Iemand wie se skuilnaam nie genoem gaan word nie, skryf as volg oor Angus Buchan...
Ek gee julle gelyk met Buchan, alhoewel nie vir dieselfde redes nie.
Hy lieg subtiel. Ek het eerstehandse inligting wat dit betref.
Hy is n opperste idiootfiguur wat nie die omvang van die skade wat hy aanrig besef nie.
Maar as dit vir die Christene werk...Hoe antwoord mens so persoon? Hy het ongelukkig sy plasing geredigeer oor 'n spesifieke geval, vir wie daar gebid was, iemand wat hy persoonlik ken, maar vanoggend het ek maar net gebid en gevra dat die Here my wysheid sal gee...NS. In die film het hy ook iemand uit die dood uit opgewek en met n latere onderhoud kon hy nie verseker bevestig dat die persoon dood was of net bewusteloos van die weerlig nie.
Hallo XXXXX,
Ek sal jou maar net eerlik kan antwoord, want ek ken Angus Buchan nie persoonlik nie, ek ken ook nie die persoon vir wie daar gebid is nie en ken jou ook nie XXXXX. In alle waarskynlikheid is jy reg oor die persoon vir wie daar gebid is en in alle redelikheid sal ek jou gelyk gee, al staan ek in 'n posisie van geen kennis hieroor nie. [Ek weet wel dat selfs Paulus iemand siek agtergelaat het en nie almal kon genees, wat hy ontmoet het nie... "Erástus het in Korinthe gebly. Trófimus het ek siek in Miléte agtergelaat." (2Tim 4:20)]
Al wat ek ken, is die Gees wat in Angus Buchan is, daarvan is ek 100% seker. Om net so bietjie agtergrond te gee, hyself het 'n hele paar getuienisse van sy eie sondes gelewer, wat per geleentheid neergekom het op presies dit wat jy beweer, al was dit ander bestandele en ander omstandighede. Hy het juis hierdeur 'n getuienis kon lewer, hoe raak mens maar die minste as jy verkeerd is en hoe word mens bevry van leuens en trots en 'n sondige gees. Die tema was dan ook, "Dying to Live".
In my eie lewe doen ek baie verkeerde dinge en stel ek myself bloot. Ek doen baie maal oneer aan die Koning van Konings se heilige Naam. Genadiglik is hierdie Koning regverdig en as ek my sondes na Hom toe neem, dan was Hy getrou en het Hy elke keer vir my genade gehad. Dit is hoekom ekself so lief is vir Hom, want Hy het my nog nooit verkwalik nie, niks teen my gehou en dit wat ek voor Hom bely het, totaal verwyder van my, omdat Hy werklik vergeet en vergewe. Ek weet sonder om te twyfel, dat Angus Buchan dieselfde sal getuig.
Ekself het nog nooit van emosionele opwelling gehou nie en ek is 100% gekant teen hierdie vals eenheid onder kerke, maar wat die naweek op Angus Buchan se plaas gebeur het, was groter as dit waarvan ek nie hou nie. Ek moes net daarvan hou toe God se Gees beweeg het en meeste mans die hele naweek spontaan gehuil het, nie net tydens dienste nie, nie net voor ons gegaan het nie, ook nie net op die pad toe ons terug gery het nie, maar tussen mense in ons dorpie, wat nie eers daar was nie, maar wat dieselfde Gees ken as die een wat Angus Buchan ken.
Wat my verstom, is die Skrif, wat elke liewe getuienis van elke liewe mens wat ek ontmoet het, as bevestiging, op bevestiging, op bevestiging vir ALMAL gegee het. Die Woord is Jesus self en as die Bybel vir mense lewend word, dan getuig Jesus deur sy lewende Woord. Jy hoef dit nie te glo nie XXXXX, want jy ken my nie, jy ken ook nie vir Angus Buchan nie. Jy het egter die geleentheid en voorreg om dieselfde Gees te ken as ons en as jy die dag die lewende God van hierdie wêreld ontmoet, Jesus Christus, dan eers sal jy ook saam kan stem.
Hierdie Jesus, verskyn soos ons nou praat in drome aan Moslems, sonder dat hulle Bybels het, sonder dat iemand hulle oortuig. Die Here van die heelal oortuig hierdie Moslems self en hulle wéét dit is Jesus, omdat hulle wéét! Hulle begin soek na hierdie drome en kom tot bekering en as hulle die lewende Woord ontvang, dan stop die drome, want die lewende Woord is Jesus. Hieronder is die skakel, ondersoek dit en neem 'n verantwoordelike besluit my vriend, want jy kan dieselfde Gees ken as die Een wat die 60 000 mans op Angus Buchan se plaas beweeg het...
http://www.jesusvisions.org/




Reply With Quote



Bookmarks