Hi Philip, dankie vir jou skrywe, daar is net twee dinge wat ek graag wil aanraak wat jy dalk vir my kan uitlig.
[/font]
Eerstens sukkel ek om hierdie in lyn te bring met die res van jou plasing, kan jy moontlik vir my dit verduidelik?
[font=Arial][font=Verdana]
Ek het hierdie al 'n paar keer gehoor, maar dan wil ek tog vra. Word dit nie baie partikulier as ons by hierdie gedeelte kom nie?
Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.
Rom 9:17
Vir my is dit half problematies om die idee van vrye wil by dievolgende in te bring:
Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
Rom9:21
En dan wat van wanneer die Skrif sê iets is vir die verderf toeberei?
En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het,
Rom 9:22
Ek verstaan en sien ook die konteks duidelik in dat dit hier gaan oor Jood en nie-Jood, maar kom dit nie ook duidelik deur in die konteks van Rom 9 dat God by magte is om vir Hom kinders uit te verkies uit Jood en nie-Jood, Rom 9 maak dit duidelik dat die kinders van Israel soos die sand van die see is, maar net 'n handjie gaan oorbly, ook soos jy uitgewys het in vers 24 dat God ROEP vanuit Jood en nie-Jood. Sê die konteks van Rom 9 dat almal geroep is vanuit die Jode en heidenne of dat net sekeres geroep is vanuit die Jode en die heidenne.
Weereens baie dankie vir jou deelname hier, ek het baie respek vir jou oortuigings
Groete
Phil
Bookmarks