Ek en my seun het Vrydagaand "huis skoon gemaak" na aanleiding van Tiaan Gildenhuys se teaching. Ons het al die demoniese/satanisties ens ens goed in ons huis op die stoep in ons braaier verbrand. Terwyl dit brand vra my seun toe of die demone nie in die braaier sal agterbly nie. Ons besluit toe om nadat die braaier deeglik skoon gemaak is om die braaier te salf en die demone te bind. Ons salf toe sommer dadelik ons motorfietse en ons ingang se hek. Terwyl ons by die hek bid voel ek asof iemand sy hand op my skouer sit, ek noem dit nie en nadat ons gebid het se my seun: " Die Here is kragtig, ek kon hom voel!" Ek bevestig toe dat ek ook die Heilige Gees se teenwoordigheid fisies gevoel het. Hy was daar en ek is seker dit was sy manier om sy goedkeuring uit te spreek oor waarmee ons besig was. Fantasties! Later die aand voel ek asof die gees my lei om oor hierdie voorval te getuig. Ek is nie juis 'n spreker nie maar bid toe vir God om my te wys of hy wil he ek moet getuig. Ek bid: "as die dominee Sondag aand 'n blou hemp aan het moet ek my ervaring met ons kerk deel"
Ons gaan ry Saterdag motorfiets. Voor ons ry bid ons vir SY beskerming. Ek misgis myself en val op 'n helling agteroor. Normaalweg sal die vierwiel motorfiets bo-op my val en ernstig beseer in so 'n situasie. Ek skree, Here! Die fiets val WEG van my en toe ek opstaan staan dit ongedeerd doer eenkant. Fantasties!
Vroeer vanaand stap ons dominee uit, hy het n blou hemp aan! Wel wat kan ek se. Ons GOD is Almagtig! Dominee getuig, hy het vier hempde aangehad voor hy die bloue aangetrek het, elke keer dan kyk hy in die spieel dan lyk dit nie reg nie, totdat hy die bloue aanhet. Hy het die hemp seker twee jaar laas aangehad!
Ons aanbid n lewende Almagtige GOD!
Amen!



Reply With Quote


.
en ek is seker hy geniet die vrug van gehoorsamheid 
Bookmarks