
Originally Posted by
Sonia Smit
Hoe herstel iemand van te veel seerkry?
Ek en my man was borrelend vir die Here. Ons het vir Hom gewerk, en mense het ons gebruik omdat hulle weet dat hulle ons kan vertrou, maar hoekom kry mens so baie seer, en hoekom laat ons dit elke keer toe dat ons moet seerkry?
Doen ons dit doelbewus? Raak mense geestelik jaloers? Hoe herstel 'n mens na die hoeveelste keer?
CFJ en Gene het so mooi geantwoord maar ek voel om ook 'n iets te sê.
Ek moes leer, ja mense raak geestelik jaloers ... dis 'n ding wat mens nie verwag onder Christene nie maar dit gebeur.
Hoe herstel mens na die hoeveelste keer?......soos die vorige kere....
hmm hoe werk dit nou weer ... vryspreek, vergewe, vergifnis vra omdat ons verkeerd was Sy wonderlike vergewing aanvaar? (nie altyd so maklik vir die vlees nie) en sommer alles wat oorgebly het vd vyand weg te jaag in Jesus se naam!!!
Maar opgee neeeee, dis gelukkig nie vir ons nie ons sal wel leer en leer en net meer en meer vir Hom beteken .... leer was nog nooit lekker nie!!
Sonia, wees verseker die seer wat jy ervaar is tydelik, as jy wil vat dit as opleiding vir wat jy nog sal moet doen om Sy naam uit te dra!!!!
Prys die Here vir alles: dit pas in die plan wat ons nog nie verstaan nie!!!
Joh 8:36 "Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees."
John 8:36 "So if the Son sets you free, you will be free indeed"
Bookmarks