cure-real
Results 1 to 8 of 8

Thread: Beginsels van eksegese - Lesing 1

  1. #1
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,847

    Beginsels van eksegese - Lesing 1

    Inleiding

    Die woord “eksegese” kom van die Griekse woord eksegeomai (εξηγεομαι), wat beteken “om uit te lei.” Dit word in ‘n figuurlike sin verstaan as die “uitlei” van die betekenis van ‘n teks, wat in hierdie geval die teks van die Bybel is. Die beste Afrikaanse vertaling is waarskynlik die woord “verklaar.” Dit is die manier hoe Joh 1:18 ook in die 1933/1953 Vertaling vertaal is: “Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar (εξηγεομαι).” Christus het inhoud en betekenis kom gee aan die aard en wese van die Vader. In akademiese konteks sal eksegese ook vertaal word met “uitlegkunde.”

    Eksegese van die bybelse teks is van uiterste belang. Goeie, grondige eksegetiese beginsels is onmisbaar om enige opinie of interpretasie te vorm van Bybelse waarhede. Dikwels word opinies oor die Bybelse teks gevorm aan die hand van die interpretasies van ander mense (bv. teoloë, kerklike dogma, tradisie, ens.) sonder dat dit verantwoord kan word aan die hand van selfstandige eksegese van die Bybel.

    Eksegese is dus nie ‘n bepaalde interpretasie of standpunt nie, maar ‘n vaardigheid om self te ontdek wat die Bybelse teks vir ons beteken. Dit is tegnieke en beginsels om self by antwoorde uit te kom. Hierdie reeks lesings het ten doel om die leser basiese vaardighede te leer om eksegese van die Bybel te doen.

    Voortaan sal in hierdie lesings verwys word na die Bybelse teks as die “teks” en die een wat dit lees en interpreteer, die “leser.”

    Die voorveronderstellings en węreldbeskouing van die leser

    Eksegese is altyd verbonde aan die węreldbeskouing en voorveronderstellings van die leser. Die woord “voorveronderstelling” is ‘n wetenskaplike term wat verwys na die basiese vertrekpunt, geloofstand, of geloofsoortuiging waarmee die leser werk. Hierdie voorveronderstellings is verweef met die leser se “węreldbeskouing.” Niemand staan los hiervan nie. Dit verwys na iemand se onderliggende referensie-sisteem. Dit is dikwels ‘n onbewustelike sisteem aan die hand waarvan iemand betekenis toeken aan sy omgewing, en bepaal hoe hy / sy die impulse van sy / haar omgewing interpreteer. ‘n Węreldbeskouing is dus ‘n basiese interpretasie-sisteem wat saamgestel is uit jou beeld van God, jou verstaan van die wetenskap, die oorsprong van lewe, moraliteit, poletiek, media, geskiedenis, etiek, die menslike natuur, ens. Noebel [2006] onderskei tussen 6 basiese węreldbeskouings: 1) 'n Bybelse węreldbeskouing, 2) Islam, 3) Sekulęre Humanisme, 4) Marksisme-Leninisme, 5) Kosmiese Humanisme (New Age) en 6) Postmodernisme. Faktore wat ‘n invloed uitoefen op mens se węreldbeskouing is jou opvoeding, jou ouerhuis, jou vriende, die media, jou sosiale omgewing (bv. groepsdruk), die wetenskap, jou eie persoonlikheid, ens.

    Dikwels is mense as’t ware slagoffers van hulle omstandighede en is hulle węreldbeskouing die produk van die manier hoe hulle deur al die invloede op hulle lewe meegesleur is. In sulke gevalle sal hulle eksegese geneig wees om die status quo van hulle eie węreldbeskouing te bly behou, of vir diegene wat wel harder opsoek is na antwoorde, sal hulle geneig wees om staat te maak op interpretasies van ander en dikwels van een lering na ‘n ander geslinger word.

    Iets wat baie nou verband hou met węreldbeskouing en voorveronderstellings, is die eksegeet se ingesteldheid. Iemand met ‘n erge vorm van “slagoffer-mentaliteit” (soos wat hierbo beskryf is), gaan voor die uitdaging staan om krities teenoor homself te staan. ‘n Goeie eksegeet is iemand wat objektief en krities kan staan tenoor sy eie węreldbeskouing en sy eie tradisie of voorveronderstellings. Die eerste stap in hierdie rigting is om bewus te wees van jou voorveronderstellings. Dit kan die leser help om ‘n groter mate van objektiwiteit te bekom in die manier waarop hy / sy eksegese doen. ‘n Swak eksegeet sal geneig wees om bloot sy voorveronderstelling te bevestig. Sy “eksegese” raak dan eerder ‘n manier waarop hy kapstok-tekste gee vir sy voorveronderstellings. Teksverse word dan dikwels buite konteks aangehaal om hierdie doel te dien. Sy hantering van die teks van die Bybel is dan nie meer “eksegese” nie, maar “eisegese” – inlegkunde – hy / sy lees in die teks in net wat hy / sy wil.

    ‘n Ander faktor wat ook ‘n rol speel is die wil van die leser. Iemand wat nooit geleer het om selfstandig te dink in ander areas van sy / haar lewe nie, gaan dit moeliker vind om selfstandig met die teks van die Bybel te werk. Hierdie reeks lesings het ten doel om die leser bemagtig om 1) self die teks te interpreteer en 2) so objektief as moontlik die resultate van sy / haar eksegese te volg waarheen dit ook al lei sodat dit ook 3) kritiek kan lewer teenoor sy / haar eie voorveronderstellings.

    Menslike beperktheid, die geestelike dimensie en epistemologie

    Hiermee saam gaan ook 'n erkenning van die mens se beperkte verstaansvermoë. Wanneer mens vanuit 'n Bybelse węreldbeskouing opereer, spreek dit vanself dat mens nie net glo in 'n fisiese dimensie nie, maar ook 'n geestelike, metafisiese (anderkant die fisiese) dimensie. Dit wil sę ons glo dat ons meer dinge kan ken en as 'n realiteit kan beskou as is dit wat ons 1) met ons natuurlike sintuie kan waarneem, 2) wat ons met ons natuurlike rede en verstand kan verstaan, en 3) wat ons in menslike taal kan uitdruk. In die wetenskap word verwys na die manier hoe ons kan ken as "epistemologie." Dit kom van die Griekse woord epistęmôn (επιστημων), en beteken om "om kennis en ervarings te hę" of "om intelligent te wees" (sien bv. Jak 3:13). Dit verwys na hoe ons kennis van die reële węreld (van dit wat werklik bestaan) kan opdoen. 'n Sekulere humanistiese węreldbeskouing byvoorbeeld werk met 'n naturalistiese epistemologie. Dit beteken hulle glo dat mens slegs kennis kan hę oor dinge wat mens met die natuurlike sintuie kan waarneem. Slegs 'n fisiese, natuurlike kosmos bestaan. Die geestelike / metafisiese dimensie word nie erken nie. Daar word 'n natuurlike verklaring vir alles gegee. Die wetenskaplike metode (wat empiries, deur natuurlike meetinstrumente waargeneem kan word) is vir hulle die enigste geldige epistemologiese gereedskap. Vir die bybelse Christen vorm die natuurlike sintuie en dus die wetenskaplike metode slegs 'n gedeelte van sy epistemologiese gereedskap, hoewel dit steeds 'n geldige, noodsaaklike stuk gereedskap bly. Maar ons kan ook kennis opdoen deur geestelike sintuie: geestelike aanvoeling, geestelike emosie, geestelike oë, ens. Natuurlik is hierdie sintuie moeilik om in menslike terme te definiëer, maar dit is juis omdat dit in 'n metafisiese dimensie lę, en omdat menslike terminologie en taal verbonde bly aan die natuurlike, fisiese węreld waarin ons leef. As ons dus erken dat ons geestelike kennis kan besit, dan sę ons daarmee dat ons natuurlike rede en taal in gebreke bly om die geestelike dimensie in sy volheid te kan vasvang of beskryf.

    Die rol van die Heilige Gees en hermeneutiek

    Hoe goed ook al ons kan eksegese doen, kan ons daarom nooit bloot op 'n natuurlike wyse by die dieptedimensie en -betekenis van die teks uitkom nie. Want as ons erken dat God deur sy Gees die teks van die Bybel geďnspireer het, en dat die teks van die Bybel getuig van Sy werk en karakter, dan glo ons ook dat daar meer agter die teks van die Bybel lę as die woorde en die taal van die teks self. "Hermeneutiek" verwys na die toepassing van eksegetiese resultate. Dit kom van die Griekse hermeneuô (ερμηνευω) en beteken "om te verduidelik, verklaar, interpreteer." Waar eksegese as't ware die kombuiswerk is, is hermeneutiek die manier waarop dit wat in die kombuis voorberei is, bedien word. Dit is die manier waarop die teks verstaanbaar gemaak word vir vandag. Die rol van die Heilige Gees is onmisbaar in die proses van hermeneutiek. Ons kan nie geestelike kennis opdoen van God se Woord en Gees sonder dat die Gees self sy rol as Hermeneut (Interpreteerder) vervul nie.

    Die rol van die Heilige Gees in die proses van interpretasie is dus die punt waarop tegniese vaardighede en ons verhouding met God mekaar ontmoet. Pogings tot eksegese en hermeneutiek kan dus nooit die bedoeling agter die teks van die Bybel tot sy reg laat kom sonder 'n ontmoeting met die Persoon en werk van God se Gees self, wat die Bybel geďnspireer het nie. Presies hoe hierdie balans tussen praktiese, natuurlike eksegetiese metodes en die Heilige Gees moet wees, is 'n groeiproses en leerproses wat tyd en toewyding verg met die teks van die Bybel tesame met die Persoon van die Heilige Gees.

    Wanneer ons tot konklusies kom oor die Bybel, bly dit myns insiens belangrik om beskeie te bly, aangesien ons altyd moet rekening hou met die menslike faktor, en dit is naamlik dat ons verstaan in hierdie lewe in gebreke bly om die volheid van God in terme van die natuurlike rede uit te druk. Ons ken nou ten dele, maar eendag sal ons ten volle ken, want dan is ons liggame verheerlik en getransformeer sodat ons God van aangesig tot aangesig kan sien (1 Kor 13:12; 1 Kor 15:52-53). Indien ons oop en ontvanklik bly vir die korreksie van die teks van die Bybel en die Heilige Gees, dan behoort dit makliker te wees om begrip te hę vir ander se standpunte en dan behoort dit ook makliker te wees om ons eie standpunt te verander as dit moet.

    Samevatting

    Die uitdaging in die proses van Bybelinterpretasie is:

    1) om eerlik te wees oor jou eie voorveronderstellings en bereid te wees om dit op die tafel te plaas.
    2) om so objektief as moontlik die resultate van eksegese van te teks te volg waarheen dit lei.
    3) om die beperktheid van die menslike rede en die natuurlike dimensie van taal en menslike kategorieë te besef.
    4) om toe te laat dat die Gees van die waarheid ons in die hele waarheid lei (Joh 16:13).
    5) om beskeie te bly oor interpretasies en altyd oop te wees vir korreksie.

    Verwysings

    Noebel, DA 2006. Understanding the times. The collision of today's competing worldviews. Summit Press. Colorado. Sien www.summit.org vir meer informasie.
    Last edited by Philip dT; Mar 20th 2008 at 08:47 AM.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,891
    Quote Originally Posted by Philip dT View Post

    Noebel [2006] onderskei tussen 6 basiese węreldbeskouings: 1) 'n Bybelse węreldbeskouing, 2) Islam, 3) Sekulęre Humanisme, 4) Marksisme-Leninisme, 5) Kosmiese Humanisme (New Age) en 6) Postmodernisme. Faktore wat ‘n invloed uitoefen op mens se węreldbeskouing is jou opvoeding, jou ouerhuis, jou vriende, die media, jou sosiale omgewing (bv. groepsdruk), die wetenskap, jou eie persoonlikheid, ens.
    Philip,

    Waar sou mens byvoorbeeld die tipiese Afrika-denkwyse of węreldbeskouing indeel, in die bogenoemde 6 verskillende węreldbeskouings?

    Dit sal ook interessant wees om te kan verstaan wat die verskil tussen Sekulęre Humanisme en Kosmiese Humanisme is? As ek kan raai dan lyk die Sekulęre een na 'n Westerse węreldbeskouing en die ander een Oosters?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #3
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,847
    Hallo Ferdi.

    Hierdie onderwerp verg eintlik 'n lesing op sy eie.

    Maar om bondig te probeer antwoord, www.summit.org (skakel hierbo) het 'n tabel wat bietjie meer uitbrei oor die węreldbeskouings.

    Ek dink jy is reg dat sekulęre humanisme oorwegend meer westers is en kosmiese humanisme meer oosters.

    Sekulęre humanisme is gebou op 'n suiwer naturalisme epistomologie, m.a.w. kennis is slegs geldig wat opgedoen word deur die wetenskaplike metode, wat te doen het met waarneming deur die natuurlike, fisiese sintue (empiriese metodes). Die bonatuurlike word by voorbaat ontken. Dit het in wese 'n ateďstiese vertrekpunt. Iets soos die evolusieleer is op hierdie tipe voorveronderstellings gebou.

    Kosmiese humanisme het 'n monistiese bekouning van die realitiet en is gebou op 'n panteďstiese uitgangspunt, wat panenteďsteise permutasies ook insluit. Dit neig na die verstaan van 'n onpersoonlike godheid wat as't ware in alle dinge bestaan. Alle dinge word op een of ander manier met hierdie godheid in verband gebring - die fisiese węreld, die goeie en die slegte. Die "Star Wars" filosofie sou goed tuishoort binne hierdie węreldbeskouing. Boeddhisme en ander oosterse filosofieë sluit ook hierby aan.

    Ek sou sę dat jou gemiddelde kerkgaande Suid Afrikaner 'n hibriede węreldbeeld het, naamlik 'n węreldbeeld wat deels bybels is en deels leen vanuit sekulęre humanisme. Iets soos "teďstiese evolusie" is 'n tipiese voorbeeld van 'n mengsel tussen 'n bybelse węreldbeskouing en 'n sekulęr humanistiese węreldbeskouing.

    Kosmies humanistiese neigings word dikwels raakgesien in progressiewe Christene en kom snaaks genoeg ook voor by agnostici of sekere ateďste. Dit is ook die tendens wat gesien kan word by baie teologiese instansies. Walter Wink sit dit goed uiteen in sy boek: "Engaging the powers." Dit kom neer op 'n monistiese siening, wat te doen het met 'n vermenging / eenheid van die fisiese en metafisiese realm. Ek haal aan vanuit sy boek "Engaging the Powers":

    "This new world view (see fig 5.) is emerging from a confluence of sources: the reflections of Carl Jung, Theilhard de Chardin, Morton Kelsey, Thomas Berry, Matthew Fox, process philosophy, and the new physics. It sees everything as having an outer and an inner aspect. It attempts to take seriously the spiritual insights of the ancient or biblical worldview by affirming a withinness or interiority in all things, but sees this inner spiritual reality as inextricably related to an outer concretion or physical manifestation." (eie aksente)

    Ek bespreek die onderwerp van węreldbeskouings 'n bietjie meer breedvoerig in die artikel: Maintaining a biblical world view.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  4. #4
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,891
    Dankie Philip,

    Ek het gaan kyk na die tabel oor węreldbeskouings in die skakel wat jy gegee het, maar kan nog steeds nie bepaal waar Afrika sou inpas nie. Die Rooihuide van Amerika en 'n paar ander is byvoorbeeld ook vir myself moeilik om te plaas, sou mens die 6 verskillende węreldbeskouings opweeg. Ek besef vir baie sal dit seker sensitief wees, juis oor Afrika se sensitiwiteit oor velerlei sake, maar ek sou graag wou weet, bloot oor nuuskierigheid en natuurlik ook om dit te kan verstaan.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  5. #5
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,847
    Ek sien nou eers dat ek nie heeltemal jou vraag reg gelees het nie. Ek het geantwoord in terme van die węreldbeskouing van 'n gemiddelde Suid-Afrikaner soos ek en jy.
    Ek dink nie die ses węreldbeskouings wat Noebel behandel is 'n volledige stel węreldbeskouings nie. Ek dink die Afrika-węreldbeskouing is beslis een op sy eie, net soos baie van die ander unieke kultuurgroepe.

    Die Afrika-węreldbeskouing in die tradisionele sin bou sterk op animisme, waar mistiek, towery, "mana" en "totem" sentrale konsepte is. Objekte staan in 'n mistieke verhouding met die lewe. Dit vind uitdrukking in taboes, rituele, inisiasie en publieke uitdrywing. Hulle verstaan ook dat die mens in 'n onlosmaaklike verband staan met jou voorouers en dat voorvadergeeste steeds 'n sentrale deel uitmaak van hulle geestelike belewenis. Hierdie voorvadergeeste word meer reëel as die godheid waarin hulle glo, ervaar. 'n Godheid is meer onpersoonlik en ver, hoewel hulle in 'n godheid as skepper glo.

    Die geestelike dimensie staan vir hulle in onlosmaaklike verband met die fisiese węreld. In hierdie sin is daar tog ooreenkomste met 'n kosmies humanistiese węreldbeeld. Die verskil is dat geestelike magte meer as persoonlike magte beleef word.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  6. #6
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,891
    Dankie vir jou moeite. Ek moet sę, dit maak dit heelwat duideliker, want ek kon net nie sien waar die Afrika-węreldbeskouing sou inpas nie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  7. #7
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Roodepoort, South Africa
    Posts
    46
    Is daar n maklike manier om die lesings te print?

  8. #8
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,891
    Nardus,

    Gaan na "Thread Tools" en klik op "Show Printable Version", op die "Task Bar" by die eerste plasing in hierdie draad. Andersins kan jy dit "copy & paste" in 'n "Word" dokument.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •