Your Advert here
cure-real
Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 16 to 20 of 20

Thread: Definieer "Uitleg Prediking"

  1. #16
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Quote Originally Posted by Antonvs View Post
    Ek het besluit om vir julle die voorbereiding wat voorafgaan vir die lewering van 'n "Expository Sermon" of Uitleg preek.

    Hierdie binder bevat slegs Ephesiers 1:3-14 se voorbereiding

    Laai hier af

    Anton , die skakel wil nie oopmaak nie. Dit se net " This page cannot be found"

  2. #17
    Quote Originally Posted by Antonvs View Post
    Die kansel met die prediker wat nie akuraat handel met die Woord van God nie, die predikant want nie kan onderskei tussen Calvyn, Bultmann, of Karel Barth of Oprah Winfrey nie.

    ..........of moeder Theresa nie. I kid you not, ek was nou die dag in 'n kerk waar daar meer uit die moedertjie owerste se memoires aangehaal is as uit die Bybel. My vrou moes net keer of ek het my kop ritmies teen die bank voor my begin kap. So :

  3. #18

    Voorbereiding van 'n "Uitleg-Preek"

    Fila dis ongelooflik snaaks (met trane in my oë)

    Is dit nie net so gemaklik om 'n staaltjie oor Moeder T. of Lady Diana of gou deur die Huisgenoot te blaai vir preek voorbereiding. Ek dink meeste predikante kom nie eens naby die voorbereiding wat hulle behoort (soos die voorbeeld hieronder) wat hulle is soms so besig met administratiewe sake (en Bazaars / fondsinsamelings) dat hulle preke laaste in die lyn staan (Miskien moet ons Handelinge 6:1-8 weer besoek)



    So hier is 'n voorbeeld van die narvorsing wat ter voorbereiding was van 'n reeks preke oor Ephes 1:3-14 - "Die Drie-Eenheid se Meesterplan vir die Wêreld"


    Laai notas af:


    Skakel herstel
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  4. #19
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Quote Originally Posted by Antonvs View Post
    Fila dis ongelooflik snaaks (met trane in my oë)

    Is dit nie net so gemaklik om 'n staaltjie oor Moeder T. of Lady Diana of gou deur die Huisgenoot te blaai vir preek voorbereiding. Ek dink meeste predikante kom nie eens naby die voorbereiding wat hulle behoort (soos die voorbeeld hieronder) wat hulle is soms so besig met administratiewe sake (en Bazaars / fondsinsamelings) dat hulle preke laaste in die lyn staan (Miskien moet ons Handelinge 6:1-8 weer besoek)



    So hier is 'n voorbeeld van die narvorsing wat ter voorbereiding was van 'n reeks preke oor Ephes 1:3-14 - "Die Drie-Eenheid se Meesterplan vir die Wêreld"


    Laai notas af:


    Skakel herstel

    Die skakel wil nog steeds nie oopmaak nie.

  5. #20

    Verskil tussen Sistematiese Teologie en Uitleg Prediking


    Sistematiese Teologie neem 'n sekere onderwerp en maak 'n reeks logiese afleidings oor 'n bepaalde saak
    . Dus word soort gelyke teks verwysings oor 'n sekere onderwerp saam gestring om so oor 'n saak te spreek.

    Sistematiese teologie neem nie altyd in ag die volgende:
    a) Die onderwerp in 'n groter konteks
    b) Die onderwerp in die noue konteks
    c) Die onderwerp se ontwikkeling oor die geskiedenis van openbaring nie
    d) Die onderwerp se kronologiese en kontektuele raamwerk

    Daar is dus 'n plek vir Sistematiese Teologie maar nie as die uitstluitlike metode vir Preddking.


    Uitleg Prediking is nie Sistematiese teologie nie- Uitleg predeking besit unieke eienskappe:

    a) Uitleg predeking begin by die begin van 'n Bybel boek en ontleed die boek in sy geheel
    b) Uitleg predeking werk sistematies een vers op die volgende van 'n spesifieke boek deur
    c) Uitleg predeking werk verse deur in die raamwerk van grammatieka en geskiedenis.
    d) Uitleg predeking ontraffel die Bybelse boodskap beide in die onmiddelike konteks maar beweeg na die bree raamwerk om 'n geheel beeld te kry
    e) Uitleg predeking se doel is om die bybelse outeur se kern boodskap te ontleet.

    Probleem (tong in die kies) met uitleg prediking:

    a) Dit neem lank om deur 'n boek te werk (Lukas b.v. 7 jaar vir ouens soos Calvyn, John MacArthur ens)
    b) Die predeker moet soms 20-30 ure per week bestee om 'n gegewe teks te ontraffel a.g.v. tegniese / komplekse uitdagings van die teks.
    c) Die predeker word geforseer om die volle boodskap v/d Bybel te preek - en kan dus nie verse oor b.v. "Homoseksualiteit" en "Politiese onvanpaste" net uit te laat nie.
    d) Die uitleg predeker moet opeenvolgende verse- en kan dus net preek wat die Bybel oor 'n saak uitspreek. Hy kan dus nie na wille keur hier en daar 'n versie kies om te preek nie wat toetaal en al buite konteks is nie

    Probleem met 'n willekeurige predeking (werklike probleem)

    a) Mense leer nie die Bybel ken nie deur rond-en-bont rond te spring nie
    b) Mense kry nie 'n geheel beeld van 'n Bybel boek nie.
    c) Mense kry nie die volle boodskap van God nie
    d) Mense word soms gedwing om die Predikant se beperkinge t.o.v. "Belydenis-Skrifte" aantehoor en dus kry nie die volle boodskap nie.
    e) Mense moet soms (meestal) 'n gebrekkige interpretasie van 'n Skrif gedeelte aantehoor - aangevul met staaltjies en praatjies (Huisgenoot en Oprah Winfrey).

    Waarom Uitleg Predeking (Expository Preaching)

    a) Uitleg predeking is die enigste hoop vir die Kerk en die Christendom, dit het immers die Kerk uit die donker eeue geruk.

    b) Uitleg predeking is wat die vals-leering v/d Vage-vuur en Afkoop briewe uitgedaag en verkeerd bewys het.

    c) Uitleg predeking se her-ondekking (16de eeu) deur mense soos Luter / Zwingli en Calvyn sou ons dalk vandag nog voor 'n priester moes bieg, en voor afgode kerse brand, en met goeie dade ons tyd uit die vage-vuur (purgoratory)

    d) Uitleg predeking leer mense om die Skrif te leef en toetepas

    e) Uitleg predeking leer mense om die Skrif self te bestudeer en te ontleed

    f) Uilteg predeking leer mense om met die Swaard vaardig te wees

    g) Uilteg predeking hou vals leeraars op hul tone of eerder uit die bedienning
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Replies: 25
    Last Post: Mar 21st 2013, 10:41 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •