Haai - hierdie is nou my eerste poging om 'n gedig in Afrikaans te skryf sedert Std. 1. Hier is nou nie 'n spesifieke plek vir Afrikaanse gedigte nie, so ek plaas dit maar hier. Ek hoop dit is reg so?
Welkom By God's Huis
deur Belinda van Rensburg
Welkom hier by God se Huis -
ons hoop jy voel sommer gou tuis;
jou broers en susters wag vir jou
om saam met hul God's Ryk te bou.
Bring iemand saam of kom alleen
kom in die hitte of die reën,
Hier is 'n plekkie net vir jou,
jou kinders en jou man of vrou.
Welkom, Welkom, kom tog in
sodat ons almal saam kan sing
tot God's verheerliking en eer,
en uit Sy Woord uit saam kan leer.
Kom drink met ons 'n koppie tee
en deel met ons jou vreug en seer;
kom kyk hoe ons ons tyd bestee
saam met mekaar en met ons Heer.




Reply With Quote





Bookmarks