Your Advert here
cure-real
Results 1 to 8 of 8

Thread: Huweliksbelofte hernu

  1. #1
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184

    Huweliksbelofte hernu

    Hoe Bybels is dit om jou huweliksbelofte te hernu (soos hulle in engels sê "renew vows")? Is daar ok om dit te doen, is dit enigsens nodig of is dit dalk 'n volksvreemde (heidense) gebruik?

  2. #2
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Lanie

    Ek kan nie sien dat dit juis verkeerd kan wees nie. Miskien is dit goed om in die openbaar herrinner te word aan die beloftes wat jy voor die kansel afgele het. Dis nie 'n Bybelse gebruik nie, maar daar is beslis nie iets in die Bybel wat dit teenstaan nie.

    Persoonlik voel ek dat dit maar een van daardie Amerikaanse gebruike is wat oorgewaai het na ons toe, en dat dit 'n blote foefie is wat weinig betekenis het..... maar dan weer, ek kom uit die oertyd (dis wat my dogter se), so as jy dit graag wil doen, "go for it," moenie jou aan my steur nie

    Eugene

  3. #3
    Dit wat Gene sê....
    Ook : Klink soos 'n goeie verskoning om weer te gaan honeymoon. (Nota aan self)

  4. #4
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    South Africa
    Posts
    1,184
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Dit wat Gene sê....
    Ook : Klink soos 'n goeie verskoning om weer te gaan honeymoon. (Nota aan self)
    Mmmmm. Kan myne op die Seychelles wees!

    Gene, ongelukkig is dit nie ekke wat 'n 2nd honeymoon kry nie. 'n Kliënt wel. Ek het maar net gewonder, want deesdae (onder lighuis-invloed) meet ek als aan die Woord.

  5. #5
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Mens hoef nie WEG te gaan vir wittebrood nie. Om die kinders uit die pad te kry voor Sondag se siesta: Gooi n lekker GROOT pak Smarties WYD oop op die gras en verdwyn.....

  6. #6
    Quote Originally Posted by protea View Post
    Gooi n lekker GROOT pak Smarties WYD oop op die gras en verdwyn.....
    SO ?





  7. #7
    Hallo Julle,

    So van beloftes gepraat, ek het nou die dag hierdie preek (The Word of a man) geluister en dit handel oor beloftes en is werklik puik.

    http://www.ligonier.org/media_player...abID=2&id=2328

    Dr. R.C. Sproul is een van my gunsteling sprekers. Die bostaande is die skakel na deel 1, en van daar kan mens deel 2 ook luister.

    ps. 'The trust of a man' en 'The price of a man' is die opvolg preke en is ook uitstekend.

    Groete

    V.

  8. #8
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Fila, die pak Smarties se groote is voldoende vir eers...

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •