'n Mond wat lag,
oë wat ween,
'n hand wat gee,
'n hart wat kwyn
'n Liggaam wat swoeg,
'n siel wat wroeg.
Uit eie boesem het jy jou siel bevlek
'n geroeste minora blade,
oop are, vel met rooi bevlek
so het ek jou ondek
Het jy in die donker dieptes saligheid gevind?
Dalk die rigting na vrede ondek?
Om hand in eie boesem te slaan,
sal jy nou voor God moet staan.



Reply With Quote




Bookmarks