Your Advert here
cure-real
Results 1 to 13 of 13

Thread: As ek jou sou vra

  1. #1
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10

    As ek jou sou vra

    As ek jou sou vra om in minder as 300 woorde die goeie nuus van die evangelie van Jesus Christus te vertel, wat sal jy vir my sê?
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  2. #2
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Die Evangelie in n neutedop.

    Joh 3 vs 16 : God het Protea so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het , sodat Protea wat in Hom glo , nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal he!!!
    Last edited by protea; Sep 5th 2008 at 03:29 PM. Reason: Wrong info

  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10
    Slegs een response uit 39 keer wat die vraag gelees is??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  4. #4

    Lightbulb

    Gemeet aan die diepte en toewyding van baie "Christene" glo ek is daar 'n gebrekkige begrip van die Evangelie. Daar is ten minste 10 feite - 10 nie-onderhandelbare feite rakende die Evangelie wat 'n mens moet omhels ligaam/siel/gees om gered te kan word.

    Jy moet dus glo en bely dat:

    1. God bestaan (Heb 11:6)
    a. Heilig is en vry van Sonde is
    b. Regverdige Regter is wat sonde toereken
    c. God is geheel en al anders as die Mens



    2. Jesus die Seun van God is wat:
    a. Sondeloos is (Heb 4:15)
    b. God- in die Vlees is (Rom 5:15)
    c. Perfekte Losprys was vir Sondaars (Matt 20:28)
    i. Kruis dood op Golgota en Begrawe is
    ii. Opgestaan na die 3de dag = God bevestig Jesus se offer

    --- SKEIDING TUSSEN MENS EN GOD ---

    3. Mens geheel en al verdorwe
    a. Geen aangetrokkenheid tot God het nie (1 Kor 2:12ff)
    b. Geensins in staat is tot enige goedheid nie (Gen 6:5)
    c. Mens soek sy eie eer en nie God se eer nie (Rom 3:23)


    -------JESUS OORBRUG DIE SKEIDING------

    4. Oplossing vir die Mens se Verwydering van God
    a. Glo en Bely dat hy jou saligmaker (iemand wat vir jou toegang tot God kan gee (Rom 10:9ff)

    ------CHRISTENSKAP KOS ALLES-------

    5. Bereken Eers die Kostes
    a. Ewige lewe kan die gekoop word nie maar kos jou alles (Luk 14:28)
    b. Christenskap gaan jou dalk jou lewe kos (Luk 14:27)


    Ek heg 'n pamfletjie aan: Jy kan dit aflaai deur hier te klik http://bibleforums.org/attachment.ph...9&d=1212615643
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  5. #5
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,145
    Anton
    Mooi saamgevat. Net 'n stukkie kommentaar oor algehele verdorwenheid: (dit is so ietwat van die oorspronklike bedoeling van die draad af en die mods kan maar die draad split as dit moet)


    3. Mens geheel en al verdorwe
    a. Geen aangetrokkenheid tot God het nie (1 Kor 2:12ff)


    Johan Heyns het gesê: “Na die begin van die geestelike lewe in die roeping en wedergeboorte, is geloof die eerste duidelike teken van die groei van die geestelike lewe.” Hy sê dus duidelik dat God eers die geestelike lewe in die mens moet plant voordat die mens kan glo. Dit is dan ook die groot rede waarom daar so min evangelisasiedienste in die groot kerk plaasvind. Hulle verstaan van die Bybel maak dit vir ‘n ongelowige mens onmoontlik om te glo. Evangelisasie moet dus aan God oorgelaat word. Hy moet eers die mens geestelik lewendig maak voordat die mens op ‘n oproep om Christus aan te neem, kan reageer.
    Wanneer die Gereformeerdes dus praat van algehele verdorwenheid, bedoel hulle dat die mens in sy verlore toestand niks kan bydra tot sy verlossing nie en selfs ook nie kan glo tot redding nie. Die verse wat hulle as bewys hiervoor aanhaal, is Joh. 6:44, Rom. 3:10,11, 1 Kor. 2:14 en Ef. 2:1.
    Joh. 6:44 sê: “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat my gestuur het, hom nie trek nie; en ek sal hom opwek op die laaste dag.” Hieruit lei hulle af dat niemand na die Here kan soek nie. God sal eers die mens na Hom toe trek en dan sal hy gered word. Hierdie “trek" baseer hulle dan op die uitverkiesing. God trek net die wat Hy voor die grondlegging van die aarde uitverkies het. Is dit waar? Kom ons vergelyk die vers met Joh. 12:32: “En ek, as ek van die aarde verhoog word, sal almal na my toe trek”. Wie is dit wat getrek word? Is dit net die uitverkorenes? Nee, dit is almal. Dit beteken nie dat almal gered sal word nie, maar dit beteken wel dat dit vir elke mens daadwerklik moontlik is om gered te word. Maar die Gereformeerdes glo dat dit net die “uitverkorenes” is wat gered kan word.
    Rom. 3:10,11 sê: “Daar is niemand regverdig nie, daar is selfs nie een nie. Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.” Hier staan dit weer, sê hulle, niemand kan God soek nie. Jy moet dus eers wedergebore word sodat jy kan glo. Is dit waar? Wel, dit staan hier dat daar niemand is wat God soek nie. Ons sê dat dit nie deel van ‘n mens se natuurlike geneigdheid is om na God te soek nie. Maar tog het God hiervoor ‘n oplossing en die oplossing is nie die uitverkiesing nie. Rom. 1:18,19 sê reeds dat God Homself in ‘n groot mate aan alle gevalle mense geopenbaar het. Op grond van die algemene openbaring van God, kan die gevalle mens van Hom weet en kan hy na Hom soek. Rom. 2:15 sê ook dat die beginsels van God se wet in alle mense se harte geskrywe staan en dat hulle ‘n gewete het wat hulle beskuldig. Dit is wat Hand. 17:27 bedoel as daar staan: “... sodat hulle die Here kan soek, of hulle Hom miskien kan aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie.” God het Homself naby gebring en in Jesus Christus “vindbaar” gemaak vir elke verlore siel.
    Maar wat nou van 1 Kor. 2:14? “Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.” Weer sê die Gereformeerdes: Hoe kan die natuurlike mens hoegenaamd glo tot redding? Dit is tog onmoontlik, want die natuurlike mens kan die dinge van God nie verstaan nie. Is dit waar? Let egter op dat Paulus in hierdie hele gedeelte besig is om die openbaring in die Skrif te bespreek. 1 Kor. 2:7 praat reeds van die verborgenheid wat die heersers van hierdie wêreld nie kan verstaan nie, maar wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid. Dit het in niemand se hart opgekom nie, maar God het dit deur sy Gees aan ons geopenbaar. Dit gaan nie hier in die eerste plek om gered te wees nie; dit gaan eerder oor God se hele verlossingsplan vir hierdie bedeling. Sou enige mens ooit aan so iets kon dink? Nee! Dit was God wat dit berei het en op die regte tyd deur die bemiddeling van Paulus aan die mensdom bekend gestel het (1 Kor. 2:13). Ons antwoord op die Gereformeerdes as hulle 1 Kor. 2:14 aan ons as bewys voorhou dat geen natuurlike mens in God kan glo nie, is dat dit hoegenaamd nie die bedoeling van die vers is nie. Die vers sê net dat ‘n mens die verborgenheid nie kan verstaan nie en ook nie kon uitdink nie. Maar ‘n natuurlike mens kan nog steeds en moet inderdaad “Ja” sê vir die Here en sy ganse lewenslot aan Hom toevertrou as hy gered wil word, self al verstaan hy dan nog nie die verborgenheid nie. Die Bybel noem die verlossingsplan die verborgenheid omdat dit eers vanaf Paulus se tyd is wat dit aan die mensdom openbaar is. Dit is voorheen nooit geken of gepredik nie.
    En nou Ef. 2:1: “En julle het Hy lewend gemaak wat dood was deur die misdade en die sondes.” Weer sê die Gereformeerdes dat hierdie vers die finale bewys is dat ‘n ongeredde mens nie ‘n vinger kan verroer om nader aan die Here te kom nie, want hy is dan dood. God moet hom eers lewend maak sodat Hy kan glo. Is dit waar? Lees verder in vers 2. Daar staan dat hierdie dooie mense gewandel het. Hier word dus nie gepraat van mense wat liggaamlik dood is of wat breindood is nie. Ons het reeds in Romeine gesien dat die gevalle mens oor ‘n openbaring en ‘n gewete beskik wat hom na God kan laat soek. Hierdie mense is wel dood in die Gees, m.a.w. hulle bestaan net uit siel en liggaam. Maar jy het as verlore mens nie die gees nodig om te kan sê: “Ja, Here” nie. Jou gewete, God se roeping en algemene openbaring aan jou, kan wel in jou siel en jou verstand jou tot stilstand ruk. Op daardie punt moet die verlore sondaar homself aan God se genade oorgee sodat die Gees kan inkom om hom lewend te maak.

    Ek stem saam met die Gereformeerdes dat die mens totaal verlore is in sy sonde en niks kan doen om homself te red nie. Ek glo dus ook in die eerste punt van die TULIP,naamlik in algehele verdorwenheid. Geen mens kan homself aan sy skoenveters optel nie. As jy skuld en rekeninge van ‘n miljoen Rand gehad het en in totale radeloosheid oorweeg het om jou eie lewe te neem en ‘n welgestelde man kom na jou en bied aan om jou uit jou skuld uit te koop, wat doen jy dan? Jy is wel totaal radeloos en in onvermoë om iets tot jou eie rehabilitasie by te dra, maar nou sit jy met ‘n aanbod. Wat maak jy? Jy is nie so ver in die skuld dat jy nie kan opspring en uit blye dankbaarheid die aanbod kan aanvaar nie. Die dooie, verlore sondaar is ook nie so dood dat hy nie met alle mag kan uitroep “Ja, Here!” nie. Ons werk nie saam om ons verlossing tot stand te bring nie. Ons kan nie! Maar ons kan en ons moet reageer deur geloof in die offer van Jesus aan die kruis. Dit is essensieel. As ons dit nie doen nie, is ons vir ewig verlore: “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding” Rom. 10:9,10.
    Last edited by David2; Sep 7th 2008 at 04:50 PM.

  6. #6
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by ACCM View Post
    As ek jou sou vra om in minder as 300 woorde die goeie nuus van die evangelie van Jesus Christus te vertel, wat sal jy vir my sê?
    Ek weet nou nie so mooi van 300 woorde nie, maar die heel belangrikste is dat jy moet besef dat jy totaal en al verlore is. Dat daar NIKS is wat jy kan doen om jouself te red nie (Romeine 3:23 en Romeine 6:23) Al die goeie dade, al die kerkbesoek in die wereld, al die gebed en Bybel lees, alles beteken NIKS (Jesaja 64:6) Jy en ek verdien die dood en ons is op pad hel toe....

    MAAR God het die inisiatief geneem en iets gedoen aan ons verlorenheid. Hy het Iemand gestuur wat self vlekkeloos en sonder sonde is, om die straf vir ons sonde te dra, sodat daar vergifnis vir ons sondes kan wees. (Joh 3:16) Ons sondes word op Jesus se rekening geplaas.(Matt 8:17) En daardie rekening het Hy vereffen op Golgota toe Hy uitgeroep het : Dit is volbring (vereffen / ten volle betaal)"

    Al wat ons kan doen om gered te word van die ewige verderf, is om in Jesus Christus te glo, m.a.w. op Hom alleen te vertrou, en Hom aan te neem as ons ENIGSTE Verlosser en Redder.(Johannes 1:12)

    Dis die goeie nuus: Al is ek totaal verlore, daar is 'n manier om die dood vry te spring. Net een manier - JESUS CHRISTUS!

    (Nie getel nie maar ek skat dis omtrent 300 woorde?)

  7. #7
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Natuurlik behels 'n oorgawe meer as dit wat ek hierbo gese het (Prysberekening, totale omkeer, geestelike groei ens ens ens) Maar om 'n ongeredde mens by daardie oorgawe te bring, moet die boodskap nie te ingewikkeld wees en te veel detail bevat nie. Dis net nodig dat hy/sy moet besef dat hy/sy verlore is en dat slegs Jesus Chrisus die oplossing het. Daarna moet so persoon verder begelei word, maar die Goeie Nuus (Evangelie) is bloot dat Jesus die antwoord is op die probleem van verlorenheid....

  8. #8
    Oulike draad An.

    Ek sal dit so eenvoudig as moontlik vir iemand probeer oorvertel :

    Die slegte nuus : Almal is sondige mense.
    Meer slegte nuus : Die straf vir sonde is dood.
    Nog meer slegte nuus : Daar is absoluut geen uitsonderings nie.

    Die goeie nuus : God die Vader, het Sy Seun Jesus Christus aarde toe gestuur om vir ons sondes te kom betaal met Sy leiding en sterwe. Die straf vir sonde is inderdaad nog steeds die dood, maar dit is klaar betaal ! Al wat ons moet doen om deel te hê aan hierdie geskenk is om Jesus Christus, Seun van God, aan te neem as Verlosser en God. Die feit dat jy reeds hierdie behoefte het sê al klaar dat God jou as Sy kind gekies het.

  9. #9
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480
    Quote Originally Posted by ACCM View Post
    As ek jou sou vra om in minder as 300 woorde die goeie nuus van die evangelie van Jesus Christus te vertel, wat sal jy vir my sê?
    Daar is net 2 dinge wat ons oor hierdie wêreld moet weet en ons moet die Bybel raadpleeg en in Genesis begin, om dit te verstaan...

    1. Genesis- Wat het verkeerd gegaan in hierdie wêreld van ons?
    2. Res van die Bybel- Hoe kan dit reggestel word?

    Hoe dit reggestel kan word, is die goeie nuus en word vervul in die Evangelie van Jesus en ons moet die lewende Bybel wees wat ander kan lees, wanneer die goeie nuus vir ons waar geword het...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  10. #10
    Quote Originally Posted by protea View Post
    Joh 3 vs 16 : God het Protea so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het , sodat Protea wat in Hom glo , nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal he!!!
    Well done Protea!

  11. #11
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,145
    Ons word gered deur dit wat aan die kruis gebeur het en daarna waar Jesus uit die dood opgestaan het. Maar passop: Die kruis word in neo-evangeliese kringe dikwels verkeerd aangebied. Die ou kruis veroordeel die mens, die nuwe een gee plek vir selfversekerdheid. Die ou kiruis kry die mens uit die pad uit, die nuwe een vermaak mense. Die ou kruis veroordeel, die nuwe een klop jou op die skouer. Die ou kruis vernietig ons vertroue op die vlees, die nuwe een moedig dit aan. Die ou kruis was 'n "skandalos", rots van struikeling, 'n verleentheid vir die meeste mense, die nuwe kruis word so aangebied om gewild te wees en "die mens van vandag aan te spreek".

  12. #12
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10
    David jou eerste pos het meer as 'n 1000 woorde
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  13. #13
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,145
    Ja, hy het meer as 1000 woorde en ek het ook aan die begin erken dat die pos eintlik van die draad af is!
    Last edited by David2; Sep 9th 2008 at 03:07 PM.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •