God se Name en die Wet
‘n Verbandhoudende probleem met die terugkeer na Ou Testamentiese gebruike en name is ‘n neiging terug na die wet. Dit is nog veel ernstiger omdat dit jou saligheid in die gedrang kan bring. Indien mens egter 'n objektiewe studie oor die wet in die NT doen (m.a.w. nie net selektief sekere gedeeltes aanhaal wat jou siening ondersteun nie) dan is dit duidelik dat ons in die tyd ná Jesus se kruisiging, opstanding en die uitstorting van die Heilige Gees nie meer onder die wet is nie:
·"Want die sonde sal oor julle nie heers nie, want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade" (Rom. 5:14).
·"Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo" (Rom. 10:4).
·"As daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterf" (Gal. 2:21).
·"Julle wat geregverdig wil wees deur die wet is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval" (Gal. 54).

Waarom wil mense na die skaduwees van die wet terugkeer nadat die volle vervulling van God se genadewerk deur Jesus Christus in die NT tot hulle beskikking is? Is Christus, die Heilige Gees en God se liefde nie vir hulle genoeg nie? Wil hulle dit deur die wet aanvul en sodoende afbreuk aan die genade doen? Laat dit ver van ons af wees om in hierdie dwaling te verval.



Bookmarks