SP
Nie naby Klein Kariba nie nee, maar wat jy wel kan doen is dalk die oord kontak en by hulle hoor of hulle sal omgee as ons dit die Saterdag doen so om die swembad en daar op die oord rond, ek is nie skaam nie, ek sal dit by Klein Kariba self ook sommer doen, dit kan dalk goed uitwerk.
Ok, ek gaan altyd met gerustheid die Evangelies Gereformeerde Kerk voorstel, want ek weet die sinode is baie streng oor die gemeentes se leer en hou goeie toesig, so dit verminder kanse vir dwaaleer in gemeentes. Dan sal ek bietjie uit moet vind van ander kerke in die omgewing, ding is net waaraan ek nou dink, meeste mense by Klein Kariba gaan nie van die omgewing wees nie, so ek weet nie of dit gaan help om hulle na die lokale gemeentes te verwys nie
Wat dink jy?





Reply With Quote

Bookmarks