Your Advert here
cure-real
Page 1 of 12 123456789101112 LastLast
Results 1 to 15 of 170

Thread: Kom ons hou 'n kenmekaar!

  1. #1
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184

    Kom ons hou 'n kenmekaar!

    Hi julle... Iets wat Gene nou die dag gesę het (dat Lighuis ook 'n kerk is) het my laat wonder hoe kan ek julle beter leer ken...Wie wil saamspeel?

    Quote my pos en dan vervang jy my antwoorde met jou eie....

    1. Waar is jy gebore?
    Pretoria

    2. Hoe oud is jy? (Hoef nie te antwoord as jy nie wil nie)
    31

    3. Wat is jou beroep?
    Fotograaf

    4. Hoe drink jy jou koffie /tee?
    Rooibostee met 2 suiker en melk

    5. Dag van die week?
    Vrydag

    6. Tyd van die dag?
    Vroegoggend

    7. Gunsteling psalm?
    Psalm 62

    8. Bybelvers wat vir jou al baie beteken het?
    Johannes 3:16

    9. Watse kar bestuur jy?
    Toyota Tazz of Hilux Dubbelkajuit

    10. Wat is jou stokperdjies?
    Fotografie, staproetes, golfballe slaan (hiehiehie), vlieghengel, 4x4, dromspeel, lees, kook

    11. Wat wil jy nog graag doen terwyl jy nog op die aarde is?
    Saam met my man die węreld sien.

    12. Jou grootste vrees?
    Dat my kinders op ‘n grusame manier sterf.

    13. Enige fobies?
    Slange, spinnekoppe en klein, nou spasies.

    14. Het jy troeteldiere?
    Behalwe my man……Twee katte (Belle & Matewis) en ‘n jack russel (Jessie)

    15. Gunsteling dier?
    Moordwalvis (orca)

    16. Wat is jou gunsteling vakansieplek?
    Enige plek by die see (Ek’s verlief op die see – dit wys vir my so bietjie van God se Almagtigheid)

    17. Wat is jou gunsteling kos?
    Enige hoendergereg en baie groente (veral broccoli en spinasie – njammie!)

    18. Gunsteling wegneemetes?
    KFC – nie dat mens dit meer kan bekostig nie – ek wil hulle resep zooi….

    19. Gunsteling roomys?
    Magnum Almond

    20. TV program?
    Survivor – vir die uitdagings!!!!

    21. Fliek?
    Facing the Giants

    22. Gunsteling akteur/aktrise?
    Frank Rautenbach & Christi Panagio

    23. Gunsteling sportster?
    Natalie du Toit, Pierre Spies

    24. Gunsteling sport as toeskouer?
    Rugby

    25. As deelnemer?
    Volleyball

    26. Musiek
    Enige goeie praise en worship. Ek het baie gunstelinge maar Michael W Smith, Hillsong, Delirious & Tree63 is bo-aan die lys….

    27. Gunsteling boek/skrywer (behalwe die Bybel)
    Fracine Rivers se boeke

    28. Gunsteling blom
    Gerbera (vir die manne – dis daai daisy met die groot gesiggie)

    29. Gunsteling kleur?
    Pienk

    30. Gunsteling sęding?
    Mamma praat nou nie weer nie!

  2. #2
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    [quote=Lanie;1787418]Wie wil saamspeel?...Willem

    Quote my pos en dan vervang jy my antwoorde met jou eie....

    1. Waar is jy gebore?
    Pietermaritzburg
    2. Hoe oud is jy? (Hoef nie te antwoord as jy nie wil nie)
    40?
    3. Wat is jou beroep?
    IT sys admin
    4. Hoe drink jy jou koffie /tee?
    Koffie sterk 2 suiker melk, rooibos swart , heuning
    5. Dag van die week?
    Af dag
    6. Tyd van die dag?
    Nag
    7. Gunsteling psalm?
    ?
    8. Bybelvers wat vir jou al baie beteken het?
    Johannes 3:16 ; Openbaring 3:20
    9. Watse kar bestuur jy?
    Toyota Condor
    10. Wat is jou stokperdjies?
    Pa wees, bybel leer, familie, wetenskap
    11. Wat wil jy nog graag doen terwyl jy nog op die aarde is?
    Iemand na Hom lei
    12. Jou grootste vrees?
    Dat iemand wat ek voor loef is hel toe gaan
    13. Enige fobies?
    Nie meer nie, hou tog aan relings vas op hoe voorwerpe soos husidakke ens.
    14. Het jy troeteldiere?
    Kinners
    15. Gunsteling dier?
    Was dolfyn.. toe het als verander
    16. Wat is jou gunsteling vakansieplek?
    See ( verstaan wat lanie se..) maar moet familie by wees..
    17. Wat is jou gunsteling kos?
    Brood vars gebak en melk
    18. Gunsteling wegneemetes?
    Sushi!
    19. Gunsteling roomys?
    draai roomys
    20. TV program?
    Grass Roots/ top gear
    21. Fliek?
    Faith like potatoes
    22. Gunsteling akteur/aktrise?
    Michell Pheipher
    23. Gunsteling sportster?
    Oscar Pistorius , Isimbayeva ( paal spring )
    24. Gunsteling sport as toeskouer?
    x-games
    25. As deelnemer?
    Body boarding
    26. Musiek
    Enige goeie praise en worship.Delirious , Niemand, Juanita du Plessis
    27. Gunsteling boek/skrywer (behalwe die Bybel)
    Was pratchett....maar dinge verander ....nie meer tyd nie...nie meer belang nie
    28. Gunsteling blom
    Jade-vine ( herrinner aan kleintyd )
    29. Gunsteling kleur?
    Swart / wit / blou
    30. Gunsteling sęding?
    ?

  3. #3
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Hi julle... Iets wat Gene nou die dag gesę het (dat Lighuis ook 'n kerk is) het my laat wonder hoe kan ek julle beter leer ken...Wie wil saamspeel?
    Ek dink dis 'n oulike idee - hoop die ander ouens speel saam. (Ek moet se, hier is 'n paar heel interressante vrae.....)

    WAAR IS JY GEBORE?
    Pretoria (woon egter die afgelope 27 jaar in Lichtenburg)

    HOE OUD IS JY?
    52 jaar jonk

    BEROEP?
    Bestuurder Mikrofinansiering (net omdat ek moet eet - was vir 30 jaar in Kredietbestuur tot ek my werk in 2004 verloor het. Vandag dink almal ek is te oud om my aan te stel)

    HOE DRINK JY JOU KOFFIE / TEE?
    Glad nie! (Slegs by uitsondering, koffie met twee suiker & melk

    DAG VAN DIE WEEK?
    Saterdag (omdat ek dinge kan doen waarvan ek hou)

    TYD VAN DIE DAG?
    Vroegoggend of skemeraand

    GUNSTELING PSALM?
    Psalm 31

    BYBELVERS WAT AL BAIE VIR JOU BETEKEN HET?
    Romeine 12:2 / Efesiers 3:8

    WATSE MOTOR?
    1994 Opel Cub (Al wat ek kan bekostig - as ek kon kies, beslis ‘n Toyota Corolla)

    STOKPERDJIES?
    Versamel ou musiek (Het een van die grootste versamelings ou musiek in die land) / Sit grammofoonplate oor na CD / grafiese ontwerpe op rekenaar/ kosmaak

    WAT WIL JY NOG DOEN TERWYL JY OP DIE AARDE IS?
    Siele vir die Here bereik / saam met my vroutjie oud word

    GROOTSTE VREES?
    Ek leef nie werklik met enige vrese nie, maar as ek of my vrou nie oorleef om saam oud te word nie, sal dit vir my baie erg wees.

    FOBIES?
    Ja, SLANGE!!!!

    TROETELDIERE
    Drie maltese - (maar dis nie troeteldiere nie, dis ons kinders)

    GUNSTELING DIER
    Olifant

    GUNSTELING VAKANSIEPLEK
    Was 8 jaar laas met vakansie, maar is mal oor die see

    GUSTELING KOS
    Pasta

    GUNSTELING WEGNEEMETES
    Pizza

    GUNSTELING ROOMYS
    Rum & Raisen

    TV PROGRAM
    Huidiglik Noot vir noot ("All-time" Kooperasiestories)

    FLIEK
    The Postman / Facing the Giants

    GUNSTELING AKTEUR / AKTRISE
    Sean Connery / Emmy Rossum

    GUNSTELING SPORTSTER
    Huidiglik Victor Matfield ("All-time" Frik du Preez)

    GUNSTELING SPORT AS TOESKOUER
    Rugby

    AS DEELNEMER
    Tafeltennis

    MUSIEK
    Baie wye musieksmaak, wissel van klassiek tot pop. Ou musiek (1920 - 1950) is my passie. En ek is mal oor die Gaithers.

    GUNSTLING BOEK (BEHALWE DIE BYBEL)
    "Ewig sing die woude" - Tygvre Gillbrassen

    GUNSTELING BLOM
    Roos

    GUNSTELING KLEUR
    Geel

    GUNSTELING SeDING
    "Uiteraard Inderdaad..."

  4. #4
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480
    Jy het omtrent interessante vrae Lanie...,

    1. Waar is jy gebore?
    Pretoria

    2. Hoe oud is jy? (Hoef nie te antwoord as jy nie wil nie)
    45

    3. Wat is jou beroep?
    Besigheidsman/Sendeling

    4. Hoe drink jy jou koffie /tee?
    Soos ek voel, swart tot wit as dit koffie is en suiker na smaak, gewoonlik 2 met melk en 2.5 sonder melk. Melk of suurlemoensap as dit tee is en so 2 suiker.

    5. Dag van die week?
    Saterdag

    6. Tyd van die dag?
    Vroegoggend en skemer (wanneer die son opkom en wanneer die son gaan lę)

    7. Gunsteling psalm?
    Ps 91

    8. Bybelvers wat vir jou al baie beteken het?
    Filp 4:6

    9. Watse kar bestuur jy?
    Ford Ranger dubbelkajuit, tot ek hom nie meer kan bekostig nie, dan kyk ons maar weer...

    10. Wat is jou stokperdjies?
    Lees en visvang

    11. Wat wil jy nog graag doen terwyl jy nog op die aarde is?
    Voltydse sendingwerk in die vervolgde Kerk

    12. Jou grootste vrees?
    Om God nie te behaag nie

    13. Enige fobies?
    Engtevrees

    14. Het jy troeteldiere?
    'n Paar Walliese Terriers

    15. Gunsteling dier?
    Lady Mé, 'n hondjie soos hierbo... sy is vandag dood... en het my al deur baie eensame tye gedra

    16. Wat is jou gunsteling vakansieplek?
    Suidwes, die hele Suidwes

    17. Wat is jou gunsteling kos?
    Enige iets eetbaar...

    18. Gunsteling wegneemetes?
    Hamburger

    19. Gunsteling roomys?
    King Cone

    20. TV program?
    Survivor.

    21. Fliek?
    Enige goeie drama

    22. Gunsteling akteur/aktrise?
    Hmmm, wie sal dit nou wees

    23. Gunsteling sportster?
    John McEnroe, hy was nie net goed nie, maar het so bietjie emosie gewek by almal en dit het hom net anders gemaak as meeste ander sportsterre. As hy gespeel het, het jy gekyk!

    24. Gunsteling sport as toeskouer?
    Goeie tennis...

    25. As deelnemer?
    Muurbal, toe ek nog kon speel, ek is nou al bietjie moeg gespeel...

    26. Musiek
    Enige musiek wat mens nie siek maak nie

    27. Gunsteling boek/skrywer (behalwe die Bybel)
    Feitlik alle Christelike outobiografieë.

    28. Gunsteling blom
    Tulip

    29. Gunsteling kleur?
    Blou

    30. Gunsteling sęding?
    Ek kan werklik nie hierdie een onthou nie, my langtermyn geheue is kort en my korttermyn geheue is weg
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  5. #5
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    20. TV program?
    Survivor.
    Oooooeeeeeee- 'n maatjie!!!!!!!

  6. #6
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,145
    1. Waar is jy gebore?
    Die noorde se Middelburg

    2. Hoe oud is jy? (Hoef nie te antwoord as jy nie wil nie)
    56

    3. Wat is jou beroep?
    Onderwyser/Predikant

    4. Hoe drink jy jou koffie /tee?
    Rooibostee met 0 suiker en melk/ groen tee

    5. Dag van die week?
    Vrydag

    6. Tyd van die dag?
    Vroegoggend

    7. Gunsteling psalm?
    Psalm 107

    8. Bybelvers wat vir jou al baie beteken het?
    2 Kor. 5:14

    9. Watse kar bestuur jy?
    Opel Astra

    10. Wat is jou stokperdjies?
    Staproetes, munte, houtwerk, skryf oor die Bybel, musiek luister.

    11. Wat wil jy nog graag doen terwyl jy nog op die aarde is?
    Die Grace-kerke in Amerika besoek, die genadeboodskap nog sterker uitbasuin.

    12. Jou grootste vrees?
    Dat nog meer mense van die Waarheid afvallig sal word en mislei sal word.

    13. Enige fobies?
    Slange, klein, nou spasies.

    14. Het jy troeteldiere?
    'n Ou afoor hond soos Roof in Pampoen

    15. Gunsteling dier?
    Dolfyn

    16. Wat is jou gunsteling vakansieplek?
    In 'n tent langs die Sabierivier in die Kruger of in 'n tent in die Knysna-bos

    17. Wat is jou gunsteling kos?
    Eiervrug, neute, patats, potroast skaapvleis.

    18. Gunsteling wegneemetes?
    Checkers se Deli

    19. Gunsteling roomys?
    Rolo

    20. TV program?
    Groen

    21. Fliek?
    Facing the Giants

    22. Gunsteling akteur/aktrise?
    Niemand

    23. Gunsteling sportster?
    Frans Steyn en Ruan Pienaar

    24. Gunsteling sport as toeskouer?
    Rugby, atletiek

    25. As deelnemer?
    Padwedlope

    26. Musiek
    Enige Afrikaanse musiek van mense wat ook die evangelie lief het.

    27. Gunsteling boek/skrywer (behalwe die Bybel)
    Jay E Adams, Charles Baker

    28. Gunsteling blom
    Orgidee

    29. Gunsteling kleur?
    Blou

    30. Gunsteling sęding?
    Niks kan ons skei van die liefde van Christus nie.

    31. Mees ongunstige sęding
    Dawie, hoeveel wil jy nou alweer hę?
    Last edited by David2; Sep 15th 2008 at 06:58 PM.

  7. #7
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Roodepoort, South Africa
    Posts
    46
    1. Waar is jy gebore?
    Vryheid Natal

    2. Hoe oud is jy? (Hoef nie te antwoord as jy nie wil nie)
    So oud soos my vrou wat twaalf jaar jonger is as ek.

    3. Wat is jou beroep?
    Boontjie teller

    4. Hoe drink jy jou koffie /tee?
    Uit n beker - sonder melk (gespeen op vroee ouderdom)

    5. Dag van die week?
    Vrydag

    6. Tyd van die dag?
    Laat aand

    7. Gunsteling psalm?
    Psalm 51 / of 127

    8. Bybelvers wat vir jou al baie beteken het?
    Rom 8:1

    9. Watse kar bestuur jy?
    Chev Captiva en Fiat Strada, en as dit absoluut nodig is my vrou se VW Polo!

    10. Wat is jou stokperdjies?
    Fotografie, Quads, Sport, Sport, het ek al gese SPORT

    11. Wat wil jy nog graag doen terwyl jy nog op die aarde is?
    Een verlore mens na Jesus Christus toe lei.

    12. Jou grootste vrees?
    Niks, sien Ps 91

    13. Enige fobies?
    Geen

    14. Het jy troeteldiere?
    1. Worshond
    2. Pavement Special

    15. Gunsteling dier?
    My vrou

    16. Wat is jou gunsteling vakansieplek?
    Suid Kaap, Namibie


    17. Wat is jou gunsteling kos?
    Hoender en vis en Sushi

    18. Gunsteling wegneemetes?
    KFC – en Ocean Basket

    19. Gunsteling roomys?
    Macdonalds McFlurry

    20. TV program?
    Sport, sport, sport, sport

    21. Fliek?
    Enige fliek waarin Sandra Bullock in speel.

    22. Gunsteling akteur/aktrise?
    Het ek gese? SB, Meryl Streep en Julia Roberts

    23. Gunsteling sportster?
    Tiger Woods, Jelena Jankovic, Ernie Els, Francois Pienaar.


    24. Gunsteling sport as toeskouer?
    Rugby, Gholf, tennis

    25. As deelnemer?
    Gholf

    26. Musiek
    Huidiglik - Onbeskaamd - "Live"

    27. Gunsteling boek/skrywer (behalwe die Bybel)
    Enige outobiografie


    28. Gunsteling blom
    Strelitsia

    29. Gunsteling kleur?
    Blou.....soos in Blou Bulle

    30. Gunsteling sęding?
    Jammer om te hoor!

  8. #8
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by MrT View Post

    15. Gunsteling dier?
    My vrou
    EINA!!! Ek neem aan jou vrou lees nie hierdie forum nie.....

  9. #9
    Quote Originally Posted by Willem View Post

    15. Gunsteling dier?
    Was dolfyn.. toe het als verander
    As ek mag vra, wat het verander ?

  10. #10
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480
    Quote Originally Posted by MrT View Post
    3. Wat is jou beroep?
    Boontjie teller
    Party ouens se vrouens tel tone by die huis as hulle boontjies tel by die werk, maar wat is die meeste boontjies wat jy nog op een dag getel het.

    Ek weet jy tel nie regtig boontjies nie MrT, maar wat vir 'n ding is 'n boontjie teller...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  11. #11
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    1. Waar is jy gebore?
    Johannesburg

    2. Hoe oud is jy? (Hoef nie te antwoord as jy nie wil nie)
    25

    3. Wat is jou beroep?
    Finansiele Bestuurder

    4. Hoe drink jy jou koffie /tee?
    Gereeld met 1 melk, 2 suiker en 3 koek

    5. Dag van die week?
    Om wat te doen?

    6. Tyd van die dag?
    Dit is nou so 14:19, maar ek geniet alles na 17:00. My vriende weet ook al dat jy my 4 uur die oggend kan wakker maak, ek sal alles saam met jou doen wat jy gedoen wil he, maar moet nie met my praat voor 9 uur nie, want dan word ek eers werklik wakker

    7. Gunsteling psalm?
    Hierdie is 'n lekker vraag, ek het 2, 1ste Ps 139, 2de Ps 144

    8. Bybelvers wat vir jou al baie beteken het?
    Jesaja 40:31 gelees saam met Matteus 11:28, met hierdie verse het die Here werklik my lewe verander

    9. Watse kar bestuur jy?
    Isuzu 3.0TD KB LX SC

    10. Wat is jou stokperdjies?
    Goed, ek sal net die wat ek tans beoefen lys, want ek het nie meer tyd om al my stokperre te beoefen nie.
    Jag
    Boogskiet
    Fotografie
    Stap
    Bikes
    Visvang
    Kamp

    11. Wat wil jy nog graag doen terwyl jy nog op die aarde is?
    Trou

    12. Jou grootste vrees?
    Dat ek nie no. 11 betyds gaan behaal nie

    13. Enige fobies?
    Ek is nie lief vir klein spasie nie, diegene wat weet hoe ek lyk sal verstaan hoekom

    14. Het jy troeteldiere?
    'n Rottweiler

    15. Gunsteling dier?
    My Rottweiler

    16. Wat is jou gunsteling vakansieplek?
    Oos Transvaal, Wildtuin, Noord-Kus

    17. Wat is jou gunsteling kos?
    Jy sal wyd om my moet stap met 'n steak in jou bord

    18. Gunsteling wegneemetes?
    Tans is ek naar vir take aways

    19. Gunsteling roomys?
    Rum & Raisen

    20. TV program?
    Ek is baie af van TV

    21. Fliek?
    Daar is baie, ek hou van 'n film wat die mens se diepste emosies en denke goed kan uitbeeld.

    22. Gunsteling akteur/aktrise?
    Sal seker maar oom Sean moet wees

    23. Gunsteling sportster?
    Derrick aka Liefling

    24. Gunsteling sport as toeskouer?
    Rugby

    25. As deelnemer?
    Enigiets met bietjie avontuur, enduro quad racing, perde ens.

    26. Musiek
    BAIE WYD

    27. Gunsteling boek/skrywer (behalwe die Bybel)
    Kan nie nou aan een dink nie

    28. Gunsteling blom
    Die een wat van die onderveld af kom

    29. Gunsteling kleur?
    Donker blou

    30. Gunsteling sęding?
    "Om terug te kom by die punt" Diegene wat my ken weet dat dit iets is wat ek baie se, want ek is baie van die punt af

  12. #12
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480
    Phil,

    Jy sal jou stokperdjies heelwat moet afskaal, anders gaan jy nooit tot trou kom nie..., no. 11 sal waar word, as no. 10 nie jou no. 11 is nie...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  13. #13
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Phil,

    Jy sal jou stokperdjies heelwat moet afskaal, anders gaan jy nooit tot trou kom nie..., no. 11 sal waar word, as no. 10 nie jou no. 11 is nie...
    Eintlik is my no. 12, dat as no.11 vervul word, no.10 gaan laat opdroog

    Wanneer gaan ons jou no.11 vier

  14. #14
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    4. Hoe drink jy jou koffie /tee?
    Gereeld met 1 melk, 2 suiker en 3 koek

    13. Enige fobies?
    Ek is nie lief vir klein spasie nie, diegene wat weet hoe ek lyk sal verstaan hoekom
    Miskien is nommer 13 nommer 4 se skuld.....

  15. #15
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Roodepoort, South Africa
    Posts
    46
    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Party ouens se vrouens tel tone by die huis as hulle boontjies tel by die werk, maar wat is die meeste boontjies wat jy nog op een dag getel het.

    Ek weet jy tel nie regtig boontjies nie MrT, maar wat vir 'n ding is 'n boontjie teller...
    Beide my huisdier en ek is rekenmeesters en ons werk saam, so vir tone tel is daar min tyd!

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •