Ons bikeshop is in dieselfde blok as ons plaaslike "night shelter", sowel as 'n groot drankwinkel.... dit gebeur gereeld dat die straatmensies wat saans in die shelter oorly met allerande stories by ons aankom vir hulle R15 wat nodig is vir 'n bed en bord kos ....... die besigheidsmense in die omgewing ondersteun nou die shelter self ( want die geldjies beland gans te maklik by die "Ultra" as die shelter ) ...... en ons het 'n stelsel dat as ons wel iemand wil help met shelter geld, gee ons 'n kaartjie met die datum en die shelter omie kom haal dit later self by ons........ hy het ook baie streng reels met drankasems saans as die hekke oopgaan......
die motorhandelaars om ons het ook 'n karwas langs die shelter gebou begin wat deur die gewilliges wat daar oorslaap, beman word .... sodat die wat regtig desperaat is en daar land, en wie wil werk, wel iets kan verdien en soms daarvandaan ander werk kan bekom......
mens kan nie almal help nie, maar planne kan gemaak word ........
m
Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.
Bookmarks