cure-real
Page 1 of 4 1234 LastLast
Results 1 to 15 of 46

Thread: Wedergeboorte !

  1. #1

    Wedergeboorte !

    Ons almal het op dieselfde manier ďontstaanĒ as te ware : ín selletjie van jou pa, en ín selletjie van jou ma ontmoet mekaar, interweef met mekaar, en word een nuwe sel. Hierdie sel bevat die helfte van pa, en die helfte van ma se kromosone, en ín splinternuwe, absoluut unieke DNA string begin om die res van jou te kodeer.

    Het jy ín keuse gehad in hierdie proses ? Kon jy self besluit of jy wil gebore word, en of jy minder of meer soos jou ouers wil wees ?

    In Psalm 139 staan daar :

    Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.
    My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
    U oŽ het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.



    Die KJV sÍ dit eintlik nog mooier :

    I will praise thee; for I am fearfully and wonderfully made: marvellous are thy works; and that my soul knoweth right well.

    Ons is inderdaad almal wonderwerke : wonderlike werke van God. Die Lewende God wat, nog voor die skepping, reeds alles bepaal het, en ons vleeslike liggame in ons mamma se skoot gevorm het.

    Die vraag is dus : Indien ons as individue geen keuses gehad het met ons vleeslike geboorte nie, en dat ons weliswaar elkeen ín Goddelike skepping is, hoekom sal ons geestelike geboorte anders wees ?

    Christus sÍ aan Nikodemus :

    .... Voorwaar, voorwaar Ek sÍ vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (Joh 3)


    en later in dieselfde hoofstuk :

    Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
    Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesÍ het, julle moet weer gebore word nie.


    Paulus skryf in Romeine :

    Want die wat Hy vantevore geken het, diť het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, diť het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, diť het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, diť het Hy ook verheerlik. (Rom. 8 : 29,30)



    Wat ín wonderlike gedagte is dit nie hierdie nie ! Net soos ons vleeslik gelykvormig is aan die beeld van ons ouers as gevolg van ons vleeslike DNA, is ons vooraf bestem om geestelik gelykvormig te wees aan Christus, as gevolg van ons ďgeestelike DNAĒ .
    Net soos ons nie ín keuse het om ons ouers se gene te besit, en gebore te word nie, het ons ook nie ín keuse om ons Geestelike Vader se geestelike DNA te besit, en geestelik gebore te word nie.

    Ek gebruik natuurlik die idee van geestelike DNA figuurlik, maar die punt staan : Die Soewereine God het besluit jy word weer gebore, as ín Kind van Hom. Ons het, net soos met ons vleeslike geboorte, nie ín keuse of ín sÍ hierin nie. ín Ander alternatief is niks anders as die verkondiging van ín goedkoper genade nie, waar jy as nietige mens die Hand van God elke keer kan laat oorspeel, waar mens beweer dat die verordinge van God geveto kan word deur die wil van Sy skepsels.

  2. #2
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    5,345
    Fila

    Jy het het baie pragtig gestel.

    ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christusóuit genade is julle geredó (Eph 2:5)

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,972
    Blog Entries
    10
    Her-roep..............................
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  4. #4
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ek gebruik natuurlik die idee van geestelike DNA figuurlik, maar die punt staan : Die Soewereine God het besluit jy word weer gebore, as ín Kind van Hom. Ons het, net soos met ons vleeslike geboorte, nie ín keuse of ín sÍ hierin nie. ín Ander alternatief is niks anders as die verkondiging van ín goedkoper genade nie, waar jy as nietige mens die Hand van God elke keer kan laat oorspeel, waar mens beweer dat die verordinge van God geveto kan word deur die wil van Sy skepsels.
    Hoe werk genade dat dit goedkoop en duur kan wees? Ek probeer verstaan.

  5. #5
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,029
    Quote Originally Posted by Freek View Post
    Hoe werk genade dat dit goedkoop en duur kan wees? Ek probeer verstaan.
    Goedkoop en duur genade is die grootste probleem in ons dag. Daar is net een weg om Jesus te vind en dit is deur die kruisboodskap, waar elkeen moet sterf om te kan lewe. Dit vra 'n duur prys en baie wil op 'n makliker of goedkoper wyse by Jesus kom, vandaar goedkoop genade...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  6. #6
    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Goedkoop en duur genade is die grootste probleem in ons dag. Daar is net een weg om Jesus te vind en dit is deur die kruisboodskap, waar elkeen moet sterf om te kan lewe. Dit vra 'n duur prys en baie wil op 'n makliker of goedkoper wyse by Jesus kom, vandaar goedkoop genade...
    CFJ, ek verstaan nog nie. Ek het nou 'n besluit geneem. Was dit die duur of goedkoop manier? Ek probeer wat jy geskryf het in verband bring met wat ek in die Bybel gelees het.

  7. #7
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,029
    Hi Freek,

    Dit is 'n vraag wat ekself nie 100% kan weet nie, maar wat ek wel weet, is dat geen mens God sal vind, as Hy nie bemoeienis met mens maak nie. Om by Hom uit te kom, is daar 'n pad van vernedering om 'n proses aan die gang te kry, waar die eie ek of die trotste self moet sterf en God skep hierdie omstandighede, waarbinne ons dan optree soos Sy genade alleen kan bepaal. Net die feit dat ons asemhaal is genade en elke keuse wat ons maak is ook maar net genade. As die Here jou as persoon oortuig om Jesus aan te neem, sal dit op 'n punt kom waar mens verlore is en daarom het mens dan 'n Redder nodig. Jesus het immers net gekom om te soek en te red, die wat verlore is, staan daar 'n paar keer in die evangelies. Daar is egter mense wat in eie krag almal wil 'bekeer' en goedkoop genade het 9 uit 10 keer met hierdie scenario te doen, alhoewel ek nou nie 'n wet van 9 uit 10 keer wil maak nie. Dit is maar meer 'n saak van mens kom uit eie oortuiging na Jesus en moet dit nooit doen omdat mense jou manipuleer om daar te kom nie. Sulkes soek baie keer die eer dat hulle soveel of soveel mense tot bekering gebring het...

    As jy wil kan jy 'n draad in 'Chat to the Moderators' oopmaak, sou jy meer privaat wil gesels, maar dit is jou eie keuse hoe jy dit wil doen...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  8. #8
    (1Co 6:20) Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
    (1Co 7:23) Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.

    As ek 'n "search" doen in E-Sword (AOV) vir die woorde "duur gekoop", dan kry ek die 2 verse. As ek "search" doen vir "goedkoop", kry ek geen resultate nie. Miskien se dit vir my daar is net een manier hoe ek waarlik tot bekering kan kom....die prys was DUUR!

    'n Ander manier hoe ek ook daarna kyk is byvoorbeeld in my ondervinding gaan ware wedergeboorte of bekering hand aan hand met 'n werklike behoefte en begeerte om Jesus aan te neem as jou Verlosser. Jy is in sak en as en jou enigste uitkoms is Jesus....op jou kniee en gewoontlik is dit met trane en die hele works.

    Ek het al goedkoop bekeinrgs gesien, en ek dink die meeste van hulle is "valse" bekerings soos waar 30 000 mense op 'n stadion gelyk hulle hande opsteek om Jesus aan te neem. Moet my ook nie verkeerd verstaan nie, daar is heel moontlik ware bekerings, maar vir die meeste is dit maar net 'n "handopsteek". Mesne wat nie WERKLIK 'n behoefte het om Jesus aan te neem nie.

    'n Mens kan ware bekering ook meet aan "werke". Jy ontwikkel 'n baie sterk wil om meer van die Bybel en die Woord te leer. Jy kan nie genoeg teenoor mense getuig van jou bekering nie. Jy ontwikkel 'n ongekende liefde vir die Here wat jy nooit voorheen gehad het nie. Jy breek met sonde. Jy draai jou rug op die wereld en jy sal heel moonlitk vriende en selfs familie in die proses verloor. Jy besoek nie meer die plekke waar jy gewoontlik uitghang het met jou "wereldse' vriende nie.

    Dit is nie altyd 'n maklike pad nie, maar beslis die moeite werd!

  9. #9
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    (1Co 6:20) Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
    Ek het hierdie versie op 'n body building site gesien, maar ek dink nie dis die konteks nie, of hoe?

    As ek 'n "search" doen in E-Sword (AOV) vir die woorde "duur gekoop", dan kry ek die 2 verse. As ek "search" doen vir "goedkoop", kry ek geen resultate nie. Miskien se dit vir my daar is net een manier hoe ek waarlik tot bekering kan kom....die prys was DUUR!

    'n Ander manier hoe ek ook daarna kyk is byvoorbeeld in my ondervinding gaan ware wedergeboorte of bekering hand aan hand met 'n werklike behoefte en begeerte om Jesus aan te neem as jou Verlosser. Jy is in sak en as en jou enigste uitkoms is Jesus....op jou kniee en gewoontlik is dit met trane en die hele works.

    Ek het al goedkoop bekeinrgs gesien, en ek dink die meeste van hulle is "valse" bekerings soos waar 30 000 mense op 'n stadion gelyk hulle hande opsteek om Jesus aan te neem. Moet my ook nie verkeerd verstaan nie, daar is heel moontlik ware bekerings, maar vir die meeste is dit maar net 'n "handopsteek". Mesne wat nie WERKLIK 'n behoefte het om Jesus aan te neem nie.

    'n Mens kan ware bekering ook meet aan "werke". Jy ontwikkel 'n baie sterk wil om meer van die Bybel en die Woord te leer. Jy kan nie genoeg teenoor mense getuig van jou bekering nie. Jy ontwikkel 'n ongekende liefde vir die Here wat jy nooit voorheen gehad het nie. Jy breek met sonde. Jy draai jou rug op die wereld en jy sal heel moonlitk vriende en selfs familie in die proses verloor. Jy besoek nie meer die plekke waar jy gewoontlik uitghang het met jou "wereldse' vriende nie.

    Dit is nie altyd 'n maklike pad nie, maar beslis die moeite werd!
    Johnny, ek dink jy oordeel te gou en te maklik. Waarom doen jy dit? Jy ken moes nie die mense se harte nie, broer.

  10. #10
    Hallo Freek,
    As ek weer deur my openingsplasing lees ( In 2008 geskryf ... ek raak nou oud ) dan was my idee met die skrywe om te wys dat "wedergeboorte" dalk veel meer behels as wat ons altyd besef. Ek het die idee van 'n vermenging van "geestelike DNA" gebruik juis omrede ons na ons tweede geboorte deel raak van Christus se liggaam, en juis om hierdie rede geestelike veranderinge ondergaan wat ons 'n hele leeftyd kan neem om die totale omvang daarvan te begryp. Die oomblik wat ons dus Christus aanneem as verlosser is GROOT !

  11. #11
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,875
    Hallo. Wedergeboorte is 100% die werk van God Dit is daar vir almal wat Christus in geloof aanneem. Geloof in Christus self is egter nog nie wedergeboorte nie, maar God wederbaar op grond van die mens se geloof:

    Joh 1:12-13 "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; (13) wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is."
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  12. #12
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Besef ons aldag die voorbeeld wat God in Christus vir ons gegee het m.b.t. wedergeboorte ....

    God, wat Gees is, het mens / vlees geword in al die volheid daarvan..... en tussen ons, op ons modderaarde kom woon ......

    .....nie uit die bloute die aarde betree as grootmens nie ..... maar Hy is as brose baba gebore.....

    .....die Skepper Gees van die heelal ........wederegebore as mens .... ten volle mens .....

    .... sodat die mens se verlore gees weer herstel kan word in wedergeboorte ......

    ...... vertel dit iets van wat ons weredgeboorte in gees beteken ? ...............

    .........
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  13. #13
    Join Date
    May 2010
    Location
    Secunda
    Posts
    26
    Die wedergeboorte is soos Philip sÍ 100% die werk van God. Volgens 1Pet.1:3 is dit 'n geskenk van God. Hy skenk dit aan elke mens op aarde met die opstanding van Jesus Christus uit die dode. Elke mens het dus die wedergeboorte, die ewige lewe, ongelukkig gaan baie verlore omdat hulle hierdie geskenk nie aanvaar nie.

  14. #14
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Ons almal stem saam dat die geestelike wedergeboorte die werk van God alleen is ............

    Wat sou julle se is die plek / werk / verantwoordelikheid / inset van die persoon self in bekering ?

    ........
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  15. #15
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,875
    Hy moet dit glo. Geloof is egter nie 'n inset of 'n werk nie, maar op sigself leeg.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Bekering of wedergeboorte?
    By CFJ in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 6
    Last Post: Jan 27th 2010, 11:11 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •