
Originally Posted by
Gene
Hebreers 6 : 4 - 6 sê "Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, 5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, 6 en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
As ek die teks reg verstaan, sê dit dat iemand wat eenmaal weergebore was, maar weggedwaal het en sy rug op die Here gedraai het, nie weer gered kan word nie. Maar wat dan van die gelykenis van die verlore seun? Gaan dit nie juis oor iemand wat sy rug op die Vader gedraai het en ver weggedwaal het nie?
'n Ander vraag: Is dit hoegenaamd moontlik om verlore te gaan as 'n mens eenmaal weergebore is? (Ons word tog nie gered op grond van ons dade nie)
Iemand het hierdie vrae onlangs aan my gestel en ek glo ek het 'n antwoord gevind, maar ek sal graag ander menings wil hoor
Gene,
Ek is oortuig daarvan dat iemand wat afdwaal... of terugval (backsliding), weer gered kan word en dat terugval of afdwaal 'n tydelike, neutraliteit of ongehoorsaamheid is, wat meer as een keer kan gebeur en in verskillende grade.
Tog glo ek dat Hebreërs 6 iets anders is... dit is iemand wat in vyandskap met Christus kom, Christene vervolg en openlik laster teen God en volhard daarin, sonder om sleg te voel of dat so persoon se gewete aangekla word. Hierdie selfde tendens kan seker met baie gebeur, maar min mense sal God openlik begin laster.
Ek is oortuig daarvan dat iemand wat bekend was as 'n kind van die Here... en dan so teruggeval het dat hy of sy God volhardend begin laster, die werk van die Heilige Gees tot niet maak en dat hierdie gedeelte in Hebreërs 6, saam gelees moet word met hierdie uitspraak...
Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.
(Mat 12:31-32)
Net iets oor volharding... dit kom met 'n proses en kan nie eenmalig 'n mens toegereken word nie...
Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.
(Jak 1:14-16)
Tog glo ek dat 'n gewortelde gelowige wat se grond in Christus diep is, nooit verlore kan gaan nie, net jong gelowiges of gelowiges met vlak grond, het hierdie risiko. Ouer gelowiges moet dit besef en moet ekstra, ekstra moeite doen, met huisgenote van die geloof...
Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe.
(Gal 6:10-11)
Veral die kleintjies onder die huisgenote...
Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele. En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My; maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see. Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.
(Mat 18:4-7)
Bookmarks