cure-real
Results 1 to 6 of 6

Thread: Pangaea : 'n Genesis Superkontinent ?

  1. #1

    Pangaea : 'n Genesis Superkontinent ?

    Eerstens, vir die wat nie weet nie, Pangaea is die naam van ‘n “oer” superkontinent waruit die slim manne reken ons bestaande kontinente gevorm het. Die woord het ontstaan van die grieks : pan (hele) en gaea (aarde). Hier is ’n voorstelling van hoe hierdie kontinent moontlik kon gelyk het.

    Nou, kom ons gaan kyk weer na Genesis 1, en meer spesifiek die volgende gedeelte :

    En God het gesÍ: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droŽ grond sigbaar word. En dit was so.
    En God het die droŽ grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.
    Een plek ? Ek leer al hoe meer dat daar niks sonder rede in die Bybel staan nie. Alles is met ’n rede neergepen onder die leiding van die Heilige Gees, en het veral betrekking op die spesifieke woordkeuses in die boeke van Moses : Die Wet.

    My Strongs bevestig hierdie op die oog af vreemde woordkeuse :

    be gathered together <H6960> : qawah -- pronounced: kaw-wa : to bind together (perhaps by twisting), i.e. collect.

    Gebruik mens dus hierdie interpretasie was daar een see, op een plek vergader, en nie verskillende oseane nie.....maar waar kom ons verskillende kontinente vandaan ? Ek weet Hovind verskil van die idee dat daar ooit ’n superkontinent was, maar ek is oortuig daarvan dat hy verkeerd is. Opgrawings wys vir ons toenemend op een klimaat regdeur die hele aarde, met voorbeelde van gefosileerde varings op die pole en beduidende bewyse op tropiese toestande waar ons grootste woestyne vandag is. Groot was my verrasing toe ek op hierdie artikel afkom. Andrew Snelling (PhD) beskryf ’n Sondvloed wat baie meer verrig het as wat ons voorheen besef het. Die veld waarin hy spesialiseer, Katastrofiese plaat-tektonika ( Catastrophic plate techtonics) , poog om spesifieke modelle te ontwerp rondom ’n globale skielike vloed soos wat die Bybel dit beskryf, en die antwoorde wat hulle kry is verstommend.
    Dit blyk, ondere andere, dat dit heeltemal moontlik is vir die kontinente om binne ’n kort tyd radikaal te herkonfigureer as gevolg van die dinamiese aard van ons seebodem.

    Ek sal graag terugvoer wil hÍ van die belangstelendes : wat dink julle van hierdie interpretasie van Genesis ? Is daar iemand wat verskil van die idee van ’n superkontinent wat deur die Sondvloed opgebreek is ?



  2. #2
    Hovind reken dat die pangea sketse nie proporsioneel korrek is nie. Afrika, volgens hom is byvoorbeeld met 40% gekrimp, om die pangea sketse te laat pas. Ook sentraal Amerika moes verwyder word.

    As dit wel die geval is, dan sou ek reken dat dit die pangea toerie laat plat val. Mens moet dan ook die 'continental shelf' in ag neem. Dit wat bo die water is, is nie die hele kontinent nie.

    Ek dink nie mens sal ooit verseker kan weet nie, maar Hovind se argumente is goed mits sy feite korrek is.

  3. #3
    Al wat ek weet, is hoe meer ek oor hierdie onderwerp probeer uitvind wat julle nou bespreek, hoe minder daarvan verstaan ek.

    Hulle reken die kontinentale plate skuif tussen 3 tot 5 cm per jaar. As die wÍreld werklik so oud is, moet AustraliŽ nie dan al teen die tyd teen die noorpool vassit nie? Kontinente beweeg wel, so al wat ek kan reken is dat of die wÍreld is heelwat jonger(wat meer ooreenstem dan met Genesis), of die Bo genoemde teorie van die invloed van 'n vrats vloed kan dalk nie sover van die waarheid wees.
    Ek weet net ek vertrou lankal nie meer wetenslaplikes!!

  4. #4
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    Lees julle die geslagsregisters of skiep julle dit? Gen 10:25 in die KJV het dalk die sleutel. Die 1933 Afrikaanse vertaling is mi verkeerd. Die 1983 vertaling lees, die land is verdeel.

    En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan. (AOV)

    And unto Eber were born two sons: the name of one was Peleg; for in his days was the earth divided; and his brother's name was Joktan.(KJV)

    Die Hebreeuse woord wat gebruik word vir aardbewoners is erets en is dieselfde as wat in Gen 1:1 gebruik word. Dis nie die aardbewoners wat verdeeld geraak het nie, maar die aarde. As dit die bewoners was wat verdeel het sou die woord, parad gebruik word. Dit beteken dispersed of gescatter. Die woord wat egter vir verdeeld gebruik word is palag en dit beteken gesplit.

  5. #5
    Join Date
    Mar 2005
    Location
    Hartebeespoort
    Posts
    1,044
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Een plek ? Ek leer al hoe meer dat daar niks sonder rede in die Bybel staan nie.
    Noudat jy my verwelkom het, mag ek seker maar die vrymoedigheid neem om jou hierop te antwoord. As mens die geslagsregisters in die Bybel skiep, mis mens juweeltjies soos Gen 10:25. Die Afrikaanse vertaling (1953) van aardbewoners is verkeerd. Die KJV praat van earth en dit is dieselfde term wat in Gen 1:1 vir die aarde gebruik word. Peleg beteken volgens Strong's, earthquake. Dit (die opsplit) van die aarde het dan ook net na die sondvloed plaasgevind. Interessant dat die wetenskap die Bybelse weergawe bevestig.

    Nou wonder ek, het die sondeval meer veroorsaak as die dood van die mens? Ek dink so... maar hoe pas Rom 8:22 hierby in?

  6. #6
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Een plek ? Ek leer al hoe meer dat daar niks sonder rede in die Bybel staan nie.
    Ai Oom Fila, ons het al mos "mal-adjusted people" geword a.g.v Chuck Missler.

    Henry ,

    ek moet nog baaaaie lees en leer voor ek sulke goed kan weet. Maar daar is 'n ou, Chuck Missler, wat bybel in 24 uur oorsig ding gedoen het wat ek geluister het en regtig my "mind" nogal getoets het oor hoe ek Woord glo en wetenskap glo. Hy het ook juweel uitgelig in die "kamp regulasies " van die Isrealiete in woestyn .... as jy die sensus syfers ? dink ek vat en dan die klomp so op kaart uitsit en so bietjie in lug in opgaan ...dan kamp hulle met elke kamp in die vorm van kruis ! met ark en tempel in die middel ...

    Dan ook Jabes se gebed ( wil nou nie stir nie hoor ! )
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Genesis 19:1-8
    By The Hollow Man in forum Bible Chat
    Replies: 15
    Last Post: Jun 4th 2007, 11:06 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •