cure-real
Results 1 to 3 of 3

Thread: Seksuele Immoraliteit

  1. #1
    Join Date
    Jan 2004
    Location
    Atlanta Area (soutside)
    Posts
    11,126
    Blog Entries
    5

    Seksuele Immoraliteit

    This post was translated by Phil.



    Dit is hartseer dat daar soveel is wat gebind is deur seksuele immoraliteit. Nogtans, dit is die geval met baie mense en ons herken dit as ‘n feit. Ons doel hier op Bible Forums is om ‘n plek te bied waar mense gemeenskap met mekaar kan he, om Skrif te bespreek, asook om diegene te bedien wat bediening nodig het. Seksuele sake maak party mense ongemaklik en ons erken die feit aangesien die meerderheid van die moderators dit nie geniet om sekere sake op die ope forums te bespreek nie. Maar hierdie is ‘n realiteit en een waarvan ons nie kan wegkruip nie, weens die tye waarin ons lewe.


    Na dit als gese, wil ek julle net graag laat weet wat die bord se stand is aangaande sake van seksuele immoraliteit en dit dek homoseksualiteit, owerspel, seks buite die huwelik, masturbasie, pornografie en watookal anders in die lys hoort. Hierdie dinge is SONDE want dit word eenvoudig opgesom as seksuele immoraliteit en ‘n SONDE wat geen Christen behoort te beoefen nie.

    Dit is amper verseker dat sodra die onderwerp opkom, daar ‘n meerderheid mense sal wees wat dit bekend sal maak as sonde, maar daar is altyd die paar wat plasing na plasing maak om die sonde te probeer regverdig. Dit is ons oortuiging dat diegene wat dit glo nodig het om ook bedien te word met regstelling, want hulle maak ‘n gruwelike fout. Ons sal hierdie verdra tot op ‘n punt, maar rus verseker… ons het ‘n lyn in die sand.

    Die Admin het dit tot lengte bespreek, sowel as die hele moderators span by Bible Forum. Hierdie is die instruksies wat ons deurgegee het en hierdie is hoe die situasie hanteer sal word op hierdie boodskap bord. Hou in gedagte dat indien jy ‘n verslawing het aan iets van ‘n seksuele natuur, kan jy vir Slug1 of Cheech kontak en met hulle gesels in die “Breaking the Chains” forum.

    ___________________________
    ___________________________

    Hier is wat ons as moderators gaan doen hier in Bible Forums.
    • Dit is ‘n sonde. Dit is ons fokus en dit is die HOOF PUNT. Seksuele immoraliteit dek ‘n bree spectrum van sake. Pornografie, masturbasie ens. … alles word gedek in daardie twee woorde. Ek kan dit opsom in een word … SONDE
    • As ‘n persoon vasgevang is in daardie sonde … moet hulle hulself bekeer. Ja, se vir God jy is jammer vir die gemors en dan … STOP JY DIT!
    • Dan moet ons vir hierdie persoon verduidelik dat God hul bemagtig het met alles wat nodig is om ‘n goddelike lewe te leef in die hier en nou. Hulle kan oorwinning he oor die SONDE.
    Op hierdie drie punte moet ons as moderators van Bible Forums hammer.


    Visit our new website
    ! The Blog might interest some.. and Lord help me!!!... for those that twitter... there as well.

    A.W. Tozer said,
    "To escape the error of salvation by works we have fallen into the opposite error of salvation without obedience.”

    GO.... SERVE YOUR KING!


  2. #2
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,999
    Blog Entries
    6
    Indien enigeen vrae het aangaande hierdie aangeleentheid, kontak gerus vir my (Phil), Ferdi (CFJ), die Filadelfieer of ACCM (Anneke). Moet asseblief nie 'n boodskap vir Project Peter in Afrikaans stuur nie, want hy verstaan nie Afrikaans nie, dit is hoekom hy gevra het dat hierdie vir hom vertaal moet word in Afrikaans.

    Groete
    Phil

  3. #3
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,999
    Blog Entries
    6
    Ek stoot hierdie draad net 'n bietjie op dat almal seker maak hulle het dit gelees

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •