Twee vrae:
1) Ek is opsoek na 'n difiniëring van die konsep - Expositional / Expository Preaching
2) Hoeveel van julle predikante preek 'n Bybel boek van voor tot agter?
Hiermee glo ek ons almal oor saamstem, so glo ek : Meeste Afrikaanse Kerke ken nie "Expository Preaching" want hulle weet nie van beter nie!
Hier is my redes
1) "Uitleg" of "Expository Preaching" geheel en al afwesig van die kansels meeste predikante preek "tematies" of "topical"
2) Predikers se Minagting vir die gesag en onfeilbarheid v/d Woord lei toe dat hulle nie krag en nut van die Expository Preaching sien nie.
3) Toepassing v/d Skrif in daaglikse lewe is grootliks afwesig
4) Gebrek aan "Expository Preaching" of Vers vir Vers/ Boek vir Boek / Uitlegging v/d Skrif.
Die Afrikaanse Kerkganger -eet 'n gebalanseerde diëet van afval kos. Dis vergelykbaar met die Sjef wat glo hy sit goeie
bord kos voor as hy in die asblikke van die beste hotelle gaan krap. Dit voorsit met 'n heerlike room sous.
Sondag op Sondag gaan sit mense voor predikers wat hulle ore streel -- eerder as om te sê: Bekeer vandag is die dag van Redding...!
Sondag op Sondag hoor mense preke of eerder Motiverings Praatjies wat meer in gemeen het met die Huisgenoot as die Bybel. Dis soos borrelgom, jy kou en kou oor die preek maar by Woensdag is daar geen geur of smaak meer oor nie.
Hier is die algemene preek en dit is nie "Expository Preaching" nie.
1) Lees 'n Bybel vers en bid
2) Vertel 'n storie -
3) Aanhaling uit Joel Osteen / Joyce Meyers of selfs Steve Hoffmeyer
4) Nog 'n versie (uit konteks gewoonlik)
5) Nog 'n staaljie - motivering storie
6) Trane trekker storie
7) Aanspreek van Sosiale Kwessie (en nie Geestelike kwessies)
8) Oproep om die samelewing te verander en by Sosiale-Kwessies soos Vigs en Armoede betrokke te raak.
9) Gebed
Manne hier is ons vyand: Die kansel met die prediker wat nie akuraat handel met die Woord van God nie, die predikant want nie kan onderskei tussen Calvyn, Bultmann, of Karel Barth of Oprah Winfrey nie.



Reply With Quote




Bookmarks