cure-real
Results 1 to 3 of 3

Thread: Moenie waarheid en liefde skei nie

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    Moenie waarheid en liefde skei nie

    So rukkie terug was hierdie onderwerp juis hier hanteer en hierdie artikel, soos hieronder ook aangehaal, spreek dit goed aan. Daar is geen liefde sonder waarheid nie... of is daar?

    "Min mense wat bewus is van wat rondom hulle aangaan vandag het nie al opgemerk dat die tyd waarin ons leef veral gekenmerk word deur die groot egskeiding tussen waarheid en liefde nie. Hierdie skeiding vind plaas op meer as een manier.

    Aan die eenkant is dit minder en minder mense wat eerlikwaar liefde kan hoor in enige onpopulÍre waarheid wat onverskrokke uitgespreek word. Hoe waar die uitspraak ookal mag wees, die spreker word summier as onverdraagsaam, fundamentalisties, dogmaties, eng, verkramp, ou-tyds, ongenuanseerd, ensovoorts, ensovoorts afgemaak. Ja om liefde daarin te hoor is die laaste ding wat die hoorder sal oorweeg. Aan die ander kant is daar weer die neiging om eerder nie die onpopulÍre waarheid aan iemand vir wie jy lief is, te sÍ nie. Die waarheid word eerder verswyg om so die sogenaamde ďvredeĒ te bewaar.
    Die Woord van die Here ken egter nie hierdie skeiding tussen waarheid en liefde nie. Dit is juis die liefde van God in die Evangelie wat die hardkoppige sondaar tot bekering oproep en vermaan om sy weŽ te verander. Dit is God se liefde wat waarsku van Ďn komende oordeel en Ďn ewige straf wat wag vir die goddeloses. Menige ander voorbeelde uit die Woord van die Here kan opgenoem word wat hierdie belangrike feit illustreer. Dat ons as sondaars alltyd liefde in die waarheid moet hoor, en verder ook altyd die waarheid moet meedeel aan die wat ons lief het. Die tekort aan laasgenoemde is dalk een van die groot redes waarom baie gemeentes in so Ďn hartseer toestand vandag is. Ons is bang om in liefde iemand met die waarheid van die Woord van die Here te konfronteer.
    Baie mense praat oor God se liefde vandag asof Hy nie ook mense hel toe stuur nie. Baie mense praat oor omgee en genesing in die kerk, asof die kerklike tug en ook afsnyding uit die gemeente nie ook tot genesing van die gemeente is nie.
    Laat ons daarom waak om nie hierdie twee, waarheid en liefde van mekaar te skei nie."
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  2. #2
    Join Date
    Oct 2013
    Posts
    153

    Re: Moenie waarheid en liefde skei nie

    Hlo cfj . Hierdie is n baie goeie draad en so nodig vir vandag se "polities of teologies korrekte " samelewing waarin ons lewe . Die Waarheid , Jesus Christus , Die Woord , word so verwater en verdraai deur sg liefde dat n mens Hom en Sy lering nie meer dAarin sien nie . God se' duidelik , Hy tugtig die seun wie Hy lief het . Hy se' Die Seun moes gehoorsaamheid leer deur Sy lyding . Ons "moderne samelewing verkondig "die liefde" as iets wat als moet miskyk , verdra, verberg en uiteidelik kom ons by vervals uit . God se liefde vereis absolute totale gehoorsaamheid , ja selfs tot die dood toe . Is ons as "christene " regtig bereid om soos die eerste christene in die roomse arenas voor die leeus te staan vir ons geloof . Ek wonder soms hoe sou ek optree in so n geval . Shalom

  3. #3
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,032

    Re: Moenie waarheid en liefde skei nie

    Quote Originally Posted by Charles View Post
    Hlo cfj . Hierdie is n baie goeie draad en so nodig vir vandag se "polities of teologies korrekte " samelewing waarin ons lewe . Die Waarheid , Jesus Christus , Die Woord , word so verwater en verdraai deur sg liefde dat n mens Hom en Sy lering nie meer dAarin sien nie . God se' duidelik , Hy tugtig die seun wie Hy lief het . Hy se' Die Seun moes gehoorsaamheid leer deur Sy lyding . Ons "moderne samelewing verkondig "die liefde" as iets wat als moet miskyk , verdra, verberg en uiteidelik kom ons by vervals uit . God se liefde vereis absolute totale gehoorsaamheid , ja selfs tot die dood toe . Is ons as "christene " regtig bereid om soos die eerste christene in die roomse arenas voor die leeus te staan vir ons geloof . Ek wonder soms hoe sou ek optree in so n geval . Shalom
    Ek stem saam met jou Charles. Mens hoor baie dat God liefde is en Hy is verseker niks anders as liefde nie. Tog word God se soewereiniteit (lees: absolute waarheid) en gesag nie altyd binne die konteks van Sy liefde verkondig nie. Dit is soos baie ouers wat liefs nie te kwaai met hulle stout kindertjies wil wees nie, want netnou dink die kinders hulle is nie lief vir hulle nie en daarom laat hulle maar eerder die kinders toe om basies te maak wat hulle wil. Dit kan 'n baie fyn lyn met groot misleiding wees, om liefde en waarheid of liefde en gesag te skei van mekaar... en veral as dit subtiel so gedoen word...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Is die "Waarheid" regtig belangrik?
    By CFJ in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 25
    Last Post: Jan 13th 2010, 01:49 PM
  2. Moenie Dominee Moenie!
    By Lukaris in forum Alles en nog wat
    Replies: 14
    Last Post: Aug 14th 2007, 08:39 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •