Your Advert here
cure-real
Results 1 to 12 of 12

Thread: Hoe reageer jy op negatiwiteit oor ons mooi land?

  1. #1
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184

    Hoe reageer jy op negatiwiteit oor ons mooi land?

    (Weet nie of ek reg gekies het waar om hierdie draad te plaas nie)

    Ek weet nie van julle ouens nie maar ek is keelvol vir die negatiwiteit in hierdie land. Oral waar ek deesdae gaan, selfs by kinderpartytjies is mense so negatief oor ons land. Selfs christene kerm en kla. Mens moet net heeltyd hoor "daar is nie 'n toekoms vir ons en ons kinders in hierdie land nie".

    Ek is van nature 'n positiewe mens en voel baie sterk daaroor dat mens moet groei en 'n verskil maak waar God jou geplant het (dis natuurlik Sy reg om jou te verplant, maar jy moet nie self plannetjies maak omdat die gras groener lyk oorsee nie)

    Wil julle slimmes ons nie bietjie bemagtig met goeie antwoorde vir hierdie klakouse nie? Julle weet mos nou al ek is nie so goed met die woorde nie. (Veral nie in die hitte van die oomblik nie - gewoonlik kom my goeie antwoorde 9-uur in die aand as ek in die bed lê.)

    Nog 'n ding... Kom ons maak 'n lys van al die mooi en positiewe dinge in ons land. Wat sal jy mis?

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,531
    Lanie,

    Ek skuif hierdie een na "Alles en nog wat" toe... en vertrou dat dit reg so sal wees...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #3
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Vereeniging RSA
    Posts
    44
    Quote Originally Posted by Lanie View Post
    Ek weet nie van julle ouens nie maar ek is keelvol vir die negatiwiteit in hierdie land. Oral waar ek deesdae gaan, selfs by kinderpartytjies is mense so negatief oor ons land. Selfs christene kerm en kla. Mens moet net heeltyd hoor "daar is nie 'n toekoms vir ons en ons kinders in hierdie land nie".

    Ek is van nature 'n positiewe mens en voel baie sterk daaroor dat mens moet groei en 'n verskil maak waar God jou geplant het (dis natuurlik Sy reg om jou te verplant, maar jy moet nie self plannetjies maak omdat die gras groener lyk oorsee nie)
    Ek sukkel ook nie baie met posetief wees nie!!!!
    Prys die Here!!!!!
    Ek is ook nou nie een vd slim ouens nie ... wat ek wel besef het (deur genade) is dat die baie vd negatiewe mense se ore baie min luister, so daar is nie dadelik iets goed of slim wat jy vir hulle kan sê nie want hulle hoor tog nie die posetiewe nie.... maar bid, dit werk altyd en later na die baie bid kan mens dalk iets sê.
    Joh 8:36 "Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees."
    John 8:36 "So if the Son sets you free, you will be free indeed"

  4. #4

    Arrow Vier Groepe

    Negatiewe Gedagtes maak jou Siek en ander Rondom jou

    Hierdie is definitief 'n "siekte" nee, 'n epidemie onder SA'ers.

    Hier is vier groepe mense (okay ek weet dis lank, maar dink vir 'n minuut wat ek hieronder se)






    "Ontevrede Gerte"
    : SA'ers as hulle nie meer dit langer kan uithou, dan pak hulle hul goedjies. . . en gaan waareen ookal. Nou sal mens hoop sodra hulle in 'n nuwe land is, sal hulle hou op met kla. Gla nie, dan is dit die weer (reen te min of te veel), en aanpassings, en die skole, en die mense, en die moraliteit . . . kla kla kla. Dan wil hulle die goei weer, goedkoop vleis pryse, goedkoop vakansies, die taal, die groot huise en vet salarisse soos in die goeie ou SA he, maar net in London of waarookal. (Ek praat uit ervaring).


    "Martie Martelare"

    Hierdie groep SA'ers glo hulle moet maar alles net vat, want dis nou maar hoe dit is - hulle is 'n fataliste in oortuiging. Hulle vat alles, maar kla altyd . . . maar doen niks omtrent die probleem. Hulle sal kla oor die misdaad maar sal nooit 'n brief aan die minister skryf (met 'n evangelie boodskap daarby) nie. Hulle glo deur 'n "suffer in silence" bestaan tevoer sal iets iewers regkom . . . maar van inspring en iets doen is daar niks te siene nie.

    Iets wat ek regtig waardeer van Amerikaners is dat hulle nie doekies omdraai nie - hulle maak bekend wat hulle dink en voel. (Hulle maak selde geheim oor wat hulle dink van jou - hulle praat ook nie kripties nie, hulle gooi dit uit op die tafel net soos dit is. Hulle staan saam en takel 'n ding - solidariteit is hulle sleutel tot baie suksesse - tans het die brandstof prys met 1/2 dollar geval - waarom? mense staansaam om so min moontlik brandstof maatskappye te ondersteun -mense boikot die brandstof stasie winkels, want dit help onderdruk die winste van olie maatskappye.

    "Opium Optimiste"

    Hierdie is die groep SA'ers wat glo optimisme en positiewe denke sal grootskaalse oplossings bring. Dis asof hulle 'n opium inspuiting elke oggend neem, wat hulle voel goed oor dinge, voel goed oor hulle self en glo dinge sal more beter gaan, en volgende jaar het 'n mandjie vol verassings. Wat hulle nie besef is dat opium 'n tipe morfien is wat jou persepsie en ervaring van realiteit ernstig beinvloed en selfs verwrong. Hulle, is nooit instaat om vir jou 'n nugtere evaluasie van sake te kan gee nie, hulle is nie bereid om te "betrokke te raak in sake nie, want hulle is bang hulle word ontnugter" en hulle glo dinge gaan net beter gaan - elke dingetjie wat gebeur in kerk of politiek met 'n silver randjie gee hulle nog 'n dosis opium en dan bring dit hulle soveel hoop en energie vir die dag van more. . .



    "Koningkryk Kallies"


    Hierdie groep SA'er weet gemeet aan wat die Bybel se, is dit baie onwaarskynlik dat dinge beter sal gaan, hulle is eerlik en nugter oor die feit dat 'godeloses en afgodsdienaars' nooit 'n land kon regeer met lang termyn sukses nie - hulle kyk na lande soos Indie en die res van Afrika. Tog is hulle die "movers and shakers" - hulle is denkers , maar doenners ook, en laat dinge gebeur.

    Hulle het nie 'n "volstruis kop onder die grond optimisme" nie. Nee, hulle sien situasies vir wat dit is, som sake op(hoe vrot ookal dinge gaan), maar besluit dan hoe hulle dinge te laat gebruik om die "Koningkryk van God te bou." Hulle plaas hulself binne 'n situasie om die maksimum impak op die samelewing en omstandighede te he, hulle plaas hulself soms in 'n anderland, hoe ontwrigtends, maar is vinnig aan die gang om daar 'n koningkryk fokus in te neem, hulle kyk nie terug nie, maar bestluit om daar hulle wortels in te plant en vrugte vir die koninkryk te produseer. Soms, bly die Koningkryk Kallies waar hulle is, hulle doen alles om "ongeregtigheid aan die lig te bring, en duld nie ongeregtigheid nie" - "hulle staan saam ten spyte van verskille op die Koningkryk uit te bou" - "hulle besef hoop is slegs in die Koning van die Koningkryk" daarom begin hulle Christen Skole waarin die Waarheid geleer word aan kinders, hulle is nie skaam oor hulle Christenskap nie, hulle duld nie om in "afvallige kerke" te dien nie en honger na die Waarheid en is gretig om meeste van hulle energie in die "Kennis van die Here" te investeer.





    Wie is jy?
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  5. #5
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Ek dink Anton slaan die spyker op die kop. Ek het lank oorweeg om op Lanie se pos te reageer, want ek het nie mooi geweet hoe om dit wat ek voel te bewoord nie. Enersyds wou ek se dat ek regtig nie positief kan wees oor ons land nie - miskien omdat ek in 'n ander era grootgeword het waar ek geleer was om trots te wees op my land, my taal en my mense. En om te sien hoe alles wat vir my belangrik en mooi was, stelselmatig afgebreek en vernietig word, is nie juis bevorderlik vir positiewe denke nie. Daarbenewens word dit ook al moeiliker om christen te wees in hierdie land. En die ergste van alles is, dit is duidelik dat hierdie tendense hier is om te bly - dit gaan nie beter word nie, eerder slegter. So ja, ek is negatief as ek rondom my kyk en dink aan ons land.

    Maar dit gese, moet ek ook se dat ek as kind van die Here half opgewonde is as ek rondom my kyk. Want ek glo dat die Here besig is om die kaf van die koring te skei, dat Hy besig is om Sy bruid bymekaar te maak. Ek glo dat ons op die drumpel staan van 'n geestelike herlewing onder wedergebore christene. Dat die Here se wederkoms voor die deur is. En die uitdagings vir ons as kinders van die Here is groter as ooit. Geen kind van die Here kan meer met hande gevou sit en Gods water oor Gods akker laat loop soos in die verlede nie. Die omstandighede in die land noodsaak daadwerklike optrede. Ons het 'n taak om te vervul, en ons moet juis in hierdie "negatiewe" tye skouer aan die wiel sit en begin om te werk vir God se Koninkryk. Elkeen daar waar hy/sy geplaas is om 'n verskil te probeer maak.

    So wat ek wil se, is dat ek saam met Anton stem. Om weg te hardloop of te kla, gaan geen doel dien nie. Doen iets!! Ons moenie bid dat die Here die land en die omstandighede moet verander nie, ons moet eerder bid en vra, wat wil die Here he moet ek en jy aan die land en die omstandighede doen? Waar en hoe kan ek en jy diensbaar wees? Hoe kan ons 'n verskil maak? En dit maak my positief!

  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,536
    Blog Entries
    10
    Michael W Smith sing : "I can hear Your voice, as You breathe over me..." Sy nabyheid gee my karg

    Piek 'n antwoord
    * Ken die Here se nabyheid......sodat jy daaruit sterkte kan put in dae van benoudheid

    ** Die gras is groener aan die anderkant van die groot oseane omdat daar meer "bemesting" is

    *** Hoe skuldig is "jy" daaraan om nie 16 Desember se gelofte te hou nie
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  7. #7

    Ek sal graag meer wil hoor

    Ek glo per slotte van sake dat dit NIE verkeerd is om jou goed te vat en te loop NIE, maar my advies is - doen dit met 'n KONINGKRYK VISIE.

    Voorbeeld, ons voor ouers het Europa veralaat met 'n Koningkryk Visie - 'n Visie om 'n land te bewoon wat Calvinistiese beginsels onderskraag - die resultaat beskawing, Christenskap en vooruitgang in donker Afrika selfs 300 jaar later.

    Waarom het hulle moederland verlaat: Hulle was moeg vir die goddeloosheid / vervolging in hulle eie land. Tog het hulle met 'n visie en hoop na die nuwe land gegaan - en nooit omgekyk nie.


    So, vertrek verskeie groepe Europeers na die Nuwe Wereld - Amerika. Hulle visie - om 'n land te bewoon waarin Calvinistiese beginsels onderskraag word- Die resultaat "een nasie onder God" - vandag een van die Magstigste moondhede ter wereld en die bastion vir die Christendom nogsteeds 400 jaar later.

    So, mense moet mooi verstaan dat daar goeie redes is om jou land te verlaat, maar die motiewe moet suiwer wees. Ons moet dus versigtig wees om mense wat op pak te veroordeel - God het 'n plan wat ons dalk nie nou raak sien nie.
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  8. #8
    Ek het redelik bedenkinge oor hierdie draad gehad toe Lanie dit tot lewe geroep het, selfs 'n paar keer begin skryf aan 'n antwoord en dit keer op keer uitgevee en gelos.
    Daar is inderdaad baie waaroor mens kan kla en bekommerd wees. Daar is 'n algemene verval in te veel dinge om op te noem, van onderwys en infrastrukture tot by algemene moraliteit, selfs onder die tradisionele behoudende Christene. Die enigste dinge waarvan daar 'n oorvloed is, is Vigsgevalle, werkloosheid, misdaad en ondenkbare armoede.
    Die vraag, soos ander deelnemers dit ook stel, is of ons nie perdalks met 'n rede juis hier en nou is nie. Ons het 'n antwoord vir al hierdie negatiwiteit , en die antwoord is Jesus Christus. Ons weet dit almal, maar het nodig om dit oor te dra aan die wat dit nog nie besef nie. Ek het nog altyd bemoediging in die volgende woorde gevind as dit voel asof die omstandighede te veel wil raak :

    Joh 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

  9. #9
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Fila

    Ek stem met jou saam. Ek veroordeel niemand wat sy goed vat en loop nie, want elke ou moet vir homself verantwoording doen, en elke ou weet wat sy omstandighede en siening is. (As ek die geleentheid gehad het, sou ek dit dalk self oorweeg het om te loop) Maar ek het nog altyd geglo dat 'n mens is waar die Here jou geplaas het. En tensy die Here jou duidelik elders heen lei, het jy 'n verpligting om daar, waar Hy jou geplaas het, te doen wat jou hand vind om te doen. In jou bepaalde omgewing, in jou bepaalde (dalk ongelukkige) weksituasie, in die gesin / kerk/ gemeenskap waar jy jou bevind, moet jy diensbaar wees. Ons het 'n boodskap om uit te dra - die enigste antwoord op die probleme om ons. En al maak 'n mens 'n verskil in net een enkele mens se lewe, dan was dit die moeite werd!

    So om in sak en as te gaan sit en te kla, dien geen doel nie. Ons is so geneig om te bid en te vra dat die Here ons omstandighede moet verander, of om te vra dat Hy ons uit ons omstandighede moet wegneem, terwyl ons agteroor wil sit en sien hoe dit gebeur,. Terwyl ek glo dat 'n mens eerder moet bid en vra dat Hy vir jou moet wys wat Hy wil he jy aan die omstandighede moet doen. En wees gehoorsaam! Totdat die Here self eendag miskien besluit om jou uit jou omstandighede weg te neem en elders te plaas.

  10. #10
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Fila

    Ek stem met jou saam. Ek veroordeel niemand wat sy goed vat en loop nie, want elke ou moet vir homself verantwoording doen, en elke ou weet wat sy omstandighede en siening is. (As ek die geleentheid gehad het, sou ek dit dalk self oorweeg het om te loop)
    Dis soos jy sê, dis elke ou se keuse waarmee hy moet saamleef. Dit kry my net onder as mense in hulle eie negatiwiteit lê en prut en loop en gal braak by mense wat dalk nie die "luxury" het om te emigreer nie of wat 'n wilsbesluit geneem het om die beste van 'n slegte saak te maak. En hulle is nie gelukkig totdat hulle die mense om hulle net so negatief gemaak het soos hulle nie. Maar soos die Engelsman sê "Misery loves company"


    Maar ek het nog altyd geglo dat 'n mens is waar die Here jou geplaas het. En tensy die Here jou duidelik elders heen lei, het jy 'n verpligting om daar, waar Hy jou geplaas het, te doen wat jou hand vind om te doen. In jou bepaalde omgewing, in jou bepaalde (dalk ongelukkige) weksituasie, in die gesin / kerk/ gemeenskap waar jy jou bevind, moet jy diensbaar wees. Ons het 'n boodskap om uit te dra - die enigste antwoord op die probleme om ons. En al maak 'n mens 'n verskil in net een enkele mens se lewe, dan was dit die moeite werd!


    Ons is so geneig om te bid en te vra dat die Here ons omstandighede moet verander, of om te vra dat Hy ons uit ons omstandighede moet wegneem, terwyl ons agteroor wil sit en sien hoe dit gebeur. Terwyl ek glo dat 'n mens eerder moet bid en vra dat Hy vir jou moet wys wat Hy wil he jy aan die omstandighede moet doen.
    Amen, Gene! As mens bid en vir God iets vra, moet jy:

    1. Empatie hê vir die persoon/situasie waarvoor jy bid.
    2. Aanhoudend bid
    3. Bereid wees om deel van die oplossing te wees!!!

  11. #11
    Ek het laasweek sommer so op die ingewing van die oomblik Angus Buchman se boek, " A Farmer's Year : daily truth that will change your life" gekoop, en ek moet sê ek is aangenaam verras. Ek is nie 'n ou vir dagstukkies nie , maar sy skrywes vat nie eers 'n minuut om deur te lees nie, en is nogals heel goed.
    Wat my weereens opval van Buchman se skrywes is die feit dat hy sy lesers aanhits om hulle volle vertroue op die Here te plaas, nie net as Verlosser nie, maar ook as "Verskaffer" (provider) . Ek dink dit is hierdie einste boodskap wat ons in die lig van die onderwerp van hierdie draad van harte kan neem.

    As Hy, nog voor die skepping, jou persoonlik gekies het om Sy kind te wees, gaan Hy jou mos nie nou los nie ?

  12. #12
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    As Hy, nog voor die skepping, jou persoonlik gekies het om Sy kind te wees, gaan Hy jou mos nie nou los nie ?
    Net so. Ek dink ek het al voorheen vertel dat ek op 'n stadium regtig met 'n irrasionele vrees geleef het dat ek en my gesin in ons slaap aangeval sal word. Ons het na 'n redelike veilige gemeenskap toe getrek en saam met dit het ek ook uiteindelik my hart en gedagtes ten volle aan ons Here oorgegee. Toe sou ons op 'n stadium miskien Pretoria toe trek. En ek was kwaad. Ek wou nie wegtrek uit 'n dorp waar ek so veilig voel nie. En ek het 'n baie duidelik antwoord/vertroosting van God gekry dat ek by Hom veilig is, maak nie saak waar ek bly nie.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •