straf hulle vir 'n VRUGTELOSE 40 jare lange woestyn tog
Dat almal wat twyfel kan uitsterf
Uit Bybel Nuwe Testament
Bybel geleerdes (Fariseërs, Sadduseërs en Skrif geleerdes)
Kruisig Jesus uit Sy eie Woord
Hulle kla Jesus aan uit Sy eie Woord
omdat hulle gewin na die mense gemik is