WOW! Dis baie mooi, Phil.![]()


WOW! Dis baie mooi, Phil.![]()
Phil , die arend wat so vlieg laat my so dink aan Jes 40 vs 31 : Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke ,hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.
Watter soort kamera het jy? Of sal dit advertensie wees as jy dit noem? Jou fotos is pragtig. Doet zo voort!
Ja, dit laat my ook aan daardie teksgedeelte dink, dit is een van my gunsteling teksverse.
Ek gebruik 'n Nikon D80
Hier is nog enetjie, hierdie is die pragtigste bokkie, dit is 'n rooiduiker, een van die kleinste bokkies wat daar is, hierdie outjie is al volwasse. Te sweet vir woorde
![]()
En dan 'n laaste een vir nou
![]()
Ek het darem gedink dis nie een van die 'models-wat-jy-oor-die-OK-bazaar-se-toonbank' koop nie! Om jou fokus reg te kry is baiekeer n probleem bv : Waar wil jy die fokus he , op die krokodil se kop , sy lyf of selfs die omgewing?
n Wenk wat ek by iemand eenkeer gekry het is om jou flits aan te skakel as jy n objek in die skadu van n boom afneem . Dan is jou objek genoegsaam belig en die omgewing 'absorbeer' die oortollige lig van die flits sodat jou foto nie oorbelig uitkom nie.
Ek het n Canon kamera wat nie weer in die Oranjerivier se water sal val nie...![]()
Ek is maar nog 'n amateur as dit kom by fotos neem.... maar hier is een van my gunstellings:
![]()
Hierdie is wat ek geneem het by 'n troue:
![]()
Mari , as jy n amateur is wonder ek hoe n pro se fotos lyk! Sit nog op?
Dankie Protea, ek sal nog opsit![]()
Ek het probeer van facebook af oplaai maar dit werk nie. Sal weer terug gaan na photobucket toe.
Foto geneem by North West for Jesus 11 Julie 2009
Hoekom is daar so baie 'kiekies' geskuif of verwyder?![]()
There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)
Bookmarks