cure-real
Results 1 to 3 of 3

Thread: Die hoogste brug in die wreld

  1. #1
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,694

    Die hoogste brug in die wreld



    Die wreld se hoogste brug is die Millau in Frankryk. Die hoogste toring is 343m en dus hor as die Eiffel toring wat saam met sy mas net 325 m is. Van die padoppervlakte tot by die rivier is dit 270 m. Die Hillbrow toring in Johannesburg is net 269 m en sal dus onder die padoppervlakte van die Millau kan inpas. Die Bloukrans brug wat die hoogste in Suid-Afrika is, is net 216 m. Net soos die Concorde en die tonnel na Engeland, was die Millau 'n gesamentlike projek tussen Engeland en Frankryk. Op die foto bo was die brug nog nie voltooi nie en die rooi steunpilare moes nog verwyder word. Nee, die pad loop reguit, dit is die wyehoeklens van die kamera wat die pad gebo laat voorkom. Onder is die voltooide brug. Dit kos net 4.6 Euro om oor die brug te ry.

    Soos hierdie een van die mees indrukwekkende bre in die wreld is, is Kol. 3:1-4 een van die belangrikste geestelike bre in die Bybel. Hoofstuk 1 gee vir ons die verklaring van ons geloof, hoofstuk 2 verdedig dit teen valse leringe wat Christus minag of verskraal en leringe wat die vlees voorop stel en die Gees verwaarloos. Maar dan moet hierdie groot geestelike waarheidskennis oor die brug gedra word om by die praktyk uit te kom. Ons kan s dat die kennis van Kol. 1 en 2 deur die dinamika van Kol. 3:1-4 van die kop af na die hart toe gedra moet word. Na hierdie vier verse sien ons in die res van die boek wat die praktiese veranderinge is wat in ons lewe moet plaasvind. Is jou geloof net in jou kop of is jy waarlik in hart siel en ledemate genspireer om God in alles welbehaaglik te wees en die evangelie en jou medemens met oorgawe te dien? As daar nog op die gebied iets skort, dan het ek en jy dalk ook nodig om die brug oor te steek, maar in ons geval gaan dit dalk meer as 4.6 Euro kos.

    Last edited by David2; Oct 12th 2008 at 07:00 AM.

  2. #2
    Join Date
    May 2009
    Location
    Boksburg
    Posts
    105

    Re: Die hoogste brug in die wreld

    Ek het oor die brug gery in 2007, ongelukkig was dit in die aand so ek kon nie die uitsig waardeer nie!

  3. #3

    Re: Die hoogste brug in die wreld

    Die struktuur is so ongelooflik dat dit amper soos gedokterde fotos daardie lyk !

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •