
Originally Posted by
rosie1
Ai Mari, Ek sit met trane in my oë wanneer ek na die foto van Rohan en jou getuienis sit en kyk. God gee spesiale kinders vir spesiale mamma's en jy is een van hulle. Dankie dat jy so positief is hieroor. Mag jy 'n blessing vir jou gesin en andere wees.
Vannaand gee ek sommer my kinders ;'n ekstra drukkie. Dankie vir jou getuienis
dankie Rosie...... ons is nou weer 'n moeilike tydjie deur met 'n getrekery - en autistiese kinders vind verandering nie so maklik so die res van ons nie...... maar die wa is deur die drif en dit gaan weer goed...... .......ondanks die omslommernis, het kleinman nie een keer tekens van fits of so iets getoon nie ( net so bietjie moeilik met 'n wil van sy eie met die inpak en uitpak )........
.... ek kan getuig dat die Here se genade weereens oorloop - dis nou al meer as 'n jaar sonder enige chemiese medikasie en hy begin in Januarie volgende jaar die akademiese baan saam met ander graad 1's - lees en doen al klaar somme dat die biesies bewe..... so saam met die lesery het sy woordekat ook sommer spronge vooruit gegee en sy spraak raak al duideliker.......
saam met die stryd kom altyd die genade
groetnis
m
Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
Bookmarks