Your Advert here
cure-real
Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 15 of 34

Thread: Is selfmoord sonde?

  1. #1
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    5,345

    Is selfmoord sonde?

    As hierdie onderwerp onlangs behandel is, verwyder dit asb.
    As dit omstrede is, skuif dit asb.

    Verskeie mense wat ek ken het die laaste paar jaar self-moord gepleeg. Die vraag is verskeie kere gevra: "Is dit sonde en gaan die mense hel toe?"

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

  2. #2
    Quote Originally Posted by Roelof View Post
    Verskeie mense wat ek ken het die laaste paar jaar self-moord gepleeg. Die vraag is verskeie kere gevra: "Is dit sonde en gaan die mense hel toe?"
    Is dit sonde ? JA !
    Gaan mens hel toe ? JA !

    Die vraag is, hoekom sal Christus hierdie sonde anders hanteer as die ander sondes waarvoor mens hel toe gaan ? As jy 'n kind van die Here is, is jou sondes voor betaal, so eenvoudig soos dit.
    Ons glo mos nie dat jy sekondes voor jou dood vergifnis moet vra om nie in 'n vagevuur te gaan sit, of iets dergliks nie.

  3. #3
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630

    Roelof

    Is selfmoord sonde? Beslis, ek het geen twyfel daaroor nie. Geen mens het die reg om 'n lewe te neem nie (maak nie saak wie se lewe dit is nie) God is die Een wat lewe gee en neem, en Hy is die enigste Een wat daardie besluit mag neem. Geen mens mag namens God besluit nie.

    Maar die vraag of so persoon verlore gaan, is 'n totaal ander vraag. Almal van ons is verlore, al wat ons kan red van die hel is Jesus se kruisdood. Iemand wat wedergebore is en Jesus as Verlosser aangeneem het, is gered, al pleeg hy ook selfmoord. Daar is 'n siening dat so iemand noodwendig verlore gaan omdat sy laaste daad 'n daad van sonde was, maar dit maak geen sin nie. Wat gebeur as ek as wedergeborene, die spoedgrens oorskrei (sonde!) en ek beland in 'n noodlottige ongeluk? Dan was my laaste daad mos ook sonde. of as ek met my vrou baklei (sonde) en ek kry 'n hartaanval en sterf? Hoor jy wat ek sê, geen spesifieke daad gaan 'n mens laat verlore gaan nie. Dit sal afhang daarvan of so iemand wedergebore was of nie.

    Dit gesê, wil ek graag byvoeg dat ek twyfel of iemand wat werklik wedergebore is, ooit so wanhopig sal raak dat dit op selfmoord sal uitloop, maar dit is nie vir my om te sê nie. 'n Vriend van my het bv prostaatkanker gehad. Hy was sterwend en kon homself nie meer help nie. Het doeke gedra en moes gevoer en gewas word - hy kon niks vir homself doen nie. Toe hy op 'n dag alleen tuis was, het hy 'n pistool geneem en homself geskiet omdat hy nie langer 'n las vir ander wou wees nie. Sonde? Ja beslis! Maar ek het hom geken en ek het geen twyfel nie, dat hy gered is.

    Dit sal verskil van geval tot geval

    Eugene

  4. #4
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Is dit sonde ? JA !
    Gaan mens hel toe ? JA !

    Die vraag is, hoekom sal Christus hierdie sonde anders hanteer as die ander sondes waarvoor mens hel toe gaan ? As jy 'n kind van die Here is, is jou sondes voor betaal, so eenvoudig soos dit.
    Ons glo mos nie dat jy sekondes voor jou dood vergifnis moet vra om nie in 'n vagevuur te gaan sit, of iets dergliks nie.
    Fila

    Ek verstaan nie jou antwoord nie. Jy sê: "Gaan mens hel toe? JA!" Maar dan verduidelik jy net die teenoorgestelde? Of lees ek alweer verkeerd?

    Eugene

  5. #5
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Pretoria, South Africa
    Posts
    16
    As jong mens was ek nie seker oor die vrae nie --- en dit is juis die onsekerheid wat my gekeer het om nie selfmoord te pleeg nie.

    My man se jonger boetie het selfmoord gepleeg op 18 jarige ouderdom. Die pastoor het prontuit op die kansel gesê dat ons niks meer vir hom kan doen nie (maw, hy is hel toe). Hy het 'n bekeringsboodskap gebring vir sy maats. (wat goed was, want een van sy maats het 'n oorgawe gemaak vir God).

    Vandag voel ek anders oor die saak. Selfmoord is sonde ja. Maar as jy 'n kind van God is gaan dit jou nie uit Sy hand ruk nie. Jy is nog steeds gered en jy gaan nog steeds as kind van God hemel toe omdat Hy reeds vir jou sondes gesterf het.

  6. #6
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Fila

    Ek verstaan nie jou antwoord nie. Jy sê: "Gaan mens hel toe? JA!" Maar dan verduidelik jy net die teenoorgestelde? Of lees ek alweer verkeerd?

    Eugene
    JA !

    Mens gaan hel toe vir sonde Eugene, maak nie saak wat die sonde is nie.

  7. #7
    Join Date
    Aug 2007
    Location
    Pretoria, South Africa
    Posts
    16
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    JA !

    Mens gaan hel toe vir sonde Eugene, maak nie saak wat die sonde is nie.
    Al is hulle gered?

  8. #8
    Quote Originally Posted by EngelHart View Post
    Al is hulle gered?
    NEE !
    Geen geredenne gaan hel toe nie.

    (En JA, ek is moedswillig met my kriptiese antwoorde. )
    Last edited by Die Filadelfieer; Apr 7th 2008 at 10:34 AM. Reason: spelfout

  9. #9
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    JA !

    Mens gaan hel toe vir sonde Eugene, maak nie saak wat die sonde is nie.
    Fila

    Ek is nou met jou, maar jy kom amper verkeerd oor (Engelhart het jou ook verkeerd verstaan) Ek stem 100% saam, almal van ons is verlore TOTDAT Christus jou red, en dit geld ook iemand wat selfmoord pleeg

  10. #10
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    5,345
    Engelhart

    Ek stem saam met jou siening.
    Wat van die volgende?

    Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, (Heb 10:26)

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

  11. #11
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Fila

    Ek is nou met jou, maar jy kom amper verkeerd oor (Engelhart het jou ook verkeerd verstaan) Ek stem 100% saam, almal van ons is verlore TOTDAT Christus jou red, en dit geld ook iemand wat selfmoord pleeg
    Ek vra om verskoning, ek was bietjie moedswillig met my poste gewees.
    Ek dink wat ek wil oorbring is dieselfde as met die "egskeiding" draad : daar is duidelike lyne tussen reg en verkeerd, en maak nie saak hoe mens dit probeer buig nie, selfmoord, net soos egskeiding, bly verkeerd. Die vraag bly egter of die persoon onder bespreking onder Christus se genadedespinsasie val of nie.

  12. #12
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    E Die vraag bly egter of die persoon onder bespreking onder Christus se genadedespinsasie val of nie.
    Ek's nog bietjie clueless oor dispensasies. Beteken dit of die persoon uitverkies is of nie, Fila?

  13. #13
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Ek's nog bietjie clueless oor dispensasies. Beteken dit of die persoon uitverkies is of nie, Fila?
    Dit is soos ek dit verstaan Lanie. Jesus se kinders, wat Hy gekies het om Syne te wees, gaan mos nie hel toe nie.

  14. #14
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Dit is soos ek dit verstaan Lanie. Jesus se kinders, wat Hy gekies het om Syne te wees, gaan mos nie hel toe nie.
    Nee, die uitverkiesing verstaan ek, ek was net nie seker of die woord genadedispensasie waarna jy verwys dieselfde ding is nie. Ek kon dit eintlik soortvan aflei, ek wou net seker maak. Ek ken nog nie veel van dispensasies nie. Dalk moet iemand my eendag verduidelik. Net nie in groot woorde nie, asseblief.....

  15. #15
    Die gesprek rondom dispensasies kan lekker ingewikkeld en kontroversiëel raak, dit is verseker !

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Is depressie sonde?
    By EngelHart in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 10
    Last Post: Aug 31st 2007, 08:30 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •