My persoonlike siening is dat beide Rom 6 en Kol 2 nie wys op 'n waterdoop nie. Skrif verklaar Skrif en die volgende gedeelte praat van 'n doop waar Christus gesterf het en weer opgestaan het, Sy kruisiging en Sy opstanding...
Maar Jesus antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan. En Hy sê vir hulle: Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter— en aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maar is vir hulle vir wie dit deur my Vader berei is.
(Mat 20:22-23)
Hier is duidelik geen waterdoop sigbaar nie en lees mens Rom 6 en Kol 2 aandagtig, dan wys dit 100% op wat hier in Mat 20 staan. Daar word van 'n doop gepraat wat die ou mens laat sterf en die nuwe mens laat leef of laat opstaan... en hierdie doop word vergelyk met Christus se sterwe en opstanding. Mat 20 wys daarop dat ons dieselfde doop as Christus sal ontvang. Watter doop maak mens werklik geestelike lewendig... die waterdoop of is dit 'n ander doop?
Rom 6 praat duidelik van die wedergeboorte...
Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
(Rom 6:3-11)
Kol 2 wys daarop dat dit wat met Christus gebeur het, nie met hande verrig word nie en vergelyk dit dan met die besnydenis, wat nie met hande verrig kan word nie. Die besnydenis word dan ook gelyk gestel aan die doop...
in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het. En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,
(Kol 2:11-14)
Deur dit aan die kruis vas te nael staan hier... en hierdie doop, word vergelyk met 'n besnydenis wat nie met hande verrig word nie. Word hierdie doop dan met hande verrig, kan mens vra?
Bookmarks