cure-real
Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 16 to 26 of 26

Thread: Vas/Fasting

  1. #16
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1
    Marline..

    het jy al gehoor van 'n "Daniel's fast".... dit is wanneer jy net groente, vrugte en water inneem vir 'n tydlank....... behalwe vir die gesondheidsvoordeel beteken dit ook dat jy die tyd wat dit neem om ander kosse voor te berei aan gebed en Bybelstudie kan spandeer.......

    ... ek stem heeltemal saam met Phil.... vas gaan oor eie fisiese behoeftes opsyskuif vir afsondering tot God en nie soseer oor die sonder kos bly nie....... daarom kan uitskakel van ander dinge ook 'n "vas" wees ..... dit gaan nie oor die "opoffering" as sulks nie, maar die tyd in afsondering om jou geestelewe en verhouding met jou Vader te verryk ....

    groete en geniet jou studie...

    m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  2. #17
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,994
    Blog Entries
    6
    Quote Originally Posted by marline View Post
    Baie dankie julle, Ek kom nou net van ons YESHIVA B'rit Hadassah klas af. Om van voedsel te vas beteken nie dat jy geheel en al van eet af hoef te gaan nie, alhoewel jy kan dit ook doen. Vloeistof mag wel geneem word.

    Ek kan bv, nie heeltemal niks eet nie omdat ek bloedsuiker probleme het, maar jy onttrek jou bv van soetgoed of so iets. Dit is dan gedeeltelike vas, maar soos Phil sÍ, die belangrike ding hier is om dit in ootmoediging te doen, en meer tyd saam met jou Skepper deur te bring.

    Ons is besig met die Feeste van Israel, en dit is daarom dat ons vas o.a. behandel het.
    marline

    Hoe vind jy die studie oor die feeste, dit is nogals baie insiggewend ne ?

  3. #18
    Join Date
    Aug 2008
    Location
    Witbank South Africa
    Posts
    369
    Hi Phil,
    Hierdie feeste is iets wat mens mos sommer net verby lees en dan van vergeet want dit het mos niks met ons te doen nie!!! Maar, ek moet sÍ, vandat ons dit bestudeer kom ek agter wat dit als behels, en het ek tot ander insigte gekom.
    Ons het Michael van Jews for Jesus by ons gehad, en by hom 'n boekie gekoop "The Fall Feasts of Israel" Wat 'n wonderlike boek. Dit vul Prof. Wimpie se leerlinge wonderlik aan. Ek het studies nog nooit so geniet soos hierdie nie!!
    Daar is net een ding wat ek bitterlik oor spyt is, en dit is dat ek hierdie so laat in my lewe ontdek het.

  4. #19
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,994
    Blog Entries
    6
    Ja, dit is waarlik wonderlik wanneer mens hierdie dinge begin raaksien in die OT, die hele OT wys heen op Jesus

  5. #20
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    1,016
    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
    Ja, dit is waarlik wonderlik wanneer mens hierdie dinge begin raaksien in die OT, die hele OT wys heen op Jesus
    Iemand het op 'n keer vir my gesÍ dit help nie om korter as drie dae te vas nie. Daar is nie noodwendig 'n vreeslike diep geestelike rede voor nie; dit is bloot prakties. Die eerste twee dae is jou liggaam net besig om te de-tox en hoofpyne en asem wat sleg ruik is algemeen. (Ek verwys nou eintlik spesifiek na die vas van voedsel waar mens net water inneem.)

    Om te vas was ook altyd vir my groot ding waarteen ek vreeslik opgesien het. Ek lyk so lekker, want ek eet so lekker! Dit is nogal so dat wanneer mens werklik besig raak met God, jou menslike behoeftes vanself op die agtergrond skuif. Selfs na die derde dag, dan voel dit vir my asof mens maar net kan aanhou vas. Eet is lekker as jy die vas breek, maar dit is nie soos wanneer jy op dieet is en crook nie. Ek meen, jy is lus om te eet, maar of jy nou eet of later maak amper nie saak nie.

  6. #21
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Om sonder kos te bly en net water te drink is nie vir my n ontbering nie. Daarom vas ek deur dinge wat ek regtig ontbeer . Bv as ek die dag vas, dan skakel ek die dag glad nie my rekenaar aan nie. Dis vir my n erg ontbering! Om nie televisie te kyk nie , is ook nie vir my n ontbering nie want ek kyk nooit TV nie. Ek dink dis elke ou se eie keuse hoe hy gaan vas en watter dinge vir elke individu belangrik is of nie.

  7. #22
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,965
    Quote Originally Posted by protea View Post
    Om sonder kos te bly en net water te drink is nie vir my n ontbering nie. Daarom vas ek deur dinge wat ek regtig ontbeer . Bv as ek die dag vas, dan skakel ek die dag glad nie my rekenaar aan nie. Dis vir my n erg ontbering! Om nie televisie te kyk nie , is ook nie vir my n ontbering nie want ek kyk nooit TV nie. Ek dink dis elke ou se eie keuse hoe hy gaan vas en watter dinge vir elke individu belangrik is of nie.
    Dis nogal 'n mooi manier om dit te stel protea. Om te vas is onthouding van wÍreldse dinge en sluit meer in as voedsel.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    itís the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  8. #23
    HI JULLE

    JONG EK HET OOK NOG NOOIT GEVAS NIE, SO SONIA HOEF NIE ALLEEN TE VOEL NIE, EK LEER SO BAIE VANDAT EK GISTER GEREGISTREER HET OP HIERDIE FORUM, MAAR JA EK HET OOK BAIE ISSUES.... VIR EEN:EK IS 'N ROKER EN VOEL DAT DIT MY BIND, MY NUWEJAARS VOORNEME IS WEL OM OP TE HOU ROOK, EK HET AL BAIE GEDINK DAT EK MOET VAS DAN SAL DIE HERE MY VERSEKER DAARDEUR DRA EN EK SAL NIE SO SUKKEL OM DIE ROKERY TE LOS NI (soos bv. die ontrekkingssimptome ens)

  9. #24
    Jong ek het nou kommentaar gepos oor vasting, maar weet nie dit lyk nie of dit wys nie?

  10. #25
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,867
    Skies, ek sien nou eers hier is 'n aparte draad oor vas. Ek gaan herhaal hier wat ek op die rook-draad ook gepos het:

    Mens kan nie sommar net in 'n vas inspring nie. Want jou liggaam stel al die opgehoopte gifstowwe dan vry. Mens kan baie erge hoofpyne kry of baie siek raak as jy dit nie reg doen nie.

    Jy moet:

    1) fisies gesond wees
    2) jy moet af van kaffiŽne wees vir ten minste 2-3 dae voor jy begin vas. Nog beter as jy heeltemal af van kaffiŽne is 'n week voor jy begin vas.
    3) jy moet van enige verslawende middel af wees voordat jy begin vas - 'n week of wat voor dit. Om te rook tydens vas is nie 'n goeie idee nie. Hou betyds op rook voordat jy begin vas (verkieslik 'n week).
    4) jy moet verkieslik ook jou etes afskaal en probeer om baie gesond te eet voordat jy begin vas: 5 klein porsies op 'n dag. Moet ook nie te veel vleis eet voordat jy begin vas nie. Sny vleis verkieslik uit twee dae voordat jy begin vas. Konsentreer op veselryke kos (vrugte en groente). Dinge soos pasta is goed om bietjie stamina te gee voordat jy begin vas.
    5) Die oomblik as jy begin vas moet jy nie werk doen nie. Oor 'n naweek of vakansie is die beste. Jou liggaam moet dan rus, want hy het al sy reserwe energie dan nodig. Jy moet spaarsamig wees met jou eie energie en ook genoeg slaap.
    6) Volgens die Bybel gaan vas altyd saam met gebed. Die doel van vas is om by die Here uit te kom en sy stem te hoor. Dit is nie 'n "hunger strike" nie.
    7) Neem genoeg vloeistof in as jy vas. Jy kan 'n suiwer water-vas doen. Hoe skoner die water, hoe beter. Kraanwater is nie altyd ideaal nie. Sommige mense drink onversoete, natuurlike sap ook tydens vas, of rooibostee. Beslis net nie koffie of drankies met kaffiŽne in nie.
    8) As jy jou vas breek moet jy dit geleidelik doen. Moenie te veel eet as jy jou vas breek nie. Vermy vleis aan die begin. Begin met groente en vrugte. Vrugte smaak op hulle lekkerste as jy 'n vas breek.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  11. #26
    Dankie Philip, ek sal dit inelkgeval ook ingedagte hou.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. fasting
    By LoveSave in forum Bible Chat
    Replies: 27
    Last Post: Feb 10th 2009, 06:23 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •