Hoe voel julle oor kerkbasaars?
Ja, dis 'n wonderlike geleentheid vir 'n gemeente om sosiaal saam te verkeer en koinonia te bevorder. Maar partykeer lyk dit vir my eerder of dit 'n geldmaakstorie is. My hart voel ook baie swaar want met ons kerkbasaar hierdie jaar lyk dit vir my of "ons" vir die gemeenskap wil wys hoe oulik "ons" is.
Meer spesifiek wat is aanvaarbaar by 'n kerkbasaar en wat nie? Ons kerk hou ook 'n skoonheidskompetisie tydens die kerkbasaar-naweek.Ek is ook skeef aangekyk omdat ek nou die dag gesê het dat 'n spookhuis hoort nie by 'n kerkbasaar nie.
Ook moes ek hoor dat mens nie die duiwel agter elke bos moet gaan soek nie en dat 'n christen nie van alles 'n issue moet maak nie want dit skrik mense af.
....ag toggie....
Is hulle reg? Is ek besig om van dinge "issues" te maak, wat nie nodig is nie. Ek voel partykeer baie van ons christene raak so gekondisioneer met die wêreld se goed dat ons nie agterkom dat ons op al hoe meer sake "compromise" nie. Askies vir die Ingels tussenin, my brein sukkel vandag om in afrikaans te dink.....![]()




Ek is ook skeef aangekyk omdat ek nou die dag gesê het dat 'n spookhuis hoort nie by 'n kerkbasaar nie.
Ook moes ek hoor dat mens nie die duiwel agter elke bos moet gaan soek nie en dat 'n christen nie van alles 'n issue moet maak nie want dit skrik mense af.
....ag toggie....
Reply With Quote






Bookmarks