Your Advert here
cure-real
Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 15 of 40

Thread: Die doel en aard van die Bybelskool

  1. #1
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,706

    Die doel en aard van die Bybelskool

    Hierdie nuwe forum-afdeling het ontstaan vanuit gesprekke tussen my (Philip du Toit), Ferdi Alberts (CFJ) en Anton Van Straaten (Antonvs). Daar het 'n behoefte ontstaan na 'n aanlyn bybelskool waarin gebruikers basiese eksegetiese en teologiese vaardighede kan bekom, asook om 'n basiese kennis van die grondtale waarin die Bybel geskryf is, op te doen. Ek en Anton is die modereerders van die forum.

    Die doel en aard van hierdie subforum:

    1. Die bedoeling is om kort kursusse of lesings aan te bied wat die gebruiker in staat sal stel om 'n basiese teologiese kennis op te doen en hom / haar die vaardigheid sal gee om self by antwoorde in die Bybel uit te kom, deur middel van metodes van eksegese en interpretasie van die Bybel.

    2. Die subforum is dus nie bedoel as debatsforum of forum waar ons ons standpunte teenoor mekaar gaan afspeel nie. Daar is genoeg ander subforums daarvoor.

    3. Hier is wel ruimte om verskillende interpretasies aan die orde te stel, maar dit gaan op 'n objektiewe manier aangebied word. Die doel is die verskaffing van informasie en / of metodes van interpretasie.

    4. Hier is ook geleendheid vir vrae wat ons so objektief as moontlik wil probeer beantwoord. Die oomblik wanneer die onderwerpe meer in die rigting van diskussie beweeg, sal dit verskuif word na die toepaslike subforums.

    5. Vir die begin gaan ek en Anton ons eie onderwerpe inlei en hanteer (met wedersydse insette). Ons sal sien hoe dit ontwikkel en die styl moontlik dienooreenkomstig aanpas.

    6. Ons sal ook 'n tipe gradering plaas op die lesings (basies, gevorderd, tegnies). Die leser kan dan self kies hoe diep hy / sy wil delf.

    Enige voorstelle sal waardeer word.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  2. #2
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post

    Dis n WONDERLIKE idee en ek is seker almal sal met my saamstem! Skuif die boeke OOR Jesus van die tafel af en bestudeer GOD SE WOORD! Of is ek nou darem bietjie radikaal? Ek het net so n DING oor almal wat dagstukkieboeke skryf , vandaar my reaksie...

    Mag die Bybelskool geseend wees!

  3. #3
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    South Africa
    Posts
    94
    Baie goeie idee!
    Wie gaan die inhoud publiseer.
    Ek het idees as julle sou wou hoor...ons kan bietjie gesels af lyn.

    Julle ouens doen wonderlike werk!

  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10
    "Skool": Gaan ons toets skryf??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  5. #5
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Dankie Philip en Anton, ons weet ons kan hierdie in julle bekwame hande los en sien uit na dit wat julle ons gaan bring. Sou julle enige hulp nodig hê (met hulp bedoel ek modereringshulp, want ek dink julle is meer as bekwaam in die veld ), laat weet net, ek help graag.

    Ek bid julle die Here se seën toe in hierdie projek

    Groete
    Phil

  6. #6
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,706
    Dankie Phil.

    ACCM.

    "Skool": Gaan ons toets skryf??
    Ek het nogal daarin gedink... Maar hoe gaan ons seker maak dat niemand koekeloer nie?
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  7. #7
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post

    ACCM.

    Ek het nogal daarin gedink... Maar hoe gaan ons seker maak dat niemand koekeloer nie?
    'n Mens koekeloer net as jy wegkruipertjie speel

    Ek dink dit is 'n puik idee vir 'n forum
    Sterkte!!
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  8. #8
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,494
    Net iets wat ek sommer so sit en dink. In alle waarskynlikheid sal meeste mense nie hier kom lees nie, maar die wat ernstig oor 'n bediening is, kan mens aanvaar sal veel eerder 'n forum soos hierdie besoek.

    Al word hier net een mens opgelei, kan mens nooit bepaal hoe groot vis dit is, wat vir die Here gevang is nie. Abraham Kuyper het vele visse (duisende) vir die Here gevang, omdat hy gawes gehad het en teologies dinge vir mense kon uitklaar, wat meeste mense nie instaat is, om te kan doen nie. 'n Ou wasvrou het hom egter na die Here gelei, na hy al 'n doktor in godsgeleerdheid was. Sy het bloot gesê dat hy nog nie God se Gees het nie en daardie woorde het hom tot God gelei. Sy het net een vis vir die Here gevang, maar die vis wat sy gevang het, het duisende ander visse gevang. Al daardie duisende sal haar ook toegereken word.

    Miskien is dit hoe mens moet kyk na hierdie forum, om mense op te lei in die Here en om hulle diensbaar te maak en by te staan, in sovêrre teologie 'n bydrae kan maak, saam met al die ander geestelike toerusting wat elders in Lighuis en op Bibleforums is. Die moderators wat verantwoordelik vir hierdie forum is, het ons almal se bemoediging nodig. Wat hulle hier doen is die vrug van 'n forum soos hierdie, want gelowiges moet kan bedien en hier kan mens die nodige struktuur verskaf, aan sulke gelowiges. Mense het vrae en iemand wat verantwoordelik in hul bediening staan, gaan iewers met suiwer teologiese begrippe te doen kry, inteendeel, gaan gereeld met teologiese begrippe te doen kry. Teologie is aan die einde van die dag onlosmaaklik verbind aan enige bediening. Selfs leke-predikers maak suiwer gebruik van teologie en mens hoop dat soveel as moontlik mense dit wat hier verskaf word, sal benut tot volle voordeel.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  9. #9
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Pretoria, South Africa
    Posts
    16
    Mag God hierdie forum seën!

  10. #10
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Roodepoort, South Africa
    Posts
    46
    Beslis 'n briljante idee! Dankie en mag God die aktiwiteite seen!

  11. #11
    Join Date
    Apr 2008
    Location
    newcastle south africa
    Posts
    9

    Aansoek

    Waar doen ek aansoek.Dit is presies wat ek gesoek het,maar nou is ek baie dom met rekenaars en forums maar bereid om te leer soos julle kan sien.Laat ek net se ek het al baie ure op die internet en op webblaaie gespandeer om n forum te soek soos julle.Party se taal gebruik was so kru dat ek onmiddelik die blaaie toe gemaak het en verder gesoek,party was ooglopend deur dwaalleer deurspek dat jy maar padgegee het en verder gesoek het.Ek het net geweet ek sal die regte blad eendag raakloop en deur God se groot genade het ek toe by julle uitgekom.Want God se woord leer ons wie soek sal vind.Ek is baie dankbaar want dit voel vir my ek het tuis gekom .. kan julle my asb verder help?
    Groete in Jesus..Koekoes

  12. #12

    Welkom Koekoes

    Waarom spring jy nie weg met ons Bybelstudie maraton - gaan na die skakel Bybelstudie Maraton 2008

    Welkom, en klik net hier http://bibleforums.org/showthread.php?t=120525
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --

    www.collegia.blogspot.com

  13. #13
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699

    Eerder laat as nooit

    Hi Anton,

    Ek probeer duer forums volg, en wil die files dload, maar word vir login gevra ( het IE7 ) en wou weet of die files nog beskikbaar is?

    Besef het seriouuuus studie nodig Kort baie help met die struktuur en rigitng van die studies.. dink ook dat die basic ? doctrines ? goed sal wees sodat ek kan verstaan wat Woord se behalwe dat ek in Jesus moet glo as God se seun wat mens geword het en ons sondes op Hom geneem het om ons met God te versoen, deur Sy kruisdood ons van sonde verlos het en dat ons in Hom geheilig word.

  14. #14

    Willem

    Hi Willem

    Ek sal jou begelei deur die Kursus - laat weet my deur
    kort-boodskap (personal message) jou email en dan
    werk ons dit so deur.
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --

    www.collegia.blogspot.com

  15. #15
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,279
    Blog Entries
    7
    Ek sal graag deel wil hieraan om meer te leer, het maar min insig oor die bybel en brand om meer te kan verstaan.

    Ek het Johannes begin lees, maar alles maak nie altyd sin nie. Ek wil regtig meer weet, en brand om meer van Jesus te weet en verstaan.

    Ek is 'n afrikaner in hongarye, en ons verstaan glad nie mekaar nie. Dus is dit moeilik vir my om iemand te benader om verduidelikings te gee aan wat ek nie verstaan nie.

    Regtig gretig om meer te weet.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Teologiese Skole se doel in ons dag?
    By CFJ in forum Alles en nog wat
    Replies: 13
    Last Post: Jan 7th 2010, 12:53 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •