Your Advert here
cure-real
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 16

Thread: Feeste van die Here vir Israel

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484

    Feeste van die Here vir Israel

    Presies hoeveel feeste is daar vir Israel en wat is die betekenis van elkeen?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  2. #2
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,146
    Ferdi

    Die feeste word behandel in Lev. 23. Daar is volgens die hoofstuk 7 feeste. Op vandag se Joodse kalender is daar blykbaar meer as 7 en ek ken dit nie so goed nie. Die feeste van Lev. 23 word duidelik in twee groepe opgedeel. Die eerste vier feeste is reeds vervul by die kruisiging, opstanding en by die uitstorting van die Heilige Gees. Hierdie vier feeste is baie presies dag en datum vervul. Dan kom daar 'n tussenperiode (die insameling van die oes) wat vir 'n paar maande lank aanhou. In hiedie tyd is daar geen feeste nie. Die laaste feeste is dan ook naby aan mekaar soos die eerstes en hierdie laaste feeste is nou nog nie vervul nie. Die oes word nog steeds ingesamel. Die laaste feeste gaan oor die oes wat reeds in die skure is - klaar ingesamel. Dit is dus duidelik dat die laaste feeste wederkomsfeeste is. Hierdie feeste moet ook dag en datum verul word soos die eerstes. Ons weet dus alreeds wat die datum van die wederkoms gaan wees (hoewel dit verskil van jaar tot jaar op die kalender) maar ons weet nog nie wat die jaar sal wees nie. Die draad oor die tekens in die son en maan mag dalk (?) 'n aanduideing gee van wanneer die laaste feeste vervul sal word. Ek het 'n paar jaar gelede ('n hele paar jaar gelede) 'n boekie oor Openbaring gepubliseer en daarin het ek ook 'n oorsig oor die feeste gegee, omdat die feeste so belangrik is wat hulle profetiese betekenis betref.
    Last edited by David2; May 5th 2008 at 06:51 PM.

  3. #3
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    5,345
    Quote Originally Posted by David2 View Post
    Ek het 'n paar jaar gelede ('n hele paar jaar gelede) 'n boekie oor Openbaring gepubliseer en daarin het ek ook 'n oorsig oor die feeste gegee, omdat die feeste so belangrik is wat hulle profetiese betekenis betref.
    David

    Is die boekie nog beskikbaar?
    Anders, kan jy ons asb 'n kort oorsig gee?

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

  4. #4
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,146
    Hierby aangeheg is 'n opsomming van die Joodse feeste
    Attached Files Attached Files

  5. #5
    Ek kry om een of ander rede nie David se lêer afgelaai nie.
    Ek het twee vrae :

    Eerstens, hoekom sou julle sê is daar nog joodse feeste wat nie vervul is nie ?

    Tweedens, wat maak julle van hierdie teksgedeelte :

    Col 2:16,17 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of sabbat nie, wat 'n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.

  6. #6
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Hi Fila

    Gaan lees weer mooi Lev 23 en kyk na die ooreenkomste, ek dink jy sal sommer gou gou raaksien wat vervul is en wat nie

  7. #7
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Hi Fila

    Gaan lees weer mooi Lev 23 en kyk na die ooreenkomste, ek dink jy sal sommer gou gou raaksien wat vervul is en wat nie
    Ek vind die studie rondom die feeste ter sprake baie interesant, veral gekoppel aan die "tekens" videos, maar ek dink nie Christene is veronderstel om nog enige van hierdie feeste te volg nie. Mynsinsiens het Christus AL hierdie feeste vervang met die Nagmaal :

    1 Cor 11:26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
    Ek wil nie regtig oor die sabbat hier gesels nie, maar dit kom vir my op dieselfde ding neer, Sondag is nie 'n "Christelike Sabbat" nie. Ek dink tekste soos Handelinge 20 wys vir ons mooi waar die Christelike gebruik van Sondag as 'n dag gewy aan die Here vandaan kom.

  8. #8
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Fila

    Dit gaan nie oor die hou van die feeste nie, dit gaan oordat God in die feeste al vir Sy volk in daardie dae 'n duidelike "padkaart" gegee het vir Sy plan vir die mens se verlossing, dit is wat die feeste merkwaardig maak en dat ons sien hoe profeties van aard hulle is

  9. #9
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Fila

    Dit gaan nie oor die hou van die feeste nie, dit gaan oordat God in die feeste al vir Sy volk in daardie dae 'n duidelike "padkaart" gegee het vir Sy plan vir die mens se verlossing, dit is wat die feeste merkwaardig maak en dat ons sien hoe profeties van aard hulle is
    ooooo ! Ok, ek was net vir 'n oomblik bekommerd gewees.
    Goed, nou dat ons dit uitgeklaar het, kan iemand nie vir ons asseblief 'n mooi lysie saamstel van die fees en die profesie wat dit voorstel nie ?

  10. #10
    Ek het bietjie gaan loer na die video manne se webtuiste.
    Klik op hierdie skakel, so in die helfte van die bladsy is daar 'n artikel met die opskrif "Jewish holy days : The making of a baby " (nee, dis nie wat julle dink nie )

    Komentaar ?

  11. #11
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,146
    Fila
    Goed, nou dat ons dit uitgeklaar het, kan iemand nie vir ons asseblief 'n mooi lysie saamstel van die fees en die profesie wat dit voorstel nie ?
    Ek dink dit is gedoen in die aanhangsel wat hierbo verskaf is. As jy hom nie kan oopmaak nie, hier is 'n opsomming.

    Pasga staan vir die kruisiging. Die pasga is die aand geëet. As pasga die veertiende van die eerste maand geëet is, en die pasga dag begin sesuur die aand, lyk dit vir my of die paaslam die vorige dag, die dertiende geslag is. Christus vervul die slagting van die paaslam aan die kruis.

    Die ongesuurde brode begin die dag na die pasga en duur sewe dae lank. Vir koring om te kan brood maak moet dit in die grond val en sterf om vrug op te lewer. Dit moet ook weer sterf om brood te kan maak. Die brood is ongesuurd omdat die brood van die lewe sonder sonde is. Die vervulling daarvan is dan die dag na die pasga terwyl Jesus gesterf het, in die graf was en in die tyd van die ongesuurde brood ook opgestaan het uit die dood.

    Vir die fees van die eerste vrugte word daar nie 'n datum op die kalender aangewys nie. Dit word net gesê dit is die dag na die Sabbat. Hierdie is die gewone weeklikse Sabbat, gesien in die lig daarvan dat dit ook die weeklikse Sabbat is wat in die Pinksterfees ter sprake is. Ek lei dus af (ek hoop ek is reg) dat die pasga elke jaar met volmaan plaasvind (elke maand op die Joodse kalender begin dan met nuwe maan en dan is die veertiende volmaan). Ek lei ook af (ek hoop ek is reg) dat Pasga nie elke jaar op dieselfde dag van die week val nie omdat dit afhang van die maan. Maar die fees van die eerste vrugte is wel elke jaar op dieselfde dag van die week. Dit volg die eerste Sondag (die dag na die Sabbat) na die ongesuurde brood. Dit is waarom Christene vandag nog op 'n Sondag kerk toe gaan (hoewel ons nêrens verplig word om dit te doen nie en dit ook nie vir ons 'n amptelike feesdag is nie). Tog bly dit baie betekenisvol dat hierdie nie op 'n datum gevier word nie, maar op 'n dag van die week, Sondag. Dit is die dag waarop Christus uit die dood opgestaan het (die dag na die Sabbat) en vir ons die eerste vrugte geword het. Hy is die eerste geestelike vrug. Ons vrugdra word bekragtig en moontlik gemaak deur sy eerste vrugte.

    Pinkster was ook op 'n dag van die week(Sondag). Dit was 50 dae na die eerste vrugte. Hieruit word gesien dat die Jode inklusief tel. ons sou sê dat 49 dae na die eerste vrugte weer 'n Sondag is, maar hulle sê 50. Dit is waarom Pinksterdag elke jaar 'n Sondag is. Dan het hulle twee brode na die tempel gebring. Baie mense dink aan die twee brode as die simbool van die vrug uit die Jodedom en die heidendom wat saamgevoeg word in die kerk. Dit word net afgelei en staan nie in die voorskrifte van die fees nie. Christene het ook nie 'n opdrag om die Pinksterfees te vier nie. Die groot Pinksterfees van Handelinge was ook duidelik 'n fees in opdrag van die Joodse wet en daar was net Jode op daardie dag teenwoordig. Op Pinksterdag vier hulle die wetgewing van Moses. Volgens oorlewering het Moses die wet ontvang 50 dae na die uittog begin het.

    Op die eerste van die sewende maand is die fees van basuingeklank, oftewel die Joodse nuwe jaar. Oor die basuin word daar in die wet niks verder gesê nie. Is dit dalk die basuin van 1 Thess. 4? Dit is in elk geval duidelik dat hierdie 'n heel ander groep feeste is, lank na die eerste vier feeste wat vroeg in die jaar gevier word. Soos die eerste feeste deur Jesus op aarde en deur Sy Gees op Pinksterdag vervul is, glo ons dat die laaste drie feeste, lank daarna, ook deur Jesus vervul moet word. Jesus het nog nie die hele profesie vervul nie. Nog baie dinge staan in die profesie wat Hy nie tydens sy eerste koms vervul het nie. Ons weet almal, en dit is voor-die-hand-liggend dat die laaste drie feeste nie tydens die aardse bediening van Jesus vervul is nie. Hierdie laaste drie feeste wag op vervulling.

    Dan volg die Groot Versoendag op die tiende van die sewende maand. Die dae tussen die nuwe jaar en die groot versoendag is dae van verootmoediging en reiniging om vir die groot versoening voor te berei. Ons as Christene het reeds ons groot versoening gekry. Daaroor het ek geen twyfel nie. Maar Israel as volk het nie. Dit kan nie in die Bybelse verslag aangetoon word waar die Groot versoendag dag en datum vervul is nie. Ek glo dat dit die dag sal wees wanneer Israel met God versoen sal word. Dit word beskryf in Sagaria 12-13. Jesus gaan met sy volk (oorblyfsel daarvan) versoen word op die dag wanneer Hy weer kom. Hy gaan die groot verdrukking beëindig met sy verskyning uit die hemel. Die groot verdrukking word gesimboliseer in die dae van voorbereiding tot die versoendag. Die Ou Testament praat van Daniel se 70 ste week en die tyd van "Jakob se beproewing" waarin hulle gereinig en uitgesuiwer sal moet word.

    Dan volg die Loofhuttefees op die vyftiende dag van die maand. Dan vier die Jode hulle uitredding uit Egipte en ook die afsluiting van die insameling van die oes. Dit is 'n dag van groot toekomsverwagting vir Israel. Op die dag dink hulle aan die Verlossing (wat vir hulle 'n fisiese begrip is soos blyk uit die verhaal van die geboorte van Christus). Ons het meer as genoeg rede om te glo dat Jesus tydens die Loofhuttefees gebore is en beslis nie op 25 Desember wat 'n afgodiese feesdag was. Maar ek sal nie nou daarop ingaan nie. Dit beteken nie dat die Loofhuttefees by die geboorte van Christus vervul is nie. As dit so was, dan sou die verslag dit in die Bybel so aangetoon het. Die loofhuttefees sal vervul wees wanneer Israel se (fisiese) verlossing aangebreek het. Wanneer die koninkryk vir David herstel is, soos so baie in die Ou Testament beloof. Die Loofhuttefees sal by die instelling van die koninkryk, kort na die wederkoms, vervul word. Maar goed, om dit te glo moet mens natuurlik 'n pre-mil Christen wees (Chiliasties) terwyl ons in die land grootliks met 'n post-mil of a-mil Christelike tradisie sit.

    Heelwat van die detail rondom hierdie saak kan verder nagevors word en ons kan daaroor praat. Maar een ding is vir my baie duidelik en eintlik heeltemal ononderhandelbaar: Die eerste vier feeste is vervul en die laaste drie wag nog op vervulling. Ek dink nie ons kan hierby verby kom nie.
    Last edited by David2; May 7th 2008 at 01:50 PM.

  12. #12
    Quote Originally Posted by David2 View Post
    Heelwat van die detail rondom hierdie saak kan verder nagevors word en ons kan daaroor praat. Maar een ding is vir my baie duidelik en eintlik heeltemal ononderhandelbaar: Die eerste vier feeste is vervul en die laaste drie wag nog op vervulling. Ek dink nie ons kan hierby verby kom nie.

    David,
    Baie dankie vir die moeite met jou plasing, ek moet sê ek kom agter ek is 'n totale leek as dit by hierdie onderwerp kom, maar het reeds baie die laaste paar dae by geleer.
    Met verwysing na bogenoemde aanhaling, wat sou jy sê is die implikasie hiervan ?

  13. #13
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,146
    Fila
    Die implikasies van hierdie feeste is inderdaad verreikend.. Ek sou dit soos volg saamvat:

    1. Die feeste het destyds aan Israel 'n groot dag van versoening met God voorgehou. Gekoppel met die loofhuttefees wat net 5 dae daarna gevier word, het hierdie groep feeste deur al die eeue 'n groot toekomsverwagting by Israel wakker gehou. Altyd wanner hierdie laaste groep feeste gevier word, het hulle uitgesien na "die toekomstige eeu". Dit is die belofte van God vir die geseënde Messiasryk op aarde. Dit is die bedeling waarin die beloftes aan Israel volkome bewaarheid gaan word. God gaan dan, met Israel as sy agent, oor die hele aarde regeer. Al die groot koninkryksbeloftes van die groot en die klein profete sal dan bewaarheid word.

    Ek reken dus dat die feeste daar is om ons duidelik daaraan te herinner dat God nog nie sy profetiese program afgehandel het nie. Die duidelikste bewys daarvan is juis hier in die feeste. Die eerste vier feeste is so dramaties duidelik dag en datum vervul dat geen mens dit kan ontken nie. Maar wat van die laaste drie? Lewer die eerste vier dan nie vir ons 'n oorweldigende "model" om duidelik te bewys hoe God in die profesie werk nie? Is dit enigsins moontlik dat God nou sommer van die laaste drie gaan vergeet of dat Hy dit gaan oorlaat aan teoloë om met truuks van vergeesteliking die implikasies van hierdie feeste weg te redeneer?

    Vir my bewys die feeste finaal dat die benadering van "vergeesteliking" van profesie eenvoudig nie "aan" is nie. Die feeste bewys dat God bedoel het wat Hy sê. Soos wat Hy die eerstes vervul het, sal Hy met die laastes ook maak. In teendeel, Sag. 12-14 beskryf reeds die versoening met Israel wat in die Groot versoendag uitgebeeld word, asook die deurbraak van die koninkryk wat by die loofhuttefees verwag word. Sò sal dit vervul word en op geen ander manier nie.

    2. 'n Tweede implikasie van die feeste is die datum-aspek. Nie die jaar nie, maar die tyd van die jaar wat hierdie dinge gaan gebeur word in die feeste vasgelê.

    3. Nog 'n implikasie van die feeste is om met so 'n bietjie anderste oë na Pinksterdag te kyk as wat die kerk tot nou toe gewoond was om te doen. Pinkster is nie soos die meeste Christene dink die begin van die bedeling van die kerk nie. Dit is eerder die vervulling en afsluiting van 'n belofte aan die volk Israel. Die Pinkstergebeure word ook in Joël 2 beskryf. Maar Joël 2 praat van meer dinge as wat Pinksterdag van praat. Pinkster was veronderstel om 'n meer uitgebreide gebeurtenis te wees as wat wel daar plaasgevind het. Waarom is Joël 2 dan nie ten volle op Pinksterdag vervul nie? Ek reken dit is omdat Joël die geloof en aanvaarding van Israel tot hulle gestuurde Messias veronderstel (maar dit was nie daar nie). Pinkster is dus 'n dramatiese illustrasie van hoedat profesie tydens Christus se eerste besoek aan die aarde net tot op 'n punt vervul is, en toe as gevolg van die ongeloof van Israel afgebreek is.

    Ons (ek) verstaan dus die bedeling van die kerk waarin ons nou is, NIE as 'n vervulling van Bybelse profesie NIE. Die kerk pas in tussenin Sag. 9:9 en 10. Vers 10 is nog nie aangeraak nie en van dit wat tussen vars 9 en 10 kom, (die hele bedeling van die kerk), is daar dodelike stilte in die Ou Testament. Paulus weet ook dat daar niks van die kerk in die Ou Testament gesê word nie, en daarom noem hy dit 'n verborgenheid.

    Let op dat Joël 2 begin met 'n ernstige oproep tot bekering. En wat het ons op Pinksterdag? Presies net dit. 'n Ernstige oproep tot bekering aan Israel. Joël 2: 28,29 is op Pinksterdag vervul, maar vers 30 tot 32 wag nog op vervulling. Ja, vers 32 sê dat almal wat die Naam van die Here aanroep sal gered word, en dit is op Pinksterdag aangehaal. Maar die wat wel op Pinksterdag gered is, was te min. In terme van profesie, was dit te min. In terme van profesie praat ons van 'n verteenwoordigende deel van die volk ten minste. Daarom is alle verdere vervulling daar gestaak en het die verborgenheid daarvandaan begin oorneem.

    Net soos wat daar by die uitstuur van die verspieders wel 'n deel van die verspieders en 'n deel van die volk was wat "ja" gesê het, was dit nie genoeg nie.

    Die geestelike werklikheid wat ons as Christene vandag beleef, is nie vanuit die Joodse feeste "vervul", of vanuit enige deel van die profesie nie. In teendeel, soos Paulus dit verduidelik in Rom. 11, moes Israel tot 'n val kom vir die evangelie om na die heidennasies te kon uitgaan.

    Hoewel die feeste dus primêr op Israel gerig is en die bedeling van die kerk nie ook vir ons "uitplot" nie, is daar menige raakpunte in die feeste vir ons wat Christene is:

    4. Ons kan nou met soveel meer toewyding, geloof en vertroue kyk na ons Verlosser, Jesus Christus. Ons weet dat Hy nie sommer maar toevallig een dag op die toneel verskyn het soos die leiers van ander gelowe nie. Watter ander geloof se leier het die profetiese geskiedenis agter Hom wat Jesus Christus het? Daar bestaan nie so iets nie. Dink net vir 'n oomblik hoe lank gelede is Lev. 23 se Joodse feeste al ingestel en met hoeveel presiesheid en wonderbare geestelike waarheid het Jesus daardie eerste vier feeste kom vervul. Dit is asemrowend en totaal ongekend buite die Bybel! En nou kom ouens soos Sakkie Spangenberg en Steve Hofmeyr hulle sê vir jou Jesus was net 'n gewone mens. Derduisende mense glo hulle! Al wat ek kan sê is: Petrus was reg in sy sendbriewe! Die profetiese woord staan baie vas en skyn soos 'n helder lamp en 'n donker vertrek. Mense, laat hierdie groot en helder lamp wat ook skyn uit die feeste vandag opnuut weer ons harte siele verlig!

    En sal julle my asseblief vergewe as ek 'n woord van waarskuwing byvoeg. Moenie die profesie vergeet nie! Moenie die profesie VERGEESTELIK nie! Ons het heelparty van hulle ook op hierdie forum. Julle speel met vuur. Vergeesteliking van profesie is 'n tegniek wat deur Jode-haters uitgedink in om van Israel ontslae te raak uit die Bybel uit en die kerk in Israel se plek te plaas. Min het hulle besef dat Israel, (die kneg van die Here) in Jesaja, baie nou en delikaat verbind is met die ander Kneg van die Here, Jesus Christus, ook uit Jesaja. As jy van die een deur vergeesteliking wil ontslae raak, gaan jy uiteindelik ook soos Sakkie van die ander een ontslae raak. Dit is onafwendbaar. Hoe onderskei jy bv. in die feeste tussen Israel en Jesus Christus? Hoe haal jy vir Israel uit die feeste uit, maar los Jesus Christus terselfdertyd daarin? Dit is gewoon nie moontlik nie.

    Nou het ek my nek ver genoeg uitgesteek vir eers.
    Groete
    David

  14. #14
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    5,345
    David

    Dankie, nou verstaan ek die feeste ook beter. As jy na my pos in die Engelse forum "End Times timeline" kyk, dink jy die beskouing van die feeste in 2014/2015 is korrek?

    http://bibleforums.org/showthread.php?t=124437

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

  15. #15
    Quote Originally Posted by David2 View Post
    3. Nog 'n implikasie van die feeste is om met so 'n bietjie anderste oë na Pinksterdag te kyk as wat die kerk tot nou toe gewoond was om te doen. Pinkster is nie soos die meeste Christene dink die begin van die bedeling van die kerk nie. Dit is eerder die vervulling en afsluiting van 'n belofte aan die volk Israel.
    Weereens dankie vir jou omvattende antwoord David.
    Bogenoemde aanhaling laat my egter oor iets wonder : Sê jy dus dat Pinkster in der waarheid die aanvang van die Nuwe Verbond aandui, spesifiek vir Israel, wat dan uiteindelik deur Israel negeer is ?
    Indien wel, wanneer is die verbond dan uitgebrei na nie-israeliete soos ons toe ?

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •