Your Advert here
cure-real
Page 4 of 4 FirstFirst 1234
Results 46 to 59 of 59

Thread: Die Hemel is 'n werklikheid.

  1. #46
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,485
    Quote Originally Posted by protea View Post
    As n mens baie artikels op die forum of elders lees, is daar feitlik onmiddellik kritiek van mense op persone se bedienings of boeke wat hulle geskryf het en dit hinder my geweldig . Daarom bid ek ook vir die Here om NOG n groter gawe van onderskeiding. Ek stem saam met 1 Joh 4 :1waar daar opdrag gegee word om alles te toets aan die Woord sodat die suiwer Woord verkondig kan word.

    Ek kry die indruk by baie skrywes dat ons as mens die Here in n boksie wil sit en Hom so wil voorskryf en manipuleer hoe en waar Hy moet beweeg en hoe en waar Hy wat moet doen. Dit is vir my so oneindig hartseer.

    Die hooftemas van Choo Thomas se Hemel is n werklikheid en die boek oor die Hemel van Mary Baxter is : Bekeer jou , want die Wederkoms van Jesus is naby! Dis die dringende boodskap wat almal moet hoor ,want ons glo almal dat die tyd elke dag minder raak na die Wederkoms. Waarom die geweldige afkraak van so n oproep tot bekering?

    Wie is ons om God te probeer manipuleer as Hy in Sy alwyse raad buite-Bybelse middele wil gebruik om mense na Hom te trek? Ons kerk het die vakansie n uitreik Msinga toe gehad en om die jong mans te betrek, is n sokkerwedstryd die Woensdag gereel. Die wonder daarvan was dat die 'chief' van die stam vir die eerste keer in die 17 jaar wat die uitreik gehou word teenwoordig was EN die sokkerspan (van almal jong manne!) was die volgende dag weer daar en al die sokkerspelers is na Jesus toe gelei!!! Die sokker wedstryd gaan nou n jaarlikse instelling wees en ek glo die 'chief' gaan dit op sy lysie van 'geleenthede-om-by-te-woon' skryf. Was die buite-Bybelse middele wat gebruik is onBybels?

    Ek sien in beide vrouens se boeke net een ding: Ons aanbid SO n genadige en liefdevolle God wat nie wil he dat EEN mens verlore moet gaan nie! As net een siel vir Jesus gewen kan word daardeur dan was die skrywe daarvan die moeite werd.
    Hallo protea!

    Ek verstaan jou siening, want ek het byvoorbeeld Mary Baxter se boek 2 keer gelees, juis omdat dit so reg lyk. Toe ek egter haar besoek aan die hemel en haar besoek aan die hel met die Skrif toets, toe ontdek mens die volgende.

    Wat kon Paulus ons vertel van die hemel, na hyself weggeruk was tot in die 3de hemel...?
    Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. En ek weet van so ‘n man—of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit— dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie.
    (2Kor 12:2-4)

    Wat moes die ryk man leer, rakende die Skrif se alleen-gesag, betreffende die hel...?
    En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur— want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
    (Luk 16:27-31)
    Moses en die Profete is die Ou Testament (OT)... en die OT sê nie eers baie oor die hel nie... Ons is totaal blind vir die dinge wat in die hemel is, want Jesus sê dit self...
    As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
    (Joh 3:12)
    Dit is soos om vir 'n blinde te vertel hoe lyk blou of geel. Wat presies in die hemel wag, kan ons nie nou weet nie en ek glo werklik dat Mary Baxter en ook Choo Thomas, se verbeelding met hulle weggehardloop het. Die Skrif getuig teen hulle getuienisse, so glo ek in my hart...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  2. #47

    CFJ - Amen Amen Amen

    Ferdi wat jy met jou vorige plasing gedoen het was great - nee eerder prysenswaardig. Dit is wat mens geestelike onderskeiding noem - toets alles aan die Skrif - soos die Bereans met Paulus gedoen het (in nederigheid).

    Dit spreek boekdele ook oor jou karakter - i.e. die nederigheid waarmee jy dinge deur gewerk het. Ek dink jy het vir jou self gesê "ek mag dalk verkeerd wees, kom ek lees die boek weer - sodat wat ek sien en lees, dit gaan meet met die onfeilbare Woord van God (want ek is 'n gevalle mens en kan nie net op my eie persepsies vertou nie.)"

    Jou plasing is so kragtig en tot die punt ek KAN niks meer kommentaar skryf nie (tussen jy en Son of the South het julle terug gedraai na die Skrif vir antwoorde - en soos hulle hier sê "you nailed it").

    Ferdi - miskien gebaseer op my vorige plasing (net voor joune as antwoord op Anneke se plasing oor die nasie se hardkoppigheid) kan ons dalk praat op 'n nuwe draad oor hoe die "gevallenheid / verdorwenheid / 'depravity' van die mens manifesteer in trots / hardkoppigheid en dit die natuurlik gevolg het geestelike blindheid en gebrek aan onderskeiding.

    Ek sal graag vir mense wil wys hoe hierdie belangrike leering - Total Verdorwendheid v/d Mens in soveel aspekte van die samelewing manifesteer - en ook hoe 'n gebrekkige siening hiervan lei tot die samelewing en regering wat ons vandag sien.
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  3. #48
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699

    90 minutes in heaven

    Enige iemand die gelees?

    Sal graag goeie review wil lees; onder die skrif se lig sodat ek weet voor ek opgewonde raak oor God en boek aanpass wat nie Sy waarheid verkondig nie.

  4. #49
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Willem

    Ek het nog nie dit gelees nie, maar ek het 'n baie pertinente standpunt hieraangaande. Die Woord se duidelik in Openbaring dat daar 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde sal kom, dit pla my baie dat mense dinge sien wat nog nie eers daar is nie.

    Dan, kyk byvoorbeeld and Paulus waneer hy in die liggaam of die gees (?) na die derde hemel opgegaan het (dit is nie die nuwe hemel nie, dit is waar God is en waar Jesus nou voor God sit as jou advokaat), dit wat hy daar gesien het was onuitspreekbaar, Johannes self kan nie die dinge uitspreek wat hy in die hemel sien nie (3de hemel), hoekom nou skielik hierdie mense wat vir jou so in detail kom verduidelik hoe dit daar lyk, dat gaan heeltemal teen die basis wat die Skrif daar vir ons stel.

    Dit is natuurlik maar net my nederige opinie hieraangaande

    Groete
    Phil

  5. #50

    Arme Johannes

    Arme Johannes, Jesus se geliefde dissipel het nie eens ervaar wat baie van hierdie skrywers ervaar het nie.
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  6. #51
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    5,345
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Willem

    Ek het nog nie dit gelees nie, maar ek het 'n baie pertinente standpunt hieraangaande. Die Woord se duidelik in Openbaring dat daar 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde sal kom, dit pla my baie dat mense dinge sien wat nog nie eers daar is nie.
    Phil, baie waar woorde, dit MOET nog kom.

    my God; in Him I will trust (Psa 91:2).

    If you have not accepted Jesus Christ as your Savior, NOW is the time.

    Persevere, pray and be ready for the Return of Christ.

  7. #52
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Dankie Phillip,

    Dit is wat ek so geniet hier, die Woord is eerste, alles moet daaraan gemeet word. En ek het nog nie genoeg gelees nie, maar ek kan manne "en dames!" wat al het vra en eerlike antwoorde kry. Het nog nie gedink aan die nuwe hemel en nuwe aarde nie, maar dis definitief nie soos die Cho iets vrou se "besoeke" nie. Dit het net verkeerd gevoel.

    Wat ek wel uit die biek uit sal vat is dat mens nie eers sal kan dink hoe dit moet wees om in God se teenwoordigheid eendag te moet wees nie.
    Eph 3:20 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,
    Eph 3:21 aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

  8. #53

    Diagram oor Hemel

    Hier is 'n pakket met diagramme oor die Hemel

    Geniet dit.

    http://cid-ae4774f56733d422.skydrive...y%20Alcorn.zip

    {b.g. is nie 'n webtuiste nie, maar wel 'n databasis}
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  9. #54

    Hier is 'n Oulike Vou-biljet

    Hier is 'n baie oulike blaadjie oor die Hemel.

    Geniet dit! Aflaai adres hieronder - dit is 'n zip-file met drie blaadjie - druk dit uit - en versprei


    http://35t2aa.bay.livefilestore.com/...n.zip?download
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  10. #55

    Re: Die Hemel is 'n werklikheid.

    Hi Lanie

    Hoop dit gan goed?Wil net uitvind of jy toe die boek van Choo Num gelees het"Die Hemel is n Werklikheid"

  11. #56
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Die Hemel is 'n werklikheid.

    Quote Originally Posted by AJR View Post
    Hi Lanie Hoop dit gan goed?Wil net uitvind of jy toe die boek van Choo Num gelees het"Die Hemel is n Werklikheid"
    Hallo AJR. Lanie is nie regtig meer betrokke op die forum nie, maar so tussen die os en die jas......glo jy die storie? Volgens die Bybel kan NIEMAND hemel of hel toe gaan en dan terugkom aarde toe om te vertel hoe dit daar was nie. Lees gerus die hele Lukas 16 en ek haal die laaste gedeelte aan:

    Luk 16:27 En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur— Luk 16:28 want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. Luk 16:29 Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Luk 16:30 Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Luk 16:31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
    Dit is sommer 'n bog (boek) storie.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  12. #57
    Join Date
    Jun 2012
    Location
    North West
    Posts
    10

    Re: Die Hemel is 'n werklikheid.

    Dis 'n oud draad maar ek wil tog iets noem wat ek tussen 'n post van Ferdi en 'n stuk van Choo Thomas se boek besef het:

    Quote Originally Posted by CFJ View Post

    As 'n demoon jou beset (demon possession) sal jy in jou gebeente aangeval word en daar sal sekere vaste of primêre patrone wees en skielike onbeheersde woedebuie en ook selfmoord kan iets wees wat in jou manifesteer. Hierdie demoon/-ne kan jou op die grond neerwerp en rukkings laat kry. Jy sal bepaald iewers jouself moes oopstel, waar die demoon in jou kom woon het en 'n demoon wat in jou woon wil jou hele lewe omvêr-werp. Met 'demon oppression' sal die patrone nie so vas wees nie en gaan dit meer oor demone wat 'n woning in jou soek en nog nie dit kon kry nie. Sulke demone sal jou byvoorbeeld net vasdruk in jou bed en vlug weer na 'n tyd. Iewers sal daar tog 'n sekondêre patroon wees, soos 'n sekere program op televisie waarna jy kyk en dan daarna val hulle jou aan of 'n plek wat jy van tyd tot tyd besoek of 'n persoon wat jy besoek of 'n ritueel wat jy iewers beoefen.
    Uittreksel uit Heaven is so real:

    I had another profound spiritual experience on Easter Sunday 1995. While attending services with my family at Puget Sound Christian Center, my body began to shake violently, and we had to stay for second service. I was experiencing the same phenomenon known among Quakers, Shakers and early Pentecostals.
    Since then, my body never stops shaking in church or during my prayer time at home.
    Let op die rooi deel van Ferdi se post en wat Choo Thomas ondervind het......dit laat my maar net wonder...

  13. #58
    Join Date
    Jun 2012
    Location
    North West
    Posts
    10

    Re: Die Hemel is 'n werklikheid.

    Ek het Heaven is so real op PDF en het so paar hoofstukke daarvan gelees maar toe ook daardie 'gevoel' gekry wat my laat ophou lees het.

    Volgens Choo Thomas het sy elke keer voor haar besoeke aan die hemel begin ruk en 'groan' vir 20 - 30min. En dit was altyd in die nag, in die duistenis...

    Nou kyk, ek weet nie veel van die onderwerp af nie, maar dit klink nie vir my na God se werk nie, baie meer na 'iets' wat van haar besit neem, soos Ferdi verduidelik in die deel wat ek aangehaal het in my vorige post.

    Gelukkig weet ek ook, diegene wat die boek gelees het en glo en geniet het en aangee vir ander om te lees, dit onwetend van die waarheid gedoen het, en dit aan die einde Choo Thomas self is wat verantwoording sal moet doen, nie die 'slagoffers' wat haar boek gekoop, gelees, versprei en geglo het nie.

    Ongelukkig is die meerderheid Christene nie so vertroud met die Woord nie, en nie almal maak 'n studie van alles wat hulle lees om die egheid daarvan te bepaal nie.

  14. #59

    Re: Die Hemel is 'n werklikheid.

    Quote Originally Posted by Esme' View Post


    Let op die rooi deel van Ferdi se post en wat Choo Thomas ondervind het......dit laat my maar net wonder...
    Ek dink nie jy hoef te veel te wonder nie !

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •