Hi Marline,
Mens kan vas oor iemand of vir iemand of met iemand (soos jy ook genoem het), maar om namens iemand te vas blyk onmoontlik te wees. AS ek nou sommer 'n afleiding mag maak, dan is dit miskien wat bedoel word, om terwyl julle vas iemand op die hart te dra in daardie tyd. Die rede hoekom mens nie namens iemand kan vas nie, sal dieselfde rede wees hoekom mens nie namens iemand voor die regterstoel van God sal kan staan nie...
Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterwe.
(2Kon 14:6 AOV)
So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
(Rom 14:12 AOV)
Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
(2Kor 5:10 AOV)
Bookmarks