cure-real
Page 8 of 8 FirstFirst 12345678
Results 106 to 112 of 112

Thread: Hoe vry is vrye wil?

  1. #106
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Wat my aanbetref, ek glo dat ons op aarde leef met een doel, en dit is om mense vir God se Koninkryk te bereik. En daarvoor wil ek my beywer, sonder om my aan die uitverkiesing te steur, want dan gaan dit 'n hindernis op my roeping plaas.

    ...en woorde soos hierdie is wat Lighuis anders maak as ander forums. Wat jy hier geskryf het is vir my persoonlik baie pertinent, en die hoofrede hoekom ek nie verder aan hierdie debat sal deelneem nie. Wat is meer belangrik ? Om 'n debat "te wen" of iemand in sy of haar roeping te ondersteun ?

    Jy is waarlik 'n goeie en 'n wyse mens Gene, hoop om dit eendag persoonlik aan jou oor te dra.

  2. #107

    Uitverkiesing en vrye wil

    Goeiedag. :-)

    Is hierdie draad nou afgehandel of lees iemand darem nog hier?

    Ek is nuut op die forum en het hier beland nadat ek op die internet begin soek het na inligting en gesprekke oor die uitverkiesing.
    Ek het grootgeword met die gereformeerde leer oor die uitverkiesing, maar was diep binne in my hart nog nooit heeltemal gelukkig daarmee nie. Het dit egter aanvaar soos ek dit geleer het en myself gelukkig probeer hou met die verduideliking dat God almagtig en alwetend is en vooraf geweet het wie Sy genadige verlossing (uit eie wil) sou aanvaar en wie nie. Daarvolgens is sekere mense dus uitverkies en sommiges nie.

    Na gesprekke hieroor met vriende die afgelope ruk, het 'n vriend se uitspraak dat alle mense uitverkies is, maar dat nie almal Jesus se verlossing aanvaar nie, my weer diep hieroor laat nadink. Ek het besef dat dit vir my meer logies klink as die uitverkiesingsleer waarmee ek grootgeword het. (Amper soos die see wat nie meer in die hiernamaals sal wees nie en wat vir my nog altyd so half ongeloofbaar was, maar gelukkig het ds. Isak my hieroor gerusgestel! )

    Ek was ongelooflik bly toe ek hierdie forum...en veral hierdie bespreking....hier ontdek. Het 'n klomp van die poste gekopieer en uitgedruk en gaan vanaand in diepte daarna kyk.

    Baie dankie aan almal se bydraes en insigte. Indien mense nog hieroor gesels, sal ek later ook 'n bydraetjie maak oor hoe ek dit ervaar.

  3. #108
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,996
    Blog Entries
    10
    Welkom Rosi

    Hierdie is al 'n bietjie van 'n ou draad, ,, maar ek is seker dat wanneer die moderators van die Forum weer aanlyn kom sal hulle dit vir jou kan split en lekker daaroor met jou begin gesels...
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  4. #109
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,994
    Blog Entries
    6
    Hi Rosi, welkom hier by ons, ag, hierdie draad is nie so oud nie, so vra sommer jou vra hier, dan bespreek ons dit net verder

    Groete
    Phil

  5. #110
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    5,345
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Ok, goed dan, so as ons nie 'n vrye wil het om God te kies nie (soos ek en jy reken), kan mens dan 'n vrye wil h om jou geloof te verloor
    Phil

    Volgens John Wesley en Jacobus Arminius, wat die grondslag van die Metodisme gel het, kan jy wel jou redding verloor:

    Salvation can be lost, as continued salvation is conditional upon continued faith


    Ek glo dat die mens 'n keuse het om te besluit wat hy wil doen en glo, en nie marionette van God is nie:

    Revelation13:5. (KJV Bible Commentary)
    .. All is under the permissive direction of God, as with Job and Satan long ago (cf. Job 12).

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

  6. #111
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    5,345
    Dis wat die Woord ons teen waarsku:

    Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. (Heb 3:12)

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

  7. #112
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Johannes 10

    24 En die Jode het Hom omring en vir Hom ges: Hoe lank hou U ons in onsekerheid? As U die Christus is, s dit vir ons ronduit.

    25 Jesus antwoord hulle: Ek het dit vir julle ges, en julle glo nie. Die werke wat Ek doen in die Naam van my Vader, di getuig van My.

    26 Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle ges het.

    27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

    28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

    29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.


    30 Ek en die Vader is een.

    31 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig.
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •