Ja, rook is verkeerd.....
net soos enigiets anders wat jou liggaam benadeel :
oor-eet
oor-stres
oor-werk
junkfood
oor-gim
extremesport
boks / bakleisport
Moederlief het altyd gese : enigiets met "te" is sonde - behalwe te voet en te perd !
.... en, OK, nou gaan iemand my seker weer bykom
... maar ekke trek 'n skuifie..... so 5 per dag..... VIR GESONDHEIDREDES !!..... baie erg sensitiewe sinusse wat darem soortvan desensiteer met 'n goeie mentol brand........
.... begin toe ek verpleeg het ( pasiente kon toe nog in die bed rook en 'n suster se enigste raad vir my erge hoesbuie was - trek self ) jare opgehou, 3 jaar gelede weer begin toe die dokter weer wou sny om die sinusse onder beheer te kry...
....baie manklik om op te hou, maar sinusontsteking binne 2 dae.... raak nie vanniekopaf as die pakkie leeg en die winkel ver is nie.....
... doen dit net eenkant op my eige, nooit in geselskap en nooit in die huis nie.....
..... so... waar 'n rokie is, is soms 'n ander vuurtjie....
.... m
Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
Bookmarks