cure-real
Results 1 to 11 of 11

Thread: Jacob Lorber

  1. #1

    Jacob Lorber

    Hi, kan iemand my inlig wat verkeerd gegaan het met die "nuwe openbaring" boeke asb

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,892
    Hallo Roos en welkom by ons. As ek 'n mening mag waag, sou ek bloot s dat hierdie sogenaamde nuwe openbaringe se einde reeds lankal in sig was. God laat Hom nie bespot nie en Hy deel Sy eer ook met geen ander nie.

    Onderwerpe soos hierdie bespreek ons gewoonlik in die kontroverse forum, maar omdat jy nog nie daar kan deelneem nie, sal ons hierdie tydelik oophou, gegewe dat ons nie in te veel detail oor hierdie beweging ingaan nie. In die ander draad waar jy ook gereageer het, kan jy bietjie gaan lees rakende die oorsprong van Jacob Lorber.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    its the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #3
    Hierdie is wat iemand vandag op 'n ander geselsforum geplaas het t.o.v. die Lorber groepering genaamd Dogter van Sion.

    Ek weet nie of almal bewus is dat Louise en Hein('n vriend wat ook soontoe is terug gekom het en weer terug is nadat sy vrou hom gelos het) getroud is deur die "VADER" en hulle nou saam op die Herberg bly. Maar dit is nie al nie, haar man bly ook daar. Nou waar lees ons van so iets in die skrif?
    Ons het ook bevestiging gekry van ander "huwelike" en dat Franshua nou direkte boodskape van "Uriel" kry.
    Hierdie nuwe paartjie was vandag in Pretoria hand aan hand. Ek wonder wat haar eerste man(ELIA) daarvan dink. O ja Hein is Danil volgens homself en die profete daar. Hy stel ook nou die messias voor wat met haar getroud is wat Maria Magdalene en nog vele ander in haar verlede was.

    ...

    Ook het Erna van Vuuren vandag verneem dat alle huwelike en kinder verbande met ouers opgehef by die Herberg en dit nou "free range" is.
    Hierdie ad hoc troues kom direk uit die Lorber geskrifte uit, maar nou kan mens sien wat die logiese gevolg hiervan is. As mens Jesus se toets moet toepas dat mens valse profete aan hul vrugte sal uitken, dan is hierdie gedrag besonders moeilik om enigsens anders as boos, te interpreteer.

    Ek dink die bostaande getuienis spreek boekdele.

  4. #4
    Hi, dankie vir die inligting, ek het gou biekie vlugtig gaan kyk daarna.. Die groot ding wat vir my opvallend is is dat ek nie `n verhouding kan kry tussen " Dogter van Sion" en Jacob Lorber se boeke nie. Ek lees self Jacob se boeke, alhoewel nog nie klaar nie, en sal graag met iemand wil praat wat sy boeke gelees het en wat vir my die ooreenkoms tussen die twee vir my kan verklaer.

    As ek reg verstaan het die webwerf "Die Nuwe Openbaring" juis ontstaan om weg te breek van Siener se webwef.

    My siening is net dat mens nie kan oordeel waarvan mens nie weet nie

    Ek waardeur enige inligting hieromtrent.

    Byvoorbaat dankie

    -Ek verstaan dat jul hierdie gespreke erens anders hou en vra dat jul my hier sal oorsien asb.-

  5. #5
    Quote Originally Posted by Roos View Post
    Hi, dankie vir die inligting, ek het gou biekie vlugtig gaan kyk daarna.. Die groot ding wat vir my opvallend is is dat ek nie `n verhouding kan kry tussen " Dogter van Sion" en Jacob Lorber se boeke nie. Ek lees self Jacob se boeke, alhoewel nog nie klaar nie, en sal graag met iemand wil praat wat sy boeke gelees het en wat vir my die ooreenkoms tussen die twee vir my kan verklaer.

    As ek reg verstaan het die webwerf "Die Nuwe Openbaring" juis ontstaan om weg te breek van Siener se webwef.

    My siening is net dat mens nie kan oordeel waarvan mens nie weet nie

    Ek waardeur enige inligting hieromtrent.

    Byvoorbaat dankie

    -Ek verstaan dat jul hierdie gespreke erens anders hou en vra dat jul my hier sal oorsien asb.-
    Hallo Roos,

    As jy Lorber se boeke in Afrikaans lees, dan lees jy die boeke wat deur Dogter van Sion versprei is. Die Nuwe Openbaring webwerf is aanvanklik gestig om die Openbaringe van Lorber en Dudde apart van die Siener webwerf te h, dit is waar, maar dit is juis deur die Lorber en Dudde profesiee dat mense geinspireer is om ook 'gesigte' te wil sien, en dit logiese gevolg is dat soveel mense nou as profete optree, maar hierdie profesie nie uit God afkomstig is nie. Die meeste mense wat as profete in dogter van Sion optree se sterkste invloed op hul lewens is Lorber en Dudde.

    My siening is net dat mens nie kan oordeel waarvan mens nie weet nie
    Vriend, ek pleit by jou en s vir jou in alle liefde, moet jouself nie bedrieg met sulke stellings nie, want alhoewel jy dit nog nooit probeer het nie, sal jy nie sommer tussen leeus rondloop nie, want jou verstand s vir jou dat dit gevaarlik is, nie waar nie? En as jy 'n slang sien is jy onmiddelik op jou hoede, alhoewel jy nog nie deur 'n slang gepik is nie en nie weet of die slang giftig is nie.

    God het elkeen 'n gesonde verstand gegee, juis sodat mens nie heen en weer gewaai moet word deur elke wind nie, en verstandig kan wees. Maar jy sal vind dat Lorber in sy geskrifte eerste die gesonde verstand teiken en probeer aftakel sodat iemand wat logies na die geskrifte kyk die slegte naam van 'verstandsmens' moet dra.

    ...en nadat die Lorber geskrifte jou oortuig het dat jou verstand jou vyand is, dan kom die stories van reuse wesens wat op die son woon, Nubiers wat op die water rond rol en met diere praat, natuurgeeste in en dwerg-mensies wat nog nie liggame het nie en die Egiptiese Zodiac. En alhoewel jou verstand jou probeer waarsku, is jy gekondisioneer om skuldig te voel dat jy nog so in die 'vlees' is.

    Ai, liewe mens, God verwag van geen mens om onverstandig te wees om Hom te ken nie. Dink mooi hieroor, gestel ek doen met jou besigheid, maar ek verwag van jou om met jou hart besigheid te doen, en as ek dinge offer wat totaal onlogies en sinneloos is, vir jou s, "Jy is nog vasgevang in die materie, en verstaan nog nie hoe om met die hart besigheid te doen nie", dan sal jy sekerlik nie vir my vertrou nie. Nou as jy jou besittings of jou geld belangrik genoeg ag om verstandig daarmee te werk te gaan, hoe kan jy jou ewige siel oorlaat aan onverstandige dinge wat jou skuldig laar voel as jy rationeel oor dit dink?

    Dit wat ek nou geskryf het, is sekerlik vir jou ontstellend en in jou hart is jy dalk nou nie juis besonders beindruk met wat ek geskryf het nie, maar as jy net op daardie enkele punt stilstaan en daaroor dink, behoort dit jou al klaar te laat wonder.

    Kom ek vra jou 'n vraag, wat selfs Swedenborg homself gevra het, "Hoe weet mens dat dit Jesus is en nie 'n demoon wat die dikteerwerk doen nie?"

    Mooi bly

    Vim.

  6. #6
    Hi Vim

    Die feit dat Jacob Lorber se boeke wel deur die Dogter van Sion versprei word en selfs verdraai word om by hul "geloof" te pas is waar en ongelukkig om dat dit dan daarmee verbind word.

    Soos gese, is daar baie wat in `n blinde rigting kon gedwaal het met die boeke maar dit het ook al jare net so met die Bybel gebeur.

    Vir `n mens om tussen slange rond te loop wat nie kennis het omtrent slange nie is gevaarlik en maak hom bang, maar nou weer, as dit `n slang vanger is met kennis van slange is dit `n ander storie.

    Die ding wat nog steeds my pla is dat die boeke van Jacob Lorber nie teen die Bybel is nie maar juis vir die Bybel om alles in die regte geestelike wyse te kan verstaan soos byvoorbeeld die skepping wat nog altyd vir mense onduidelik was, ook is daar baie dinge in wat geen mens in sy beste verbeelding kan kwytraak nie. Dat dit demoniese diktasie kan wees is altyd van sprake, maar wat kan hy bereik deur God se woord net meer te bekragtig.

    Ek het toevallig op die volgende afgekom op die web

    Bertha Dudde en Jacok Lorber - Ware profete
    Written by Pieter L White
    Saturday, 26 May 2007
    Op n vraag aan my en versoek
    Die vraag was Is Bertha Dudde en Jacob Lorber ware diensknegte m.a.w. profete van die Almagtige Majesteit?. Versoek: Is daar n manier om by die Almagtige dit in n gesig uit te vind?
    Ek het toe op die aand van 9 Oktober 2006 vir die Almagtige gevra, in SY Naam Jesus Christus Immanuel, om my te antwoord in n gesig, of Hy waarlik deur hulle gespreek het!
    Hierdie gesig het ek toe net na middernag gesien.
    Ek het gesien ek is n jong vleeslike kind van omtrent 5 jaar oud en staan op n paradegrond terwyl daar baie onderrigting kom! Van die te lank staan en omdat ek niks wou mis nie het ek my broek bevuil. Dit was n ou vrou wat daar voor gepraat het en langs my was n baie ou man. Ek was baie verle oor die aangeleentheid wat dit was n groot gemors. Die ou man kyk my toe met liefde aan en s dat hy my sal help! Daardie ou man stop toe die verrigtinge op die parade en vat my aan die hand na die toilet. Ek sien die ou vrou kom toe ook saam. Die ou man help my toe skoonmaak, met sy eie lap, terwyl ek baie verle is! Die deur kon nie sluit nie en die ou vrou het by die deur gestaan en wag hou. Sy het met liefde toegekyk hoe ek skoongemaak word. Toe s n stem vir my: Die ou man is Jakob Lorber en die ou vrou is Bertha Dudde. Nadat hulle beide seker was ek sal kan skoon word het hulle my verlaat. Ek kon myself mooi skoonmaak met die lap, seep en water. Die lap is daarna skoongewas en dit was toe gebruik altyd om die vloer van die hele gebou skoon te maak. Die vloer was daarna altyd skoon en blink. Ek het toe voortgegaan daar met die parade en voorgestaan en geleer. Nadat die gesig opgehou het was dit 00H55 op 10 Oktober 2006 en ek het die gesig net so neergeskryf.
    My kommentaar: Ek het verstaan dat die seuntjie die vleeslike geloof is wat baie keer wankel en vaal by elke mens. Die Almagtige het die twee profete gestuur om baie dinge te verklaar en hulle twee se skoonmaak werk is saam. Bertha Dudde was gekies na Jakob Lorber se afsterwe en sy het gelewe tot by haar afsterwe in 18 September 1965. Ek was gebore op 12 Februarie 1964. Ek moes hierdie stukke van Bertha Dudde en Jakob Lorber in die hande kry om my te help met inligting sodat die vlees gebruik kan word vir die Geestesgroei en sodat die fondasie (vloer) van die gelowige gemeente (Sefanja 3:10) skoongemaak kan word. Ons almal het met menslike drek, besoedeld geraak omdat ons deur geboorte, onself onder die kerke bevind het. Bertha Dudde en Jacob Lorber was ook so besoedeld maar het die weg gevind om die mensdom skoon te maak.
    Die Almagtige Majesteit het my gedoop met Vuur en heeltemal gereinig n jaar nadat ek geglo en gedoop was volgens Handelinge 2:36-38! Hy was dus dieselfde Een Heilige Vuurvlam wat deur Bertha Dudde en Jacob Lorber gespreek het!

    Ek vestaan jou raad baie goed en vat dit eg op en weet dat jy dit goed bedoel, daarvoor dank ek jou ook baie.

    Ek sou net nog meer lig op die onderwerp wil he, veral ook van iemand wat dit al wel gelees het en dan nogsteeds teen dit dit is.

    My mening is net, dat dit vir eers nie onder dieselfde kam geskeer moet word as die dogter van sion nie.

    Groete Roos

  7. #7
    Quote Originally Posted by Roos View Post
    Ek het toevallig op die volgende afgekom op die web.........

    Roos,
    Die Woord s ons moet versigtig wees soos slange en opreg soos duiwe.
    Dit is dan ook my raad aan jou.
    Let baie mooi na Vim se skrywes, hy weet waarvan hy praat en word as die kenner op hierdie gebied geag hier op Lighuis.

    "Die gebied" waarvan ek hier praat sluit ondere andere die ultra regses in, en veral groepe soos Israel Visie/Waarheid ensovoorts. Die persoon wat jy aanhaal in jou skrywe, Pieter L White, is 'n welbekende leier van hierdie groepe, wie se sieninge totaal en al verwerp word op hierdie forum. Die feit dat Dudde en Lorber se dwalings pens en pooitjies deur hierdie man aanvaar word moet reeds rooi ligte vir jou laat aangaan....indien nie, moet ons ernstig gesels daaroor.

  8. #8
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,892
    Hi Roos,

    Miskien sal dit goed wees om bietjie agtergrond te verskaf, want dit kan gesag aan iemand se woorde gee, wat andersins nie noodwendig die geval sou wees nie. Die Here bestem met tye dat iemand wat aan dwelms verslaaf was, tot wedergeboorte kom en dan gebruik Hy daardie persoon om onder ander dwelm verslaafdes te werk. Sulkes luister ook makliker na iemand wat self daar was, waar hulle nou is.

    Net soos Die Filadelfieer hierbo, kan ekself ook aanbeveel dat jy na Vim se mening luister. Hy was diep betrokke by hierdie bewegings van Pieter L White, Dogter van Sion en andere. Hyself was 'n groot voorstaander van Lorber en het eerstehandse ondervinding wat hierdie onderwerp betref. Sy hart is reg en mens wil nie iemand ophemel nie, want elkeen van ons kan net gemeet word aan die Woord, nie aan onsself nie. Meet Vim ook aan die Woord, maar weet dat hyself betrokke was hierin en dat sy mening nie duimsuig opinies is nie. Mens hoop werklik dat jy insig sal ontvang op welke wyse God dit vir jou bestem het.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    its the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  9. #9
    Hallo Roos,

    'n Ondervinding wat ek van Pieter White onthou is dat toe ek aan Jesurun(Pieter White se sekte) verbonde was, het hy die pragtigste gesigte gesien oor hoe God my gaan gebruik, maar toe my oe genadiglik oopgaan en ek foute in hul interpretasie van Bybel begin uitwys, toe word daar dadelik aan mense vertel dat ek 'n insypelaar is.
    Nou kan mens die saak oorweeg en vra: Die feit dat Pieter White my 'n insyperlaar genoem het, terwyl ek dit nie is nie, demonstreer dat hy bereid is om te lieg ter wille van die ideologie wat hy verkondig, iets wat nie by 'n profeet van God pas nie....en selfs al was ek wel 'n insypelaar, waarom het God nie aan hom gewys dat daar 'n 'insypelaar' in Jesurun se midde is nie?

    Die ding wat nog steeds my pla is dat die boeke van Jacob Lorber nie teen die Bybel is nie maar juis vir die Bybel om alles in die regte geestelike wyse te kan verstaan soos byvoorbeeld die skepping wat nog altyd vir mense onduidelik was, ook is daar baie dinge in wat geen mens in sy beste verbeelding kan kwytraak nie. Dat dit demoniese diktasie kan wees is altyd van sprake, maar wat kan hy bereik deur God se woord net meer te bekragtig.
    Die vraag wat mens jouself moet vra is hoe vr moet iets van die Bybel afwyk voordat alarm ligte begin flikker. Wat is die maatstaf wat jy stel, en hoe seker is jy dat die maatstaf nie dalk sistematies langer en langer rek om al hoe meer en meer te akkomodeer nie?

    Wat ek daarby bedoel is: gestel voordat jy Lorber begin lees het of enige iets daarvan gehoor het, kom ek en ek gee vir jou 'n hele stapel Lorber boeke en s, "Roos, ek het hierdie boeke ontdek en dit is regtig wonderlik, dit verduidelik hoe ons voorheen minerale was, en toe plante geword het en toe deur die diereryk geinkarneer het en op die ou end as mense geinkarneer is. Dit bevat meditasies waar mens jou gedagtes heeltemal leeg maak, en dan praat God deur mens se eie hart met jou. Dit verduidelik dat die brein eintlik die strukture van Egiptiese piramides bevat en die klein Obelisks grafeer die gedagtes daarop. Dit verduidelik dat Jesus nie vir ons sondes kom sterwe het nie, maar vir 'n oersonde wat ons nie kan onthou nie, maar waarvan ons skuldig is. Dit verduidelik dat God nie uit Vader, Seun en Gees bestaan nie, maar 'n enkele entiteit, en dat Jesus se gebede na Sy Vader eintlik meerendeels demonstrasies was. En goeie nuus, alhoewel die Bybel van 'n Ewige Hel praat, is dit nie so nie. Dit is net 'n tydellike skool en op die ou end sal selfs Lucifer weer met God herenig word."

    Gestel ek het dit vir jou genoem sonder dat jy dit gelees het, wat sou jou reaksie wees? Sou jy steeds reken dat dit die Bybel ondersteun?
    Sien die gevaarlike ding is die progressie, mens word stadig maar seker gelei. Amper soos die padda in die pot storie. Ek verstaan dat as mens 'n padda in 'n pot gooi en die hitte stadig aandraai, en padda naderhand sal kook maar omdat dit stadig gebeur, word die padda raak die padda stadig daaraan gewoond en besef nie die gevaar nie. Maar as mens 'n padda direk in redellike warm gooi, sal dit skrik en uitspring.
    Hoekom iemand 'n padda sal kook weet nugter alleen

    Dink bietjie mooi oor die doktrine van Lorber en vra jouself of dit werklik so naby aan die Bybel is as wat mens geleer word om te glo.

    Nou kan mens ook 'n ander manier daarna kyk. Bertha Dudde en Lorber ag maar laag diegene wat die Bybel lees en dit letterlik glo. Beide Lorber en Dudde spandeer etlike bladsye om te verduidelik hoedat die Bybel verdraai en verkeerd vertaal is. As hierdie geskrifte dan wel bybels is, waarom moet daar twyfel in die Bybel bewerkstellig word. Kan dit wees dat Lorber en Dudde bybelse temas bevat maar eintlik glad nie bybels is nie.
    Amper soos Satan se dialoog met Jesus toe hy Jesus versoek het. Hy het die Bybel aangehaal, en sy poging het 'n bybelse tema gehad, maar sy bedoeling was teen die wil van God.

    Dan kan mens ook sien hoedat die Bybel op 'n meer subtiele wyse ondermyn word.
    In die Bybel lees ons dat daar geen wyser mens, voor of na Salomo was of sal wees nie, maar in Lorber lees ons dat Matael se wysheid die van Salomo oortref.
    Ons lees in die Bybel dat die dissipel Johannes die sterkste verhouding met Jesus gehad het, maar in Lorber is dit die meisie Jarah. Hiervan is geen sprake in die Bybel nie.
    Ons lees in die Bybel dat Jesus baie wonderwerke gedoen het, maar in Lorber is dit die engel Raphael wat meeste wonderwerke uitvoer, en van hom lees mens glad nie in die evangelies nie.

    Nou kan mens reken dat hierdie dinge geen doktrinre belang het nie, maar die subtiele boodskap wat dit uitstuur is dat die Bybel eintlik gebrekkig is en dat Lorber se geskrifte 'beter weet'

    Groete

    Vim

  10. #10
    Fila

    Jy is reg en ek sal dit wat die Bybel ons leer so na as moontlik in my hart behou. Om versigtig te wees soos slange en sag soos duiwe en ook dat ons moet beproef en die beste te behou spreek al klaar ook dat ek opreg en versigtig moet wees, wat ek ook na sal strewe.

    Dankie

    CFG

    Dit wat Vim se vat ek, en sal ook nie lig opneem nie. Deur direkte verbinding daarmee sal hy die beste raad kan gee.

    Vim

    My quote van Peter L White was onwys aangesien ek glad niks van hom, of hul leering, af weet nie en vra daardeur om verskoning. By dit wat jy gese het het sal ek ook gou twyfel gekry het by hulle.

    Die feite wat jy gee oor Jacob se boeke is almal verkeerd

    - Vader , Seun en Heilige Gees - Boek 6 Hoofstuk 229
    - Bewering oor die Hel - Boek 1 Hoofstuk 24
    - Salomo se wysheid -Boek 3 Hoofstuk 44 Word vergelyk deur Suetal en nie deur Jesus nie. Jesus was gebore na Salomo met meer wysheid. Rafael - Dat dit nie genoem is nie beteken nie dit was nie. Rafael was die engel wat Tobias gesond gemaak het.
    Johannes 21:25
    "Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wreld nie genoeg plek vir die boeke h nie."

    Vim ek hou glad nie daarvan om stukkies uit die Bybel of selfs uit Jacob Lorber se boeke te haal om punte te versterk nie want dit het al baie mense laat dwaal in `n binde leer en daarom glo ek dat mens die Bybel in geheel moet verstraan en nie net stukkies nie. Ook kan ons dit aanhou doen tot ons moeg is en dit gaan niks verbeter nie.

    Al wat ek net kan aflei, deur van die stellings wat jy gese het, van Lorber, is dat jy dit nie self dit gelees het nie of jy het dit verkeerd verstaan, want dit wat daar staan en wat jy bedoel verskil.

    Ten spyte van dit verstaan ek tog dat ek versigtig moet wees en dat jul my goeie raad gee sonder dat dit jul eningsins kan baat en daarvoor weet ek dat jul net opreg bekommerd is oor jul naaste.

    Ek wil ook vra of ons eers maar die gesprek kan stop, want ek weet van wat vroeer, gebeur het en dis nie wat ek wil veroorsaak nie. Ook glo ek dat daar nie verskille is tussen wat die Bybel se en Jacob se boeke nie, daarom wil ek ook nie verskille veroorsaak nie.

    Daar is wel mense wat dit kon verdraai het volgens iemand anders se siening en ook daar op `n dwael spoor was.

    Baie dankie vir jul tyd, soos gese ,ek wardeur dit baie en sal nog in kontak bly.

  11. #11
    Quote Originally Posted by Roos View Post
    dankie vir jul tyd, soos gese ,ek wardeur dit baie en sal nog in kontak bly.
    Reg so, en ek hoop om gou weer van jou te hoor.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Swedenborgism : Oorsprong van Jakob Lorber en ander mistiese skrywers
    By Yolande~ in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 17
    Last Post: Jun 17th 2009, 07:36 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •