Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower. Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit. En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie. Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie. Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
(Joh 10:1-9)
Jesus sê daar is diegene wat in die skaapstal van 'n anderkant inklim, as om deur die deur te kom. Hy sê vêrder dat as iemand deur Hom ingaan, so iemand gered SAL word. Daar is dus 'n versekering en belofte as jy deur die regte deur ingaan.
Die vraag is nou, diegene wat ook in die skaapstal klim en dit wat in die skaapstal deelagtig is gesmaak het, is dit net hulle wat hul redding verloor?
In hierdie gelykenis neem mense tog die Woord aan en word verlig en word deelagtig daaraan...
Luister julle dan na die gelykenis van die saaier. As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is. En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar. En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig.
(Mat 13:18-23)
Die 2de en 3de groep trek my aandag, want hulle is diegene wat a.g.v. verdrukkinge, vervolginge en sorge en verleiding van die wêreld weer verlore gaan of dan nou dit wat hul aangeneem het weer verloor.
Tog staan daar...
Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree. Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
(Rom 8:33-39)
Is daar iets soos verkondiging en ook aanneem van goedkoop genade, wat veroorsaak dat mense nie by die deur van die skaapstal ingaan nie, maar by 'n ander plek inklim?
Die hele argument gaan dus daaroor dat diegene wat hul redding verloor, het nie by die deur van genade ingegaan nie..., of is hier 'n fout in die denkwyse?




Reply With Quote


Bookmarks