Your Advert here
cure-real
Results 1 to 2 of 2

Thread: Doel en reëls van hierdie forum

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Doel en reëls van hierdie forum

    Enige iemand is welkom om hier jou vrae te vra, sou jyself nie 'n gelowige soos in Jesus Christus wees nie, verwysende na agnostici, ateïste en ongelowiges. Aan almal wat nie 'n ontmoeting met Jesus gehad nie, plaas asseblief julle plasings in hierdie draad en lees eers die reëls soos uiteengesit hieronder in "Christians Answer", voor jyself hier deelneem.

    http://bibleforums.org/showthread.php?t=90835
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  2. #2
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Let a.s.b. veral op dievolgende reëls:

    * Al voel jy dalk nie jy staan onder die riglyne van die Woord van God nie, verwag ons steeds van jou om met die hoogste mate van respek met ander hier te kommunikeer.
    * Laster, argumentering of die maak van 'n bespotting van die Christen geloof sal nie hier geduld word nie.
    * SLEGS EEN nie-Christen mag per draad deelneem, dit gaan nie toegelaat word dat meer as een nie-Christen in 'n draad deelneem nie, elke vraag kan in 'n nuwe draad oopgemaak word. Enige deelname buite drade wat deur jouself oopgemaak is, sal verwyder word.
    * Christenne. Onthou a.s.b. dit gaan nie toegelaat word dat jy met ander Christenne in drade debateer of gesprek voer nie, die doel is om die persoon wat opregte vrae vra te antwoord tot die beste van ons vermoeëns, nie om met mekaar te debatteer nie. Indien dit gebeur, sal plasings verwyder word.

    Hierdie reëls mag dalk nie vir jou onmiddelik sin maak nie, maar dit is ontwerp om seker te maak dat ons tot die beste van ons vermoeëns jou vrae antwoord, dit is nie ontwerp sodat Christenne teen jou kan "op-gang" nie, vir hierdie rede word slegs 1 nie-Christen per draad toegelaat, sodat drade nie ontspoor word nie en vir hierdie selfde rede word Christenne nie toegelaat om met mekaar debat te voer in drade nie.

    Bibleforums behou steeds die reg voor om enige plasings te verwyder of om enige persoon te verban indien hierdie reëls oortree word of indien dit gevind word dat 'n persoon slegs hier is om onmin te saai en nie hier is om opregte vrae te vra nie.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Reëls en Riglyne van hierdie forum, lees a.s.b.
    By Phil Fourie in forum Families vir Christus
    Replies: 0
    Last Post: Feb 23rd 2009, 07:32 AM
  2. Reëls vir hierdie forum - LEES EERS!
    By Phil Fourie in forum Apologetiek en Wetenskap
    Replies: 2
    Last Post: Feb 23rd 2009, 07:28 AM
  3. HOEKOM hierdie forum ?
    By Die Filadelfieer in forum Apologetiek en Wetenskap
    Replies: 2
    Last Post: Jan 15th 2008, 02:36 PM
  4. Reëls van hierdie forum - Lees asseblief
    By Phil Fourie in forum Alles en nog wat
    Replies: 0
    Last Post: Oct 25th 2007, 08:48 AM
  5. Reëls vir hierdie forum - Lees asseblief.
    By CFJ in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 0
    Last Post: Oct 25th 2007, 08:01 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •